Skimmelperdpan

Skimmelperdpan Stories oor die donker en alles wat ons bangmaak.

Hallo almal! Ek het 'n klomp van die spookstories wat ek oor die jare geskryf het op Amazon gaan laai as 'n e-boek. As j...
27/09/2018

Hallo almal! Ek het 'n klomp van die spookstories wat ek oor die jare geskryf het op Amazon gaan laai as 'n e-boek. As jy 'n Kindle het, gaan soek gerus vir "Albert Short". As jy nie een het nie, kan jy die "Amazon Kindle" app aflaai en dit op jou foon lees. Die eerste deel van die boek is 'n gratis 'sample'. Ek hoop julle geniet dit!

10/03/2017
Buiten my liefde vir spookstories, skryf ek ook graag lirieke. Die pragtige Steffie le Roux het drie van my lirieke geto...
20/05/2016

Buiten my liefde vir spookstories, skryf ek ook graag lirieke. Die pragtige Steffie le Roux het drie van my lirieke getoonset en dit gaan op haar debuut CD wees wat 1 Junie uitgereik word. Volg gerus hierdie link om te gaan luister na Marmer Oë. "Somtyds moet ek wonder, en wens dat ek kon glo, net soos tye vantevore in jou koue marmer oë..."

https://soundcloud.com/user-394943105/marmer-oe

Gesing deur Steffie le Roux

18/02/2015

Die Ruiter van Skimmelperdpan A.G. Visser

Op die pad wat verdwyn in die Skimmelperdpan,
By ‘n draai in die mond van die kloof,
Het ‘n bom in die oorlog ‘n vlugtende man
Op ‘n perd soos ‘n swaardslag onthoof.

Aan die saalboom krampagtig die hande verstyf,
Met ‘n laaste stuiptrekkende krag,
En die bene geklem soos ‘n skroef om sy lyf,
Op die perd sit die grusame vrag.

Met sy neusgate wyd en die ore op sy nek,
Soos die wind yl verbysterd die dier,
Met die skuim in wit vlokke wat waai uit sy bek,
En gespan soos ‘n draad elke spier;

By die huisie verby waar ‘n vrou staan en kyk …
In die afkopding ken sy haar man …
Met ‘n onaardse gil val sy bleek soos ‘n lyk …
Perd en ruiter verdwyn in die Pan!

Wee die reisiger wat daar onwetend kom skuil
Waar bouvallig die huisie nog staan,
En vreesagtig by wyle ‘n nagdiertjie huil
By die newelige lig van die maan!

Want by middernag waai daar ‘n wind deur die kloof,
Waai en huil soos ‘n kindjie wat kerm,
En dan jaag daar ‘n perd met ‘n man sonder hoof …
Wie dit sien, roep verskrik: “Heer, ontferm!”

Want die vuurvonke spat waar die hoefslae dreun,
En dit vlam uit sy neus en sy oog;
Styf en stram sit die ruiter na vore geleun,
En die bloed uit sy nek spuit ‘n boog;

En dan eensklaps vanuit die vervalle gebou
Kom ‘n vreeslike skrikbeeld gevaar,
Al die hare orent – ‘n waansinnige vrou
Met ‘n hande-wringend gebaar:

“Waarom rus jy nie, rus jy nie, Jan van der Meer?
Waarom jaag jy my elke nag op?
Sal daar nimmer ‘n einde kom … altyd maar weer
Die galop … die galop … die galop?!”

Die afgryslike klank – nog gehuil nog gelag –
En die perd met die romp van ‘n man …!
Dis geen plek vir ‘n Christenmens daar in die nag
Langs die pad na die Skimmelperdpan!

A.G. Visser

Address

Op Die Pad Wat Verdwyn
Polokwane
0

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Skimmelperdpan posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category