Rdl Carien Nefdt

Rdl Carien Nefdt Ek is 'n VF Plus-raadslid in wyk 66 in die Tshwane-metro. Volg gerus hierdie blad vir al die jongste gebeure in my wyk en elders in Pretoria.

Ek en van die VF Plus-raadslede in die VF Plus se Tshwane-koukus tydens 'n spesiale raadsvergadering op 8 April 2026. De...
09/04/2026

Ek en van die VF Plus-raadslede in die VF Plus se Tshwane-koukus tydens 'n spesiale raadsvergadering op 8 April 2026. Dehan Harmse, Mark Surgeon, Anne-Marie Sparg, Wesley Jacobs en Roché Grebe.

09/04/2026
01/04/2026

(Scroll for English)

TSHWANE-METRO SE EIS TEEN HISTORIESE HARLEQUIN-SPORTKLUB IS ONREALISTIES EN ABSURD

Die Tshwane-metro se eis dat die historiese Harlequins-sportklub in Groenkloof, wat al vir 122 jaar as sportklub vir die gemeenskap bedryf word, binne enkele weke na sy “oorspronklike” toestand as plaas herstel moet word, is onrealisties en absurd.

Die klub, wat in 1902 gestig is, is ‘n belangrike gemeenskapsinstansie, het honderde lede en fasiliteite soos twee rugbyvelde, ’n krieketveld, rolbalbane, ’n muurbalbaan, klubkamers, pawiljoene en ’n restaurant.

In 2021 het die klub reeds ’n formele aansoek ingedien om die grond van landbou- na sport- en ontspanningsgebruik te hersoneer. Vyf jaar later het die metro steeds nie hierdie aansoek afgehandel nie.

Op 17 Maart 2026 het die metro egter kennis gegee dat die klub alle advertensieborde binne sewe dae moet verwyder en binne 28 dae alle strukture en verbeterings moet sloop sodat die terrein weer soos ’n plaas lyk.

Dit is onsinnig dat die metro nou dreig om netjiese sportfasiliteite wat oor meer as ’n eeu ontwikkel is, te vernietig, terwyl die metro self vyf jaar lank met administratiewe rompslomp en onbevoegdheid die hersoneringsaansoek vertraag het.

Hierdie aanval op die Harlequin-sportklub is afkomstig uit die portefeulje van die voormalige ActionSA-burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe- en gedeelde dienste, Kholofelo Morodi, wat op 27 Maart 2026 afgedank is. Morodi is op rekord met uitlatings dat gevestigde sportklubs soos Harlequin “lank genoeg bevoordeel is.”

Terwyl die Tshwane-metro sukkel om sy eie bates en infrastruktuur in stand te hou, probeer hy nou ’n suksesvolle historiese landmerk en voorbeeld van private inisiatief en gemeenskapsamewerking vernietig.

Die VF Plus eis:

• Die onmiddellike intrekking van die kennisgewing en slopingseis van 17 Maart 2026, asook die staking van alle uitsetting- en slooppogings.
• Dat die metro die klub se soneringsaansoek van 2021 onverwyld as ’n dringende saak finaliseer.
• Dat die metro erken dat gevestigde sportklubs soos Harlequin waardevolle vennote in gemeenskapsdienslewering is en nie as vyande behandel mag word nie.

Die VF Plus sal onwrikbaar by die Harlequin-sportklub en sy lede staan om hierdie historiese bate vir die nageslag en sportliefhebbers van alle gemeenskappe te beskerm. - Rdl. Grandi Theunissen
📌Artikel: https://www.vfplus.org.za/af/mediaverklarings/tshwane-metro-se-eis-teen-historiese-harlequin-sportklub-is-onrealisties-en-absurd/
💚BLY INGELIG, VOLG: https://whatsapp.com/channel/0029VaHfcxyEFeXuPu7Oqs2R
____________________

TSHWANE METRO’S DEMAND REGARDING HISTORIC HARLEQUIN SPORTS CLUB IS UNREALISTIC AND ABSURD

The Tshwane Metro’s demand that the historic Harlequin Sports Club in Groenkloof, which has operated as a community sports club for 122 years, must be restored to its “original” state as a farm within a few weeks, is unrealistic and absurd.

The Club, which was founded in 1902, is an important community institution with hundreds of members and facilities such as two rugby fields, a cricket field, bowling greens, a squash court, clubhouse, pavilions and a restaurant.

The Club submitted a formal application to rezone the land from agricultural to sports and recreational use in 2021 already. Five years have gone by and the Metro has still not finalised this application.

On 17 March 2026, however, the Metro issued a notice instructing the Club to remove all advertising boards within seven days and demolish all structures and improvements within 28 days to turn the entire site back into a farm.

It makes no sense that the Metro is threatening to destroy proper sports facilities that have been developed over more than a century, while the Metro itself is to blame for dragging out the rezoning process over five years through administrative red tape and incompetence.

This blatant attack on the Harlequin Sports Club emanates from the portfolio of the former ActionSA Mayoral Committee Member for Corporate and Shared Services, Kholofelo Morodi, who was dismissed on 27 March 2026. Morodi has stated on record that established sports clubs such as Harlequin have been “advantaged for long enough”.

While the Tshwane Metro struggles to maintain its own assets and infrastructure, it is now trying to destroy a successful historic landmark and an example of private initiative and community cooperation.

The Freedom Front Plus (VF Plus) demands:

• The immediate withdrawal of the notice and demolition demand of 17 March 2026, as well as ceasing all eviction and demolition attempts.
• That the Metro finalise the Club’s 2021 rezoning application as a matter of urgency.
• That the Metro acknowledge that established sports clubs, such as Harlequin, are valuable partners in community service delivery and should not be treated with hostility.

The Freedom Front Plus will stand its ground with the Harlequin Sports Club and its members to safeguard this historic asset for future generations and sports enthusiasts from all communities. - Cllr. Grandi Theunissen
📌Article: https://www.vfplus.org.za/media-releases/tshwane-metros-demand-regarding-historic-harlequin-sports-club-is-unrealistic-and-absurd/
💚STAY INFORMED, FOLLOW: https://whatsapp.com/channel/0029VaHfcxyEFeXuPu7Oqs2R

24/03/2026

(Scroll down for English)

SKORSING VAN ADJUNKKOMMISSARIS VAN TSHWANE-METROPOLISIE KOM AS GEEN VERRASSING

Die skorsing van die adjunkkommissaris van die Tshwane-metropolisie (TMPD), Umashi Dhlamini, kom as geen verrassing vir die VF Plus nie.

Dhlamini, wat verantwoordelik is vir finansies en administrasie binne die TMPD, se skorsing volg op ernstige bewerings van onreëlmatighede wat tydens die Madlanga-regskommissie van ondersoek aan die lig gekom het.

Die ondersoek fokus spesifiek op 'n sekuriteitstender waarby Dhlamini en die burgemeesterskomiteelid vir korporatiewe en gedeelde dienste, Kholofelo Morodi (ActionSA), na bewering betrek word.

Hierdie is nie die eerste keer dat Dhlamini op ’n voorsorggrondslag verwyder word nie; hy is reeds by twee vorige geleenthede geskors op klagte van beweerde korrupsie. ’n Vorige forensiese verslag het Dhlamini reeds aan wanadministrasie skuldig bevind, maar dit bly onduidelik waarom daar destyds nie opgetree is nie.

’n Dissiplinêre voorverhoor was reeds in die vooruitsig kort voordat die VF Plus se Grandi Theunissen, destydse burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, deur ’n mosie van wantroue verwyder is.

Ná daardie politieke skuif het die saak teen Dhlamini blykbaar doodgeloop sonder dat dit afgehandel is.

Die VF Plus beskou die huidige skorsing as ’n noodsaaklike stap om die integriteit van die ondersoek te beskerm. Dit is egter kommerwekkend dat dieselfde amptenaar herhaaldelik in soortgelyke omstredenheid betrek word sonder finale gevolgbestuur.

Dit is van kardinale belang dat hierdie ondersoek vry, regverdig en deursigtig geskied.

Die publiek se vertroue in die metropolisie kan slegs herstel word indien die volle waarheid aan die lig gebring word en amptenare aanspreeklik gehou word vir hul dade.

Die VF Plus sal die verloop van die ondersoek noukeurig monitor en verwag dat onmiddellike en gepaste stappe geneem sal word sodra die finale bevindings beskikbaar is.- Rdl. Morne Erasmus
📌 Artikel: https://www.vfplus.org.za/af/mediaverklarings/skorsing-van-adjunkkommissaris-van-tshwane-metropolisie-kom-as-geen-verrassing/
💚 BLY INGELIG, VOLG: https://whatsapp.com/channel/0029VaHfcxyEFeXuPu7Oqs2R

_________________

SUSPENSION OF TMPD’S DEPUTY COMMISSIONER COMES AS NO SURPRISE

The suspension of the Deputy Commissioner of the Tshwane Metropolitan Police Department (TMPD), Umashi Dhlamini, comes as no surprise to the Freedom Front Plus (VF Plus).

Dhlamini, who is responsible for finance and administration within the TMPD, was suspended following serious allegations of irregularities that came to light during the Madlanga Commission of Inquiry.

The investigation focuses specifically on a security tender in which Dhlamini and the Mayoral Committee Member for Corporate and Shared Services, Kholofelo Morodi (ActionSA), are allegedly implicated.

This is not the first time Dhlamini has been removed on precautionary grounds; he was previously suspended on two occasions following charges of alleged corruption. A prior forensic report also found Dhlamini guilty of maladministration, but the reason why action was not taken at the time remains unclear.

A preliminary disciplinary hearing was already in the pipeline shortly before the Freedom Front Plus’s Grandi Theunissen, then Mayoral Committee Member for Community Safety, was removed by a motion of no confidence.

After that political manoeuvre, the case against Dhlamini appears to have stalled without being finalised.

In the Freedom Front Plus’s view, the suspension is a necessary step to protect the integrity of the investigation. It is, however, concerning that the same official has repeatedly been implicated in similar controversies without consequence management.

It is of cardinal importance that this investigation proceeds freely, fairly and transparently.

Public confidence in the TMPD will only be restored if the whole truth is brought to light and officials are held accountable for their actions.

The Freedom Front Plus will closely monitor the investigation’s progress, expecting that appropriate steps will immediately be taken once the final findings are available.- Cllr. Morné Erasmus
📌Article: https://www.vfplus.org.za/media-releases/suspension-of-tmpds-deputy-commissioner-comes-as-no-surprise/
💚 STAY INFORMED, FOLLOW: https://whatsapp.com/channel/0029VaHfcxyEFeXuPu7Oqs2R

20/03/2026

Die VF Plus se koukusleier in die Tshwane-metro gesels met SAfmRadio oor die gebeure in die metro.

19/03/2026

(Scroll down for English)

GETUIENIS VOOR MADLANGA DUI OP MOONTLIKE ONGERYMDHEDE MET TSHWANE-TENDER

Die getuienis voor die Madlanga-kommissie rakende bewerings van politieke inmenging in ʼn sekuriteitstender in die Tshwane-metro is uiters kommerwekkend en kon voorkom gewees het.

Tydens die VF Plus se beheer van die gemeenskapsveiligheidsportefeulje, is ’n tegnologie-gedrewe sekuriteitsmodel gevolg wat minder afhanklik was van statiese wagte en meer gefokus het op koste-effektiewe oplossings soos moderne tegnologie.

Hierdie benadering het effektiewe sekuriteit teen laer koste vir belastingbetalers verseker.

Die huidige administrasie het ’n ander verkrygingspad gevolg, wat nou in die getuienis ter sprake kom.

Getuienis van sersant Fannie Nkosi van die polisie het Whatsapp-boodskappe en ander materiaal blootgelê wat verband hou met pogings om die toekenning van ’n multimiljoen rand-sekuriteitstender vir die Tshwane-metropolisie (TMPD) te beïnvloed.

Dit sluit lyste van voorkeurmaatskappye in, oënskynlik afkomstig van die EFF, asook koördinering met die hoof finansiële beampte van die metro, Gareth Mnisi.

Daar was ook verwysings na verteenwoordigers van ActionSA en die EFF in Nkosi se getuienis en dat die TMPD se adjunkhoof, Umashi Dlamini, na bewering ’n rol gespeel het in die verspreiding van hierdie lyste.

Daar bestaan tans ook teenstrydighede in die hantering van ’n verslag oor die metro se hoof finansiële beampte in die metroraad waar ActionSA en die EFF huiwer om ʼn verslag oor hom ter tafel te lê en druk op die ANC plaas om dit te doen.

Hierdie situasie bring ’n kernvraag na vore: Gaan dit werklik oor aanspreeklikheid en integriteit, of weerspieël dit ’n politieke magstryd tussen partye om beheer oor openbare fondse?

Die VF Plus het ’n rekord van deursigtige en gedissiplineerde fiskale bestuur in die gemeenskapsveiligheidsportefeulje, sonder die skep van krisisse of manipulering van verslae vir eie belang.

Die VF Plus het ’n dringende mosie by die speaker van die Tshwane-metro, Mncedi Ndzwanana, ingedien waarin versoek word dat die reëls- en etiekkomitee ’n ondersoek instel na die hoof finansiële beampte, sowel as na bewerings van politieke inmenging in die tenderproses

Die inwoners van Tshwane verdien ’n administrasie wat integriteit handhaaf en openbare fondse verantwoordelik bestuur.

Verdere ondersoeke alleen los nie die onderliggende probleme op nie.

Die oplossing lê in ’n regeringsverandering waar die VF Plus betekenisvolle insae sal hê om deursigtigheid, aanspreeklikheid en dienslewering te herstel.- Rdl. Grandi Theunissen
📌Artikel: https://www.vfplus.org.za/af/mediaverklarings/getuienis-voor-madlanga-dui-op-moontlike-ongerymdhede-met-tshwane-tender/
💚 BLY INGELIG, VOLG: https://whatsapp.com/channel/0029VaHfcxyEFeXuPu7Oqs2R

_________

EVIDENCE BEFORE MADLANGA POINTS TO POSSIBLE IRREGULARITIES IN TSHWANE TENDER

The evidence presented before the Madlanga Commission regarding allegations of political interference in a security tender in the Tshwane Metro is extremely concerning and details an issue that could have been avoided.

While the Freedom Front Plus (VF Plus) was at the steer of the Community Safety portfolio, a technology-driven security model was followed which relied less on static guards and focused more on cost-effective solutions such as modern technology.

This approach ensured effective security at lower cost to taxpayers.

The current administration followed a different procurement path, which is now under scrutiny as part of the evidence.

Testimony by Sergeant Fannie Nkosi of the police led to the uncovering of WhatsApp messages and other material relating to attempts to influence the awarding of a multimillion-rand security tender for the Tshwane Metropolitan Police Department (TMPD).

The evidence includes lists of preferred companies, presumably provided by the EFF, as well as engagement with the Metro’s Chief Financial Officer, Gareth Mnisi.

Nkosi’s testimony also mentions representatives of ActionSA and the EFF, and that the TMPD’s deputy head, Umashi Dlamini, allegedly played a part in distributing these lists.

At present, there are contradictions in the Metro Council’s handling of a report on the Metro’s Chief Financial Officer, as ActionSA and the EFF seem hesitant to table the report, but are simultaneously pressuring the ANC to do it.

This situation raises a burning question: Is it really about accountability and integrity, or does it reflect a political power struggle between parties for control over public funds?

The Freedom Front Plus has a proven record of transparent and disciplined fiscal management in the Community Safety portfolio, without ever creating crises or manipulating reports for selfish gain.

The Freedom Front Plus submitted an urgent motion to the Tshwane Metro Speaker, Mncedi Ndzwanana, requesting that the Rules and Ethics Committee investigate the Chief Financial Officer as well as possible political interference in the tender process.

Tshwane residents deserve an administration that maintains integrity and manages public funds responsibly.

On their own, further investigations will not solve the underlying problems, though.

The solution lies in a change of government, affording the Freedom Front Plus sufficient influence to help restore transparency, accountability and service delivery. - Cllr. Grandi Theunissen.
📌Article: https://www.vfplus.org.za/media-releases/vf-plus-wants-answers-regarding-possible-large-scale-housing-project-in-gezina/
💚 STAY INFORMED, FOLLOW: https://whatsapp.com/channel/0029VaHfcxyEFeXuPu7Oqs2R

17/03/2026
'𝗻 𝗚𝗲𝘀𝗸𝗶𝗲𝗱𝗸𝘂𝗻𝗱𝗶𝗴𝗲 𝗱𝗮𝗴 𝗶𝗻 𝘄𝘆𝗸 𝟲𝟲.Dit was die eerste dag wat die adjunkhoof van Laerskool Hennopspark die gemeenskap van d...
16/03/2026

'𝗻 𝗚𝗲𝘀𝗸𝗶𝗲𝗱𝗸𝘂𝗻𝗱𝗶𝗴𝗲 𝗱𝗮𝗴 𝗶𝗻 𝘄𝘆𝗸 𝟲𝟲.
Dit was die eerste dag wat die adjunkhoof van Laerskool Hennopspark die gemeenskap van die omgewing bymekaar gekry het om te begin met die beplanning van die Bronberrik Park Projek.

Almal is dit eens dat ons, met so 'n natuur skat in ons omgewing geseën is en dat dit ontgin kan word vir die gebruik van die inwoners sowel as die skole in die omgewing. Die beplanning is om die parkie so te ontwikkel dat kinders met hulle fietse in paadjies kan ry. Atlete kan oefen in die park. Inwoners kan piekniek hou. Hulle sal kan gaan stap met hulle honde in die park.

Lede wat deel was van die eerste dag se besoek was personeel van die Laerskool Hennopspark , die SAPD, Monitornet en Copwatch.

Address

Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rdl Carien Nefdt posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share