01/01/2020
Ñ nuwe begin.
Dis ñ nuwe begin - ñ nuwe jaar. Wat gister gebeur het, is vergete. Dis geskiedenis. Die Here stel nie belang in jou geskiedenis nie. Hy stel belang in jou bestemming.
Enige goeie boer weet dat dit die verkeerdste ding is om oor skouer te kyk terwyl jy ploeg, want dan gaan jy nie reguit ploeg nie. Maak nie saak wat die afgelope jaar in jou lewe gebeur het nie - moenie terugkyk nie. Daar was dalk goed wat jy nie kon regstel nie omdat die ander party nie belanggestel het in versoening nie. Laat daardie dinge onder die bloed van die Lam. Jesus Christus het aan die kruis op Golgota gesterf sodat jou sondes vergewe kan word. Maak seker dat jy alles in jou vermoë gedoen het om die situasie reg te stel, en gaan dan voort met jou lewe.
Ons word omring deur ñ skare getuienis. Hulle is geliefdes in die hemel wat ons vooruitgegaan het. As hulle met jou kon praat, sou hulle gesê het:"Hou aan hardloop!" D**k bietjie aan die Comrades-maraton. Die eindstreep, my vriend, is nader as wat jy d**k, so moenie ophou nie. Moenie moeg raak nie. Druk deur. Voltooi die wedloop. Hierdie is ñ splinternuwe jaar, met nuwe geleenthede om aan te gryp. Die Here maak jou pad gelyk.
Mag jy ñ wonderlike jaar hê en die toekoms tegemoetgaan met Jesus Christus as die Besturende Direkteur van jou plaas, sakeonderneming, gesin of loopbaan - ja, van jou hele lewe.
-Hebreërs 12:1.