15/05/2026
KAAP VAN STORMS – DIAKONALE NOODFONDS
OMSENDSKRYWE 20/2026
Geagte broers en susters,
Ons Kerk het nog nooit teruggedeins van nood nie. En die afgelope paar dae, met die Kaapse storms, was geen uitsondering nie. Baie dankie aan gemeentes wat reeds die lig van Christus laat skyn om hulle gemeenskappe, wat deur die storms geteister is en steeds word, te help om letterlik en figuurlik die kop bo water te hou.
Die NHKA Komitee vir Diakonaat het reeds R50 000 uitbetaal om gemeentes te help met hulle diakonale hulpverlening. Ons weet ook die bedrag gaan groter word. As Kerk is ons nie net betrokke wanneer die nood in die nuus is nie, maar juis ook waar ons ‘n pad van barmhartigheid aanhou stap wanneer die wêreld aanbeweeg het na ander nuuswaardighede.
Vandag het ons egter die res van die Kerk se hulp ook nodig. Ons Diakonale Noodfonds (vroeër Rampfonds) se saldo is op sy laagste in baie jare, en ons neem vrymoedigheid om gemeentes, individue en besighede te vra vir bydraes. Gebruik asseblief die volgende rekeningbesonderhede vir bydraes:
Rekeninghouer: Raad van Finansies
Rekeningnommer: 020000287
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Verwysing: 16RAMP + Naam (gemeente of individu)
Belastingvrystelling is beskikbaar vir individue en besighede, via Plesion NPC. Let asseblief daarop dat bydraes in hierdie gevalle in Plesion se bankrekening gemaak moet word. Stuur asseblief ’n epos na [email protected] vir meer besonderhede, sodat ons die Artikel 18A-sertifikaat kan uitreik.
Ons stuur binnekort ’n kort video uit om u op die hoogte te bring van wat die gemeentes doen om hulp te verleen. Versprei dit asseblief aan u lidmate en so wyd moontlik op sosiale media.
Meer as enigiets anders vra ons u voorbidding vir hulle wat deur lewensverlies getref is, vir hulle wat alles verloor het of groot skade gely het, en vir hulle wat selfopofferend, gehoorsaam aan Christus, hulle naaste se laste help dra.
Baie dankie vir u hulp en gunstige oorweging van die versoek.
Saam in diens
Ds Gerhard Stoltz
Sekretaris: Diakonaat
082 872 5236
[email protected]
Kyk Video hier Ons bid vir jul veiligheid en vir die vinnige herstel van die infrastruktuur.Die NHKA Komitee vir Diakonaat het reeds R50 000 uitbetaal om gemeentes te help met hulle diakonale hulpverlening. Ons weet ook die bedrag gaan groter word. As Kerk is ons nie net betrokke wanneer die nood in...