6SAI Echo 1981/82 OPS Protea Okankolo Ruacana Concor Etale

6SAI Echo 1981/82  OPS Protea Okankolo Ruacana Concor Etale 6SAI ECHO 81/82

Ruacana - Okt'81 - Jan'82 - SWAWEK & Concor; 6SAI Echo 1981/82
05/06/2018

Ruacana - Okt'81 - Jan'82 - SWAWEK & Concor; 6SAI Echo 1981/82

Gedenkdiens, Sondag 27 Mei 2018 @ 08:30 @ Voortrekker Monument. SAW Muur van Herinnering. Van die manne van 6SAI Echo Ko...
24/05/2018

Gedenkdiens, Sondag 27 Mei 2018 @ 08:30 @ Voortrekker Monument. SAW Muur van Herinnering. Van die manne van 6SAI Echo Kompanie 1981/82, sal Sondag erewag staan vir die families van Petrus Kruger en Mark Plateel wat tydens Ops Protea in Ongiva die hoogste offer betaal het, en ook 'n krans le met 35 Sterletzias in namens die 6SAI manne wat ook die hoogste offer betaal het. Kevin West George Wollie Wolfaardt = Trompie, Jaco Hoeksema, Grant Rowe Daniel Horn Hennie Fouche sal daar aantree. as daar nog manne kan bywoon, bel my asb 0825524525 Tertius Zitzke

29/01/2018
25/12/2017

Saluut aan Sjefs op Kersdag... 6SAI makkers. Op 25 Desember 1981, was ons in Concor basis, 51 Battaljon, SWA. Kapt JD Smit en Staff Franscois Frey het beveel, "Al ons troepe sal warm Kersfees- ete kry, waar hulle ook al is". Logistieke probleem, nee!!! Manne in basis neem brunch kersfees, en toe ry ons heeldag met buffels en warmbokse. All seksies in veld en tot by Caloueque dam is besoek. By een patrollie in veld, het manne n Mopanieboom opgemaak soos kersboom. Waterbottels, toiletpapier, paar ratpack items.

Mag hierdie feesseisoen besonders wees,
‘n ryke oes uit die jaar se omgee-oomblikke
en liefdesblyke samekoms van geliefdes, familie en vriende,
‘n vredestyd vir almal waar die Nuwejaar
‘n tyd sal wees vir stille inspirasie vir die toekoms,
‘n tyd om die saad te groei en geluk te saai,
‘n tyd van Geloof en
Vertroue dat die beste nog voorlê.

Saluut makkers!!!

18/12/2017
SWAWEK HK-Pielle... Inligting Insamelaars 6SAI Echo Kompanie. In daai jare was daar 10 lidde van elke SAI gekies om Snuf...
05/12/2017

SWAWEK HK-Pielle... Inligting Insamelaars 6SAI Echo Kompanie. In daai jare was daar 10 lidde van elke SAI gekies om Snuffel Tiffies te word. Dan 3 maande Inl Skool toe in Kimberley, as ander manne konvensioneel doen. Dan doen ons TeinOps saam hulle en dan grenstoe. Elke peloton kry n hoogsopgeleide Snuffel Tiffie. Die sisteem het gewerk manne, ons was die beste!!! ouman Kruger - Johan Kruger en Zitzke regs.

SWAWEK basis, 51 BN, Sektor 10. Vandag kan mens nog die walle en bome sien op Google Earth. Baie water en krag, (geen sw...
09/11/2017

SWAWEK basis, 51 BN, Sektor 10. Vandag kan mens nog die walle en bome sien op Google Earth. Baie water en krag, (geen swembad). 6SAI Echo Kompanie was daar vanaf Oktober 1981 tot Desember 1981, toe skuif ons Concord wat 'n groter basis was.

Address

Okankolo

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when 6SAI Echo 1981/82 OPS Protea Okankolo Ruacana Concor Etale posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share