07/09/2026
Ouers maak seker jou kind WEET DIS OKAY 💔🥺
Elke keer vra ons:
“Hoekom het hy niemand vertel nie?”
Maar dalk moet ons as ouers ’n moeiliker vraag vra:
Kan jou kind regtig met ENIGIETS na jou toe kom?
Jou antwoord is waarskynlik onmiddellik:
“Ja! Natuurlik. My kind kan my enigiets vertel.”
Maar…
Weet jou kind dit?
Ons sĂŞ so maklik:
“Jou keuses. Jou gevolge.”
En ja, ons kinders moet verantwoordelikheid leer.
Maar weet jou kind ook:
“Wanneer die gevolge kom, sal ek dit saam met jou dra.”
Is daardie vrymoedigheid daar?
Kan jou kind na jou toe kom wanneer hy of sy nie net ’n klein fout gemaak het nie…
maar GROOT droog gemaak het?
“Mamma, ek het ’n foto gestuur.”
“Pappa, iemand dreig my.”
“Ek het gejok”
“Ek het iets gedoen wat ek weet ek nie moes nie.”
“Ek is so skaam.”
“Ek is bang.”
“Ek weet nie hoe om hieruit te kom nie.”
Want dis maklik om te sĂŞ:
“Jy kan my enigiets vertel.”
Tot hulle iets vertel wat jou skok.
Tot dit iets is waarteen jy hulle honderd keer gewaarsku het.
Tot jou eerste reaksie eintlik wil wees:
“HOEKOM het jy dit gedoen?!”
DĂt is wanneer jou kind moet weet:
My ouers gaan dalk kwaad wees.
Daar gaan dalk gevolge wees.
Ons gaan moeilike gesprekke hĂŞ.
Maar ek gaan nie alleen wees nie.
Jordan DeMay was net 17.
Hy het gedink hy praat aanlyn met ’n meisie. Hy het ’n eksplisiete foto gestuur en is daarna afgepers.
Binne ure het die skaamte en vrees vir hom so groot geword dat hy geglo het daar is geen uitweg nie.
💔 Daar wás ’n uitweg. Hy kon dit net nie meer sien nie.
En dit is wat my as ouer tref:
Ons kan nie elke verkeerde besluit voorkom nie.
Ons kan nie elke boodskap op hulle selfone sien nie.
Ons kan nie elke persoon aan die ander kant van ’n skerm beheer nie.
Maar ons kan seker maak ons kinders weet:
“WANNEER JY DIE GROOTSTE FOUT VAN JOU LEWE MAAK, IS DIT JUIS WANNEER EK WIL HÊ JY MOET NA MY TOE KOM.”
Ek kan nie belowe ek gaan nie kwaad wees nie.
Ek kan nie belowe daar gaan nie gevolge wees nie.
Maar ek kan belowe:
Jy gaan daardie gevolge NOOIT alleen dra nie.
’n Foto kan hanteer word.
’n Leuen kan hanteer word.
’n Verkeerde besluit kan hanteer word.
Selfs ’n enorme gemors kan uitgesorteer word.
Maar jou lewe kan nie vervang word nie.
Ouers, vra vandag vir jou kind:
“As jy iets doen waarvoor jy só skaam is dat jy bang is om my in die oë te kyk… sal jy steeds die vrymoedigheid hê om my te bel?”
Moenie net aanvaar die antwoord is ja omdat jy weet hoe lief jy jou kind het nie.
Maak seker JOU KIND weet. ❤️