31/08/2026
🏉 ’n Dag vol rugby, opwinding en herinneringe! 🏉
Saterdag, 29 Augustus, het die o.9 RSD Rugbydag by HSB plaasgevind en wat ’n ongelooflike dag was dit nie!
Vir baie van ons o.9-spelers was dit hul eerste keer op ’n volle rugbyveld, en hulle het elke oomblik met groot entoesiasme aangepak.
Skole wat deelgeneem het, was HSB, Ashton, SWD, Swellendam, Montagu, Buffeljagsrivier en Worcester-Oos. Dit was ’n dag vol drieë wat gedruk is, harde wedstryde, trane van beserings, groot glimlagte en natuurlik entoesiastiese ondersteuners langs die veld! 👏📣
Die mooiste van alles was om te sien hoe hierdie jong spelers hul passie vir rugby uitleef, nuwe vriendskappe vorm en waardevolle ervaring opdoen.
’n Groot, groot dankie aan ons hoofborg, RSD Rugby, wat hierdie besonderse dag moontlik gemaak het. Sonder julle ondersteuning sou hierdie geleentheid nie moontlik gewees het nie. Ons waardeer julle betrokkenheid en ondersteuning van ons jong rugbyspelers opreg!
Dankie aan elke speler, afrigter, ouer, ondersteuner en skool wat bygedra het tot ’n ongelooflike rugbydag.
Tot volgende keer! 🏉🔥