17/06/2026
πβοΈ Baie sterkte aan ons kantoor-tannie, Roelien Hettema, wat vanmiddag na Swede vertrek om hierdie naweek aan die wΓͺreldbekende HYROX WΓͺreld Kampioenskappe deel te neem! πββοΈπͺ
Ons is ongelooflik trots op jou prestasie en die harde werk wat jou tot op hierdie internasionale verhoog gebring het. Jy verteenwoordig nie net jouself nie, maar ook ons hele BPMS-familie met trots.
Geniet elke oomblik van hierdie ongelooflike ervaring, gee jou beste, en weet dat ons almal agter jou staan en vir jou duim vashou! πΏπ¦π
Sterkte, Roelien β gaan wys die wΓͺreld waarvan jy gemaak is! ππ