Hoërskool Calitzdorp - Amptelik

Call Directions Contact the organization

Hoërskool Calitzdorp - Amptelik HS Calitzdorp is 'n fokusskool vir landbou, geleë in die Klein Karoo. Ons is Afrikaans-medium en huisves leerders van graad R tot 12 en beskik oor 'n koshuis.

Ons leuse is "Sine Cera" ("sonder was").

27/10/2026
NOVEMBER-EKSAMENNeem asb kennis dat alle graad 4 tot 11-leerders vandag hul eksamenrooster- en reëlings ontvang het.
26/10/2026

NOVEMBER-EKSAMEN

Neem asb kennis dat alle graad 4 tot 11-leerders vandag hul eksamenrooster- en reëlings ontvang het.


Hoërskool Calitzdorp se VRL & Studenteraad maak ’n verskil in die gemeenskap! As deel van Hoërskool Calitzdorp se VRL en...
24/10/2026

Hoërskool Calitzdorp se VRL & Studenteraad maak ’n verskil in die gemeenskap!

As deel van Hoërskool Calitzdorp se VRL en SR se kwartaallikse uitreik na ons gemeenskap, het ons gister die munisipaliteit besoek en ’n skenking van 24 boeke aan die biblioteek oorhandig.

Ons is trots daarop om nie net ’n verskil by ons skool te maak nie, maar ook ons gemeenskap te kan dien en ’n positiewe bydrae te lewer.

Saam bou ons aan ’n sterker gemeenskap, een boek op ’n slag!

Dankie aan Mee. Jacobs, Kiewiets en Mnr. Kleingeld vir die inisiatief en leiding. Ons is baie trots ons VRL- en SR-lede. Dankie vir jul toewyding.




GRAAD 1- EN 2-UITSTAPPIEOns graad 1- en 2-leerders het verlede Vrydag, 16 Oktober 2026 op 'n heerlike uitstappie na Moss...
22/10/2026

GRAAD 1- EN 2-UITSTAPPIE

Ons graad 1- en 2-leerders het verlede Vrydag, 16 Oktober 2026 op 'n heerlike uitstappie na Mosselbaai gegaan.

Ons het die Dias Museumkompleks heel eerste besoek. Daar het ons die wonderwêreld van seelewe in die akwarium beleef en ook die geleentheid gehad om van die seelewe vas te hou. Ons het baie interessante skulpies gesien, van piepklein tot enorm groot.

Ons het ook die karveel van Dias besigtig en 'n kort aanbieding van 'n Nederlandse toergids ontvang.

Daarna is ons vir 'n smaaklike middagete Reactivate toe. Daar is ons verjaarsdagmaatjie met 'n heerlike roomys verras. Ons het ons gate uit geniet in die interaktiewe LED- en neon-speelareas.

Pootuit en veilig het ons laatmiddag by die skool arriveer. Wat 'n onvergeetlike ervaring.

Baie dankie aan die personeel van die Dias Museumkompleks wat ons vriendelik ontvang het en gratis ons kinders se lewens met kennis verryk het.

Dankie ook aan die wonderlike span van Reactivate vir n asemrowende ervaring. Ons besoek julle graag weer.

Ons is dankbaar vir Mee. R. Fourie, A. Jozaffe, N. Van Wyk en J. Windvogel wat ons leerders vergesel het. Dankie ook aan die vervoermaatskappy, Saptouw Vervoer, wat ons onderwysers en leerders veilig vervoer het.


Graad 12-Wiskundeleerders ontvang ekstra ondersteuning voor die NSS-eksamenOp 22 Oktober het ons Graad 12-Wiskundeleerde...
22/10/2026

Graad 12-Wiskundeleerders ontvang ekstra ondersteuning voor die NSS-eksamen

Op 22 Oktober het ons Graad 12-Wiskundeleerders die geleentheid gehad om ekstra Wiskundeklasse by te woon ter voorbereiding vir hul Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen.

Hierdie ekstra klasse het aan leerders waardevolle ondersteuning gebied om hul kennis te versterk, moeilike konsepte te hersien en hulself met groter selfvertroue vir die eksamen voor te berei. Sulke geleenthede speel ’n belangrike rol in leerders se akademiese ontwikkeling en sukses.

’n Opregte woord van dank gaan aan mnr. Pienaar vir sy toewyding, tyd en bereidwilligheid om hierdie ekstra ondersteuning aan ons leerders te bied. Sy bydrae word opreg waardeer.

Ons wens al ons Graad 12-leerders sterkte toe met hul Wiskunde-eksamen en hul verdere NSS-eksamens. Mag julle harde werk, deursettingsvermoë en voorbereiding goeie vrugte afwerp!

Saam bou ons aan sukses, een stap op ’n slag!


SISTEMIESE TOETSESien belangrike kennisgewing rakende sistemiese toetse vir graad 3, 6 en 9
21/10/2026

SISTEMIESE TOETSE

Sien belangrike kennisgewing rakende sistemiese toetse vir graad 3, 6 en 9

MINI-KRIEKETDAG - 17 OKTOBER 2026Ons grondslagfase-leerders het die afgelope naweek die voorreg gehad om op tuisbodem sa...
20/10/2026

MINI-KRIEKETDAG - 17 OKTOBER 2026

Ons grondslagfase-leerders het die afgelope naweek die voorreg gehad om op tuisbodem saam met leerders van Gamka-Oos Primêr en Excelsior VGK Primêr aan 'n baie leersame mini-krieketdag te kon deelneem.

Groot dank aan die Calitzdorp Young Stars Krieketklub, personeel van Excelsior VGK Primêr en Gamka-Oos Primêr, sowel as Mnr. Angus Roelfse van SWD Mini-Krieket.

Ons is ook baie dankbaar vir die dag se borge wat tot die algehele sukses van die byeenkoms bygedra:
- Ant Sophie se kombuis
- Die Calitzdorp Expressed Festival
- Khoe Wool
- Tannie Cheryl van Bosvarkie

Groot dank aan Me. Colleen Murphy, asook almal wat gehelp het om hierdie dag suksesvol te kon aanbied. Ons is ook trots op elke leerder wat deelgeneem het en ons plaaslike klubspelers wat hulle so mooi gehelp het.




19/10/2026

MAAK MY 'N MILJOENÊR

Hierdie week is die
eerste uitdagings-rondte se episode van Maak My 'n Miljoenêr.

In vanaand se episode neem Clayton Van Wyk aan die Uitdagings-rondte deel.

Skakel vanaand, 19 Oktober 2026 om 19:00 op ViaTV in (kanaal 147 op DStv) om te sien hoe Clayton as entrepreneur vaar.






Hier is 'n vooruitsig van vanaand se episode:
https://drive.google.com/file/d/1rWSE-xmtil9pOK9HNYQwYlHEmXPohKVd/view?usp=sharing

https://drive.google.com/file/d/1rWSE-xmtil9pOK9HNYQwYlHEmXPohKVd/view?usp=drivesdk

VAKANTE WKOD-KONTRAKPOSSien asb onderstaande advertensie vir WKOD-kontrakpos.
19/10/2026

VAKANTE WKOD-KONTRAKPOS

Sien asb onderstaande advertensie vir WKOD-kontrakpos.

GELUKKIGE BAASDAGVandag wil ons graag van die geleentheid gebruik maak om vir mnr Fourie 'n mooi Baasdag toe te wens. Ma...
16/10/2026

GELUKKIGE BAASDAG

Vandag wil ons graag van die geleentheid gebruik maak om vir mnr Fourie 'n mooi Baasdag toe te wens.

Mag die pad vorentoe vir meneer gevul wees met sukses, goeie gesondheid en voorspoed.

Mag daar altyd wysheid wees om uitdagings te hanteer, geduld om deur moeilike dae te kom en krag om elke nuwe dag met moed aan te pak.

Ons wens meneer alles van die beste toe vir die jaar wat voorlê.


Address

Pretorius Street
Calitzdorp
6660

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:30
Tuesday 07:00 - 15:30
Wednesday 07:00 - 15:30
Thursday 07:00 - 15:30
Friday 07:00 - 15:30

Telephone

+27442133313

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Calitzdorp - Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Calitzdorp - Amptelik:

Shortcuts

Share

Category