Hoërskool Calitzdorp - Amptelik

Hoërskool Calitzdorp - Amptelik HS Calitzdorp is 'n fokusskool vir landbou, geleë in die Klein Karoo. Ons is Afrikaans-medium en huisves leerders van graad R tot 12 en beskik oor 'n koshuis.

Ons leuse is "Sine Cera" ("sonder was").

SEKRETARESSEDAG 2026Vandag wil ons graag aan me Upman sê: BAIE DANKIE! Jou rol by ons skool is soveel meer as net admini...
02/09/2026

SEKRETARESSEDAG 2026

Vandag wil ons graag aan me Upman sê: BAIE DANKIE!

Jou rol by ons skool is soveel meer as net administrasie. Jy is dikwels die eerste vriendelike gesig wat mense ontmoet, die een wat altyd probeer help en die persoon wat sorg dat soveel dinge agter die skerms glad verloop.

Dankie vir jou toewyding, geduld, vriendelikheid en bereidwilligheid om altyd ’n ekstra myl te stap. Jou bydrae tot die skool word opreg waardeer en maak ’n groot verskil.

Ons is baie dankbaar om jou as deel van ons skoolfamilie te hê. Mag jy vandag bederf en waardeer word, want jy verdien dit beslis!

Mag die Here jou elke dag seën, versterk en met vreugde vul.
Gelukkige Sekretaressedag, Ann!
Ons waardeer jou baie!

LANDLOOPPRESTASIE! Baie geluk aan ons talentvolle landloopleerders wat deurgedring het na die Wes-Kaap Kampioenskappe wa...
01/09/2026

LANDLOOPPRESTASIE!

Baie geluk aan ons talentvolle landloopleerders wat deurgedring het na die Wes-Kaap Kampioenskappe wat op 12 September 2026 in Riversdal gaan plaasvind!

Melissa Hufke
Romeo Grootboom
Dwayne Beginsel

Jul harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en wens julle baie sterkte toe met die kampioenskap.

Baie dankie ook aan me. Nel wat haar tyd so getrou opoffer om hierdie leerders te help om hul volle potensiaal te bereik.

Gaan hardloop met trots – ons staan agter julle!

GELUKKIGE LENTEDAG! Vandag verwelkom ons die lente met oop harte en groot glimlagte! Mag hierdie nuwe seisoen vir elke l...
01/09/2026

GELUKKIGE LENTEDAG!

Vandag verwelkom ons die lente met oop harte en groot glimlagte!

Mag hierdie nuwe seisoen vir elke leerder, ouer en personeellid nuwe hoop, vreugde en vars energie bring. Soos die natuur rondom ons nuut begin groei en blom, mag ons ook elke dag groei, leer en ons volle potensiaal bereik.

Laat ons die lente vier met kleur, positiwiteit en dankbaarheid!

Van almal by Hoërskool Calitzdorp – ’n baie mooi en voorspoedige Lentedag aan ons hele skoolgemeenskap!

Mag jou lewe hierdie lente in oorvloed blom!


EKSTRA WISKUNDIGE GELETTERDHEID KLASSE VIR ONS MATRIKULANTEOns matriekleerders het vandag ekstra moeite gedoen deur hul ...
29/08/2026

EKSTRA WISKUNDIGE GELETTERDHEID KLASSE VIR ONS MATRIKULANTE

Ons matriekleerders het vandag ekstra moeite gedoen deur hul tyd af te staan aan Wiskundige Geletterdheid-ekstra klasse ter voorbereiding vir hul komende eksamens.

’n Groot dankie aan mnr. Pienaar vir sy bereidwilligheid, tyd en toewyding om ons leerders te ondersteun en te help om hul volle potensiaal te bereik.

Ons opregte dank gaan ook aan die koshuispersoneel wat gesorg het dat die leerders iets te ete kry.
Julle omgee en ondersteuning word opreg waardeer!

Elke ekstra uur, elke som wat geoefen word en elke bietjie ondersteuning maak ’n verskil. Ons is trots op ons matriekleerders en glo in hulle!

Sterkte met die voorbereiding – hou aan werk, hou aan glo en gee jou beste!

MAAK MY 'N MILJOENÊRBaie geluk, Clayton! Ons is baie trots op jou.Baie dankie aan mnr. Albert Van Wyk en sy span by Maak...
28/08/2026

MAAK MY 'N MILJOENÊR

Baie geluk, Clayton! Ons is baie trots op jou.

Baie dankie aan mnr. Albert Van Wyk en sy span by Maak My 'n Miljoenêr!


HELP MY MAATJIE – GRONDSLAGFASE In ons Grondslagfase leer ons ons maatjies dat omgee, respek en vriendelikheid elke dag ...
28/08/2026

HELP MY MAATJIE – GRONDSLAGFASE

In ons Grondslagfase leer ons ons maatjies dat omgee, respek en vriendelikheid elke dag ’n verskil maak.

Ons “Help my maatjie”-inisiatief fokus daarop om leerders aan te moedig om mekaar te ondersteun, te help waar hulle kan en altyd met respek teenoor hul maats en personeel op te tree.

Elke week word daar mooi gekyk na die maatjies wat uitstaan deur om te gee, ander te help en ’n positiewe voorbeeld te stel.

Ons is ongelooflik trots op ons klein maatjies! Mag hulle aanhou om mekaar se hande vas te hou, mekaar op te bou en te wys dat selfs ’n klein daad van vriendelikheid ’n groot verskil kan maak.

Saam leer ons. Saam groei ons. Saam gee ons om!


🌙🌥️ HOOP BESKAAM NOOIT NIE! 🌥️🌙Vroeg vanoggend, om 06:12, het ons koshuisleerders vol opgewondenheid uitgestap om ’n bli...
28/08/2026

🌙🌥️ HOOP BESKAAM NOOIT NIE! 🌥️🌙

Vroeg vanoggend, om 06:12, het ons koshuisleerders vol opgewondenheid uitgestap om ’n blik op die maansverduistering (lunar eclipse) te kry. 🌕🌑

Die kinders was reg, die oggendlug was reg… maar die wolke het ongelukkig ander planne gehad! ☁️😂

Al kon ons nie die verduistering sien nie, het ons darem iets belangriks geleer: hoop beskaam nooit nie! ❤️ Ons probeer, ons wag en ons kyk altyd uit vir die volgende mooi oomblik.

Wie weet… dalk werk die wolke volgende keer saam! 😉

🌙 HS Calitzdorp Koshuis – waar selfs 06:12-oomblikke herinneringe word!

LOSLITDAGOns sien uit na twee lekker dae van pret en kleur by die skool! Gelde moet asseblief teen Woensdag, 2 September...
26/08/2026

LOSLITDAG

Ons sien uit na twee lekker dae van pret en kleur by die skool!

Gelde moet asseblief teen Woensdag, 2 September betaal word.

FUNKY SOCKS DAG

Gelde moet asseblief teen Woensdag, 9 September betaal word.
Almal is welkom om deel te neem!
Gelde kan aan my gestuur word, saam met ’n klaslys waarop aangedui is wie betaal het.

Neem asseblief kennis:
Geen gelde sal ná die genoemde datums aanvaar word nie.

Kom ons maak saam seker dat hierdie dae sommer ekstra spesiaal en pret is!

Baie dankie vir julle samewerking en ondersteuning!

STERKTE MATRIEKKLAS VAN 2026Ons matrikulante staan op die vooraand van hul Rekordeksamen – ’n belangrike mylpaal op die ...
24/08/2026

STERKTE MATRIEKKLAS VAN 2026

Ons matrikulante staan op die vooraand van hul Rekordeksamen – ’n belangrike mylpaal op die pad na die eindeksamen.

Ons wens elke matrikulant baie sterkte toe met die eksamen. Mag julle hardwerkend, gefokus en positief bly. Onthou: elke uur se voorbereiding, elke poging en elke uitdaging wat julle oorkom, bring julle ’n tree nader aan julle doelwitte.

Glo in julleself, doen julle beste en vertrou die Here vir krag en wysheid.
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” – Filippense 4:13

Ons glo in julle!

Sterkte, Matriekklas van 2026 – maak ons trots!


RUGBY - O/15 VUKA-PROEWEBaie geluk aan ons vier seuns wat op Vrydag, 21 Augustus 2026 as deel van die Kannaland-rugbyspa...
24/08/2026

RUGBY - O/15 VUKA-PROEWE

Baie geluk aan ons vier seuns wat op Vrydag, 21 Augustus 2026 as deel van die Kannaland-rugbyspan aan die o/15 VUKA-proewe in Mosselbaai deelgeneem het.

Jake Julies
Janeill van der Berg
Lee Jade Ge**er
Rudolph Loots

Ons is baie trots op julle, seuns!


Address

Pretorius Street
Calitzdorp
6660

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:30
Tuesday 07:00 - 15:30
Wednesday 07:00 - 15:30
Thursday 07:00 - 15:30
Friday 07:00 - 15:30

Telephone

+27442133313

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Calitzdorp - Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Calitzdorp - Amptelik:

Shortcuts

Share

Category