05/06/2026
(Scroll down for English)
VF Plus bly buite stemming met goedkeuring van Langeberg-begroting
Johnny Steenkamp
VF Plus-raadslid: Langeberg-munisipaliteit
5 Junie 2026
Die VF Plus het buite stemming gebly met die 2026/27-begroting van die Langeberg-munisipaliteit omdat dit nie die belange van inwoners in ag neem nie en eerder ‘n geval is van ”melk die gewillige belastingbetaler”.
Die party is nie bereid om sy mandaat van verantwoordelike finansiële bestuur wat van die Langeberg-kiesers ontvang is, te ignoreer nie.
Daar is verskeie redes waarom die VF Plus nie die begroting gesteun het nie. Die belangrikste is omdat die proses van openbare deelname, soos voorgeskryf deur munisipale wetgewing, nie gevolg is nie.
Ongelukkig is die korrekte proses van wyksvergaderings waar die publiek insette kon lewer, nie soos in vorige jare gevolg nie en die munisipale bestuurder en sy administrasie het dit boonop erken.
Die VF Plus is nie tevrede met die proses waar ‘n kort vraelys deur blokleiers voltooi en ingedien is nie. Net tussen 700 en 800 is ingedien terwyl Langeberg ‘n inwonerstal van sowat 130 000 mense en sowat 25 000 huishoudings bedien. Dit kom daarop net dat net 0.03% van alle huishoudings ‘n inset kon lewer op ‘n munisipale begroting van R1.3 miljard.
Dit is duidelik dat besluite oor hoe hierdie begroting bestee word, net deur munisipale amptenare geneem word.
Tydens ‘n werkswinkel wat vooraf plaasgevind het, het die munisipale bestuurder, Danie Lubbe, en die burgemeester, Schalk van Eeden, ‘n onderneming gegee dat alle rolspelers (individue en organisasies), wat insette gelewer het, geantwoord sou word. Dit het nie gerealiseer nie.
Boonop het die meeste inwoners min of geen toegang tot die munisipaliteit se webwerf nie en is ‘n vergadering nie soos voorheen gehou waar inwoners vrae kon vra of insette lewer nie.
Hul regte is dus van hulle ontneem om 'n bydrae te lewer.
Die VF Plus stel voor dat die munisipaliteit die begroting se goedkeuring uitstel vir twee weke sodat ‘n proses van openbare deelname kan plaasvind voordat die munisipale begroting finaal op 30 Junie voorgelê word vir goedkeuring.
Die VF Plus het ook op ‘n vorige raadsvergadering ‘n versoek gerig dat die eiendomswaardasierol van alle eiendomme in Langeberg oorgedoen moet word, maar die versoek is geweier hoewel daar erken is dat die munisipaliteit reeds 2 500 foute geïdentifiseer het.
Geweldig baie klagtes is ontvang van eienaars dat hulle geen korrespondensie hieroor ontvang het nie of dat hul eiendomme nooit besoek is nie.
Hierdie foutiewe waardasies het ‘n wesenlike invloed op die begroting. Hoewel die burgemeester ‘n verlaging van 21% in eiendomstariewe voorgehou het as ‘n groot besparing vir belastingbetalers, is die realiteit dat die verkeerde waardasies daartoe lei dat eiendomme verkeerdelik met 50% en meer in waarde gestyg het, ondanks statistieke wat toon dat eiendomme in die Wes-Kaap ‘n gemiddelde jaarlikse groei van net 5% toon.
Dit het daartoe gelei dat inwoners wat eiendomme besit, ‘n verhoging van 14.8% op eiendomsbelasting gaan betaal.
Die VF Plus dring derhalwe daarop aan dat die waardasieproses oorgedoen word in belang van inwoners met eiendomme en wat belasting betaal.
----------------------
Freedom Front Plus abstains from voting on Langeberg budget
Johnny Steenkamp
Freedom Front Plus councillor: Langeberg Local Municipality
5 June 2026
The Freedom Front Plus (VF Plus) abstained from voting on the Langeberg Municipality's 2026/27 budget, because it does not serve residents' interests, but aims to "milk willing taxpayers" instead.
The party is not prepared to ignore the mandate it received from Langeberg voters, namely to ensure responsible financial management.
There are a number of reasons why the Freedom Front Plus cannot endorse the budget. Most notably, a process of public participation, as prescribed by municipal legislation, was not followed.
Unfortunately, the correct procedure of convening ward meetings where the public can provide input was not followed as in previous years, and the Municipal Manager and his administration have acknowledged this.
The Freedom Front Plus is not satisfied with this year's process where a short questionnaire was completed and submitted by block leaders. Only around 800 to 900 of these questionnaires were submitted, while Langeberg serves approximately 130 000 residents and about 25 000 households. This means that only 0,03% of households could provide input on a municipal budget of R1,3 billion.
Clearly, decisions regarding how the budget will be spent are taken solely by municipal officials.
During a prior workshop, the Municipal Manager, Danie Lubbe, and the Mayor, Schalk van Eeden, gave the undertaking that all role players (individuals and organisations) who had submitted input would receive feedback. This did not happen.
In addition, most residents have very little to no access to the Municipality's website, and unlike in the past, there was no meeting where residents could ask questions or provide input.
So, they have been denied their right to make a contribution.
The Freedom Front Plus proposes that the Municipality postpone adopting the budget with two weeks so that a public participation process can be duly followed before the budget is finally tabled for approval on 30 June.
At a previous council meeting, the Freedom Front Plus also requested that the property valuation roll be redone, but this request was denied even though the Municipality acknowledged that it has already identified 2 500 errors.
A large number of complaints have been received from property owners who claim that they did not receive correspondence on the matter or that their properties were never visited.
These incorrect valuations have a material impact on the budget. Although the Mayor presented a 21% reduction in property rates as a major saving for taxpayers, the reality is that incorrect valuations have erroneously increased property values by 50% or more, despite statistics showing that property values in the Western Cape have grown by an average of only 5% per year.
Consequently, property owners are actually facing a 14,8% increase in property rates.
Therefore, the Freedom Front Plus demands that the valuation process be redone for the sake of residents who own properties and loyally pay taxes.