VF Plus - Groot Karoo

VF Plus - Groot Karoo Meer as ’n politieke party. Met ’n nuwe visie vir ’n suksesvolle SA, verbind tot beter dienslewering en verantwoordbaarheid. | More than a political party.

With a bold new vision for a successful SA, committed to service delivery and accountability.

𝗧𝘄𝗲𝗲 𝗗𝗔-𝗿𝗮𝗮𝗱𝘀𝗹𝗲𝗱𝗲 𝘃𝗮𝗻 𝗦𝘁𝗲𝗹𝗹𝗲𝗻𝗯𝗼𝘀𝗰𝗵 𝘀𝗹𝘂𝗶𝘁 𝗯𝘆 𝗱𝗶𝗲 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗮𝗮𝗻 𝗲𝗻 𝘀𝘁𝗲𝗹 𝗵𝘂𝗹𝗹𝗲 𝗮𝘀 𝗸𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝘁𝗲 𝘃𝗲𝗿𝗸𝗶𝗲𝘀𝗯𝗮𝗮𝗿Die VF Plus verwelkom ...
01/09/2026

𝗧𝘄𝗲𝗲 𝗗𝗔-𝗿𝗮𝗮𝗱𝘀𝗹𝗲𝗱𝗲 𝘃𝗮𝗻 𝗦𝘁𝗲𝗹𝗹𝗲𝗻𝗯𝗼𝘀𝗰𝗵 𝘀𝗹𝘂𝗶𝘁 𝗯𝘆 𝗱𝗶𝗲 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗮𝗮𝗻 𝗲𝗻 𝘀𝘁𝗲𝗹 𝗵𝘂𝗹𝗹𝗲 𝗮𝘀 𝗸𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝘁𝗲 𝘃𝗲𝗿𝗸𝗶𝗲𝘀𝗯𝗮𝗮𝗿

Die VF Plus verwelkom graag twee voormalige DA-raadslede van Stellenbosch in die party.

Mynard Slabbert is 'n voormalige onderburgemeester en tot vóór sy bedanking 'n wykraadslid.

Siegfried Schäfer was 'n proporsionele raadslid.

Ons is dankbaar vir die waardevolle plaaslike regeringskennis en ervaring wat hulle na die VF Plus bring. Dit sal tot groot voordeel van die party en die gemeenskap wees.

Hul besluit om by ons aan te sluit, is ’n bewys van die groeiende vertroue in die VF Plus se benadering tot verantwoordelike, deursigtige en aanspreeklike plaaslike regering.

Die VF Plus is daartoe verbind om deursigtigheid, goeie bestuur en aanspreeklikheid in plaaslike regering te bevorder en sal voortgaan om die belange van inwoners van Stellenbosch op ’n konstruktiewe en beginselvaste wyse te dien.

𝗙𝗼𝘁𝗼-𝗼𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀𝗸𝗿𝗶𝗳:
Van links is Johnny Steenkamp, VF Plus Wynland-streeksleier, Mynard Slabbert, JC MacFarlane, VF Plus-raadslid in Stellenbosch, en Siegfried Schäfer.

______________________________________

𝗧𝘄𝗼 𝗳𝗼𝗿𝗺𝗲𝗿 𝗗𝗔 𝗰𝗼𝘂𝗻𝗰𝗶𝗹𝗹𝗼𝗿𝘀 𝗳𝗿𝗼𝗺 𝗦𝘁𝗲𝗹𝗹𝗲𝗻𝗯𝗼𝘀𝗰𝗵 𝗷𝗼𝗶𝗻 𝘁𝗵𝗲 𝗙𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗮𝗻𝗱 𝗺𝗮𝗸𝗲 𝘁𝗵𝗲𝗺𝘀𝗲𝗹𝘃𝗲𝘀 𝗮𝘃𝗮𝗶𝗹𝗮𝗯𝗹𝗲 𝗮𝘀 𝗰𝗮𝗻𝗱𝗶𝗱𝗮𝘁𝗲𝘀

The VF Plus is pleased to welcome two former DA councillors from Stellenbosch to the party.

Mynard Slabbert is a former deputy mayor and, until his resignation, served as a ward councillor.

Siegfried Schäfer served as a proportional representation councillor.

We are grateful for the valuable local government knowledge and experience they bring to the VF Plus. This will be of great benefit to both the party and the community.

Their decision to join the VF Plus is a testament to the growing confidence in the party’s approach to responsible, transparent and accountable local government.

The VF Plus is committed to promoting transparency, good governance and accountability in local government and will continue to serve the interests of Stellenbosch residents in a constructive and principled manner.

https://www.facebook.com/share/p/1BnTVRw8oa/?mibextid=wwXIfr

𝗣𝗵𝗼𝘁𝗼 𝗰𝗮𝗽𝘁𝗶𝗼𝗻:
From left are Johnny Steenkamp, VF Plus Wynland regional leader; Mynard Slabbert; JC MacFarlane, VF Plus councillor in Stellenbosch; and Siegfried Schäfer.

Die VF Plus verwelkom graag twee voormalige DA-raadslede van Stellenbosch in die party.

Mynard Slabbert is 'n voormalige onderburgemeester en tot vóór sy bedanking 'n wykraadslid.

Siegfried Schäfer was 'n proporsionele raadslid.

Ons is dankbaar vir die waardevolle plaaslike regeringskennis en ervaring wat hulle na die VF Plus bring. Dit sal tot groot voordeel van die party en die gemeenskap wees.

Hul besluit om by ons aan te sluit, is ’n bewys van die groeiende vertroue in die VF Plus se benadering tot verantwoordelike, deursigtige en aanspreeklike plaaslike regering.

Die VF Plus is daartoe verbind om deursigtigheid, goeie bestuur en aanspreeklikheid in plaaslike regering te bevorder en sal voortgaan om die belange van inwoners van Stellenbosch op ’n konstruktiewe en beginselvaste wyse te dien.

Foto-onderskrif:
Van links is Johnny Steenkamp, VF Plus Wynland-streeksleier, Mynard Slabbert, JC MacFarlane, VF Plus-raadslid in Stellenbosch, en Siegfried Schäfer.

Die VF Plus het vandag sy burgemeesterskandidate vir Gauteng se drie metrorade, ses plaaslike munisipaliteite en twee di...
01/09/2026

Die VF Plus het vandag sy burgemeesterskandidate vir Gauteng se drie metrorade, ses plaaslike munisipaliteite en twee distriksmunisipaliteite bekend gestel – ’n span wat gereed is om verantwoordelikheid te neem en plaaslike regering weer te laat werk.

📸Burgemeesterskandidate vir Gauteng op foto van links na regs:

• Johannesburg-metro: Franco de Lange
• Tshwane-metro: Willie Spies
• Ekurhuleni-metro: Jennifer Glover
• Sedibeng-distrik: Julio Agrella
• Emfuleni: Cobus Cato
• Merafong: Ben van der Berg
• Mogale City: Amy Steyn
• Rand West City: Fred Steffers
• Wes-Rand-distrik: Braam Reed
• Lesedi: Mari Boshoff (Afwesig)
• Midvaal: Ockert Brits (Afwesig)
Jaco Mulder, VF Plus leier in Gauteng – links voor
_______________

Read the full statement here: | Lees die volledige verklaring hier:

Die VF Plus het vandag sy burgemeesterskandidate vir Gauteng se drie metrorade, ses plaaslike munisipaliteite en twee distriksmunisipaliteite bekend

𝗗𝗿𝗶𝗻𝗴𝗲𝗻𝗱𝗲 𝗶𝗻𝗴𝗿𝘆𝗽𝗶𝗻𝗴 𝗻𝗼𝗱𝗶𝗴 𝗼𝗺 𝘀𝘄𝗮𝗮𝗿 𝘃𝗼𝗲𝗿𝘁𝘂𝗶𝗲 𝘂𝗶𝘁 𝗦𝘄𝗮𝗿𝘁𝗯𝗲𝗿𝗴𝗽𝗮𝘀 𝘁𝗲 𝗵𝗼𝘂Raadsheer Johan Allers, leier van die VF Plus Oudtsho...
27/08/2026

𝗗𝗿𝗶𝗻𝗴𝗲𝗻𝗱𝗲 𝗶𝗻𝗴𝗿𝘆𝗽𝗶𝗻𝗴 𝗻𝗼𝗱𝗶𝗴 𝗼𝗺 𝘀𝘄𝗮𝗮𝗿 𝘃𝗼𝗲𝗿𝘁𝘂𝗶𝗲 𝘂𝗶𝘁 𝗦𝘄𝗮𝗿𝘁𝗯𝗲𝗿𝗴𝗽𝗮𝘀 𝘁𝗲 𝗵𝗼𝘂

Raadsheer Johan Allers, leier van die VF Plus Oudtshoorn, spreek sy ernstige kommer uit oor die toenemende aantal voorvalle waar bestuurders van swaar voertuie waarskuwings en duidelike padtekens ignoreer en steeds die Swartbergpas aandurf.

Vanoggend se voorval, waartydens die Swartbergpas weer gesluit moes word nadat ’n swaarvoertuigbestuurder die waarskuwings geïgnoreer en die pas aangedurf het, beklemtoon die dringendheid van raadsheer Allers se herhaalde beroep dat ’n fisiese hoogtebeperker of oorhoofse versperring by beide kante van die toegangspaaie na die Swartbergpas aangebring word. Só ’n versperring moet verseker dat swaar voertuie wat nie aan die voorgeskrewe beperkings voldoen nie, fisies verhinder word om toegang tot die pas te verkry.

Die Swartbergpas is tans van groter strategiese belang as ooit tevore, aangesien die Meiringspoort steeds gesluit is ná die verwoestende vloedskade van Mei. Die Wes-Kaapse regering het reeds aangedui dat Meiringspoort ’n kritieke ekonomiese en mobiliteitsverbinding is, terwyl die Swartbergpas se belangrikheid aansienlik toegeneem het omdat dit tans ’n belangrike alternatiewe roete tussen die Klein- en Groot-Karoo is.

Raadsheer Allers het reeds verskeie versoeke aan die Tuinroete-distriksmunisipaliteit, die Wes-Kaapse minister van infrastruktuur, Tertuis Simmers, en ander verantwoordelike rolspelers gerig om ’n permanente en praktiese oplossing vir hierdie probleem te vind. Minister Simmers se portefeulje is inderdaad infrastruktuur.

“Ons kan eenvoudig nie bekostig dat die Swartbergpas telkens gesluit word omdat bestuurders doelbewus waarskuwings en voertuigbeperkings ignoreer nie. Dit plaas ’n enorme las op die gemeenskap, toerisme, landbou en plaaslike ekonomie, en skep terselfdertyd ’n ernstige veiligheidsrisiko,” sê Allers.

Die Swartbergpas is ’n belangrike ekonomiese en toerisme-ader vir Oudtshoorn en die breër Klein Karoo. Die Wes-Kaapse regering het self bevestig dat die pas se belangrikheid aansienlik toegeneem het ná die sluiting van Meiringspoort en dat dit tans aansienlik meer verkeer dra.

“Hierdie is nie bloot ’n kwessie van ongerief nie. Wanneer ’n swaar voertuig op die pas vassit of ’n ongeluk veroorsaak, word die hele roete ontwrig en word inwoners, toeriste, besighede, landbouers en nooddienspersoneel geraak. Dit kan ook ’n direkte gevaar vir menselewens inhou.”

As voorsitter van SALGA Wes-Kaap se rampbestuurportefeulje, sowel as plaaslike raadslid, beklemtoon raadsheer Allers dat voorkomende maatreëls ingestel moet word voordat nóg ’n ernstige voorval plaasvind.

Die VF Plus verbind hom daartoe om hierdie probleem daadwerklik aan te spreek en druk te bly plaas vir ’n werkbare oplossing. Dit is onaanvaarbaar dat die herhaalde ekonomiese en veiligheidsimpak van hierdie voorvalle bloot aanvaar word, terwyl die gemeenskap, belastingbetalers, toerismebedryf, sakelui en landbouers toenemend die gevolge dra.

“Die boodskap is eenvoudig: waarskuwings moet nie net daar wees nie – dit moet afgedwing word. ’n Fisiese versperring wat ontoelaatbare swaar voertuie keer voordat hulle die pas bereik, kan voorkom dat dieselfde probleem oor en oor herhaal word.”

Die VF Plus sal voortgaan om druk te plaas vir ’n oplossing wat die veiligheid van alle padgebruikers beskerm, die Swartbergpas se beskikbaarheid verseker en die ekonomiese belange van Oudtshoorn en die Klein Karoo beskerm.

𝗙𝗼𝘁𝗼 𝘃𝗲𝗿𝘀𝗸𝗮𝗳

’𝗻 𝗕𝗼𝗼𝗱𝘀𝗸𝗮𝗽 𝗮𝗮𝗻 𝗮𝗹 𝗼𝗻𝘀 𝗺𝗮𝘁𝗿𝗶𝗲𝗸𝘀 𝗺𝗲𝘁 𝗱𝗶𝗲 𝗮𝗮𝗻𝘃𝗮𝗻𝗴 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗿𝗲𝗸𝗼𝗿𝗱𝗲𝗸𝘀𝗮𝗺𝗲𝗻Aan al die matrieks van Oudtshoorn wat nou met jull...
25/08/2026

’𝗻 𝗕𝗼𝗼𝗱𝘀𝗸𝗮𝗽 𝗮𝗮𝗻 𝗮𝗹 𝗼𝗻𝘀 𝗺𝗮𝘁𝗿𝗶𝗲𝗸𝘀 𝗺𝗲𝘁 𝗱𝗶𝗲 𝗮𝗮𝗻𝘃𝗮𝗻𝗴 𝘃𝗮𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝗿𝗲𝗸𝗼𝗿𝗱𝗲𝗸𝘀𝗮𝗺𝗲𝗻

Aan al die matrieks van Oudtshoorn wat nou met julle rekordeksamen begin: ek glo in julle en wens elkeen van julle sterkte en sukses toe!

Hierdie eksamen is ’n belangrike geleentheid om julle kennis te toets, julle voorbereiding te evalueer en met groter selfvertroue na die finale matriekeksamen te beweeg.

Julle is die toekoms van ons gemeenskap en ons land. Die harde werk, keuses en drome van vandag lê die grondslag vir die geleenthede van môre. Glo in julleself, werk hard en moenie moed verloor wanneer iets moeilik raak nie.

’n Opregte woord van dank aan al ons onderwysers vir julle toewyding, geduld en die ekstra ure wat julle belê om ons kinders voor te berei. Aan ouers en voogde: dankie vir julle ondersteuning, aanmoediging en opoffering langs die pad. Julle rol in hierdie jongmense se sukses kan nie onderskat word nie.

Aan elke matriekleerder: doen julle beste, bly gefokus en onthou dat een eksamen nie julle waarde of potensiaal bepaal nie.

Mag julle harde werk beloon word en mag julle met trots terugkyk op hierdie belangrike hoofstuk van julle lewe.

Sterkte, matrieks! Ons staan agter julle.

𝑹𝒂𝒂𝒅𝒔𝒉𝒆𝒆𝒓 𝑱𝒐𝒉𝒂𝒏 𝑨𝒍𝒍𝒆𝒓𝒔
𝑳𝒆𝒊𝒆𝒓: 𝑽𝑭 𝑷𝒍𝒖𝒔 𝑶𝒖𝒅𝒕𝒔𝒉𝒐𝒐𝒓𝒏

Herstel plaaslike regering, herstel Suid-Afrika se ekonomieSuid-Afrika sal nie sy handelsmark, beleggings en ekonomiese ...
24/08/2026

Herstel plaaslike regering, herstel Suid-Afrika se ekonomie

Suid-Afrika sal nie sy handelsmark, beleggings en ekonomiese groei volhoubaar kan herstel indien die land se plaaslike regering nie dringend herstel word nie.

Munisipaliteite moet ekonomiese enjins wees en nie remskoene nie.
_______________
Lees die volledige verklaring hier: | Read the full statement here:
https://tinyurl.com/y7rds725

Die VF Plus Wes-Kaap bordfabriek in volle swang, met kandidate en vrywilligers wat kom hand bysit het!   ***The VF Plus ...
23/08/2026

Die VF Plus Wes-Kaap bordfabriek in volle swang, met kandidate en vrywilligers wat kom hand bysit het!


***
The VF Plus Western Cape poster workshop is in full swing, with candidates and volunteers coming to lend a hand.

𝗩𝗙 𝗣𝗟𝗨𝗦 𝗧𝗨𝗜𝗡𝗥𝗢𝗘𝗧𝗘 𝗘𝗡 𝗩𝗙 𝗣𝗟𝗨𝗦 𝗚𝗥𝗢𝗢𝗧 𝗞𝗔𝗥𝗢𝗢 𝗦𝗘 𝗙𝗔𝗖𝗘𝗕𝗢𝗢𝗞-𝗕𝗟𝗔𝗗𝗦𝗬𝗘 𝗧𝗢𝗢𝗡 𝗦𝗧𝗘𝗥𝗞 𝗚𝗥𝗢𝗘𝗜𝗧𝘆𝗱𝗽𝗲𝗿𝗸: 𝟭 𝗙𝗲𝗯𝗿𝘂𝗮𝗿𝗶𝗲 𝟮𝟬𝟮𝟲 𝘁𝗼𝘁 𝟭𝟵 𝗔𝘂𝗴𝘂𝘀𝘁𝘂𝘀 𝟮...
19/08/2026

𝗩𝗙 𝗣𝗟𝗨𝗦 𝗧𝗨𝗜𝗡𝗥𝗢𝗘𝗧𝗘 𝗘𝗡 𝗩𝗙 𝗣𝗟𝗨𝗦 𝗚𝗥𝗢𝗢𝗧 𝗞𝗔𝗥𝗢𝗢 𝗦𝗘 𝗙𝗔𝗖𝗘𝗕𝗢𝗢𝗞-𝗕𝗟𝗔𝗗𝗦𝗬𝗘 𝗧𝗢𝗢𝗡 𝗦𝗧𝗘𝗥𝗞 𝗚𝗥𝗢𝗘𝗜

𝗧𝘆𝗱𝗽𝗲𝗿𝗸: 𝟭 𝗙𝗲𝗯𝗿𝘂𝗮𝗿𝗶𝗲 𝟮𝟬𝟮𝟲 𝘁𝗼𝘁 𝟭𝟵 𝗔𝘂𝗴𝘂𝘀𝘁𝘂𝘀 𝟮𝟬𝟮𝟲

Die VF Plus se digitale teenwoordigheid in die Tuinroete en Groot Karoo het die afgelope ses maande merkwaardig gegroei, met ’n besonder sterk toename in Facebook-bereik en betrokkenheid. Die agt bladsye het gesamentlik van 8 519 volgers (Followers) tot 12 353 volgers (Followers) gegroei – ’n toename van 3 834 volgers, oftewel 45,0%.
Die totale aantal k**e (Views) oor die onderskeie gemete 28-dae-tydperke het van 17 646 tot 315 164 toegeneem – ’n enorme groei van 297 518 k**e, oftewel 1 686%.
Dit wys dat die VF Plus se boodskap toenemend sigbaar is en ’n veel groter gehoor bereik. Veral die nuwe bladsye 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗕𝗶𝘁𝗼𝘂 en 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗚𝗿𝗼𝗼𝘁 𝗞𝗮𝗿𝗼𝗼 het binne slegs drie maande reeds ’n sterk digitale voetspoor gevestig.

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗢𝘂𝗱𝘁𝘀𝗵𝗼𝗼𝗿𝗻 𝗪𝗣 - https://www.facebook.com/FVPlusOudtshoorn

Volgers (Followers): 1 786 → 3 504
Groei: 1 718 volgers (96,2%)

K**e (Views) oor die gemete 28-dae-tydperk: 12 636 → 123 184
Groei: 110 548 k**e (874,9%)

Die blad het sy volgersgetal feitlik verdubbel, terwyl sy 28-dae-k**e met byna 875% toegeneem het.

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗖𝗮𝗹𝗶𝘁𝘇𝗱𝗼𝗿𝗽 / 𝗟𝗮𝗱𝗶𝘀𝗺𝗶𝘁𝗵 - https://www.facebook.com/vryheidsfrontplus

Volgers (Followers): 1 097 → 1 221
Groei: 124 volgers (11,3%)

K**e (Views) oor die gemete 28-dae-tydperk: 71 → 11 843
Groei: 11 772 k**e (16 580,3%)

Die blad se 28-dae-k**e het van slegs 71 tot 11 843 toegeneem – ’n buitengewone 16 580% groei in bereik.

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗛𝗲𝘀𝘀𝗲𝗾𝘂𝗮 - https://www.facebook.com/profile.php?id=100069078584925

Let wel: Die blad is eers op 1 Maart 2026 deur die nuwe administrateurs oorgeneem.

Volgers (Followers): 1 641 → 2 273
Groei: 632 volgers (38,5%)

K**e (Views) oor die gemete 28-dae-tydperk: 759 → 104 580
Groei: 103 821 k**e (13 678,7%)

Ten spyte daarvan dat die nuwe administrateurs die blad eers op 1 Maart oorgeneem het, het die blad se 28-dae-k**e met meer as 13 600% toegeneem.

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗠𝗼𝘀𝘀𝗲𝗹𝗯𝗮𝗮𝗶 - https://www.facebook.com/vfplusmosselbaai

Volgers (Followers): 519 → 749
Groei: 230 volgers (44,3%)

K**e (Views) oor die gemete 28-dae-tydperk: 1 740 → 7 874
Groei: 6 134 k**e (352,5%)

Die blad het ’n sterk groei van 44,3% in volgers en meer as 350% in 28-dae-k**e getoon.

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗚𝗲𝗼𝗿𝗴𝗲 - https://www.facebook.com/VFPlusGeorge

Volgers (Followers): 1 641 → 2 172
Groei: 531 volgers (32,4%)

K**e (Views) oor die gemete 28-dae-tydperk: 759 → 33 178
Groei: 32 419 k**e (4 271,3%)

Die blad se 28-dae-k**e het met meer as 4 200% toegeneem, terwyl die volgers met meer as 32% gegroei het.

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗞𝗻𝘆𝘀𝗻𝗮 - https://www.facebook.com/search/top?q=vf%20plus%20knysna

Volgers (Followers): 1 835 → 1 966
Groei: 131 volgers (7,1%)

K**e (Views) oor die gemete 28-dae-tydperk: 1 681 → 13 641
Groei: 11 960 k**e (711,5%)

Hoewel die volgers met 7,1% toegeneem het, het die 28-dae-k**e met meer as 700% gestyg.

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗕𝗶𝘁𝗼𝘂 - https://www.facebook.com/profile.php?id=61590076111918

’n Nuwe blad – slegs drie maande oud.

Volgers (Followers): 0 → 202

K**e (Views) oor die gemete 28-dae-tydperk: 0 → 17 832

Omdat die blad drie maande gelede begin is, kan ’n persentasiegroei nie bereken word nie. Die feit dat die blad binne slegs drie maande reeds 202 volgers en 17 832 k**e in ’n gemete 28-dae-tydperk behaal het, is egter ’n sterk aanduiding van groeiende belangstelling en digitale sigbaarheid in Bitou.

𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗚𝗿𝗼𝗼𝘁 𝗞𝗮𝗿𝗼𝗼 - https://www.facebook.com/profile.php?id=61589653786917

’n Nuwe blad – slegs drie maande oud.

Volgers (Followers): 0 → 266

K**e (Views) oor die gemete 28-dae-tydperk: 0 → 3 032

Ook hier kan ’n persentasiegroei nie bereken word nie omdat die blad drie maande gelede begin is. Om binne drie maande 266 volgers en 3 032 k**e in ’n gemete 28-dae-tydperk op te bou, is egter ’n belowende begin en wys dat die blad reeds ’n sterk digitale teenwoordigheid begin ontwikkel.

𝗗𝗶𝗲 𝗱𝘂𝗶𝗱𝗲𝗹𝗶𝗸𝗲 𝗱𝗶𝗴𝗶𝘁𝗮𝗹𝗲 𝗴𝗿𝗼𝗲𝗶𝘃𝗲𝗿𝗵𝗮𝗮𝗹

Die syfers vertel ’n sterk verhaal: die VF Plus se Facebook-teenwoordigheid in die Tuinroete en Groot Karoo bereik vandag ’n veel groter gehoor as ses maande gelede.

Die grootste bewys hiervan is nie net die groei in volgers nie, maar veral die dramatiese toename in k**e (Views) oor die gemete 28-dae-tydperke. Gesamentlik het die agt bladsye se k**e van 17 646 tot 315 164 gestyg.

Die VF Plus se plaaslike bladsye is dus nie bloot kommunikasiekanale vir bestaande ondersteuners nie. Die groei in k**e wys dat die inhoud toenemend nuwe mense bereik, groter sigbaarheid geniet en die VF Plus se boodskap aan ’n aansienlik groter gehoor bekendstel.

Met die plaaslike verkiesing van 4 November 2026 wat vinnig nader kom, bied hierdie groei ’n sterk platform waarvandaan die VF Plus se boodskap verder in gemeenskappe in die Tuinroete en Groot Karoo versprei kan word.

𝗗𝗶𝗲 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗶𝘀 𝘀𝗶𝗴𝗯𝗮𝗮𝗿. 𝗗𝗶𝗲 𝗩𝗙 𝗣𝗹𝘂𝘀 𝗴𝗿𝗼𝗲𝗶. 𝗘𝗻 𝗱𝗶𝗲 𝘀𝘆𝗳𝗲𝗿𝘀 𝘄𝘆𝘀 𝗱𝗮𝘁 𝗮𝗹 𝗵𝗼𝗲 𝗺𝗲𝗲𝗿 𝗺𝗲𝗻𝘀𝗲 𝗸𝘆𝗸. 💚🇿🇦

Address

11 Charles De Gaulle Crescent
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VF Plus - Groot Karoo posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share