Laerskool Wierdapark

Laerskool Wierdapark Laerskool Wierdapark- waar ons opstaan vir ONS-self, ONS skool en ONS gemeenskap.

LENTE-OPGEWONDENHEID! Ons Wieries het die lente op die lekkerste manier verwelkom – met ’n heerlike piekniek tydens pous...
01/09/2026

LENTE-OPGEWONDENHEID!

Ons Wieries het die lente op die lekkerste manier verwelkom – met ’n heerlike piekniek tydens pouse!

’n GROOT dankie aan ons wonderlike Klasverteenwoordiger-mammas wat ons personeel met ’n heerlike koekie kom bederf het.

Ook ’n spesiale dankie aan ons Leierraad vir die soet bederf tydens pouse!
Met soveel liefde en omgee om ons is daar net een ding om te sê…
Ons gaan die nuwe seisoen SOET in!

Welkom, Lente!

GOUD VIR ONS 1STE SPAN! Baie geluk aan ons 1ste Skaakspan wat ’n fantastiese prestasie behaal het by die Gauteng Topskol...
01/09/2026

GOUD VIR ONS 1STE SPAN!

Baie geluk aan ons 1ste Skaakspan wat ’n fantastiese prestasie behaal het by die Gauteng Topskole Span-Skaak!

Ons o.13-seuns het met vasberadenheid, fokus en uitstekende spanwerk gespeel en daarin geslaag om 1ste plek in die o.13-afdeling te behaal!

Julle het gewys dat harde werk, deursettingsvermoë en ’n passie vir skaak tot groot hoogtes kan lei. Ons is ongelooflik trots op elke speler wat deel was van hierdie besondere span.

Baie geluk, kampioene! Julle het nie net goud gewen nie – julle het ons skool se naam met trots verteenwoordig!

ZOOM IN! Die laaste deel van ons 3de kwartaal is lekker aan die gang!
31/08/2026

ZOOM IN!
Die laaste deel van ons 3de kwartaal is lekker aan die gang!

SOSIALE MEDIA-VEILIGHEIDOns seniorfase-leerders het onlangs ’n waardevolle opvoedkundige praatjie bygewoon oor die gevar...
31/08/2026

SOSIALE MEDIA-VEILIGHEID

Ons seniorfase-leerders het onlangs ’n waardevolle opvoedkundige praatjie bygewoon oor die gevare en verantwoordelike gebruik van sosiale media, digitale toestelle en die speletjies wat hulle speel.

Dit is vir ons belangrik dat ons leerders bewus is van moontlike gevare aanlyn, weet waarvoor om uit te kyk en verstaan hoe om hulself en hul persoonlike inligting te beskerm.

Ons moedig leerders aan om hul profiele so privaat moontlik te hou, versigtig te wees met wat hulle aanlyn deel en altyd verantwoordelike keuses te maak wanneer hulle die internet gebruik.

Die internet is deel van ons leerders se daaglikse lewe — daarom is dit ons verantwoordelikheid om hulle toe te rus met die kennis en vaardighede om dit veilig, verantwoordelik en ingelig te gebruik.

Baie dankie Danie van National Centre for Child Protection vir jou tyd saam met ons leerders.

IS JOU PLEK VIR 2027 VERSEKER? By Laerskool Wierdapark BOU ons aan meer as net kennis – ons BOU aan selfvertroue, karakt...
31/08/2026

IS JOU PLEK VIR 2027 VERSEKER?

By Laerskool Wierdapark BOU ons aan meer as net kennis – ons BOU aan selfvertroue, karakter, vriendskappe en drome.

Laerskool Wierdapark – die plek waar JOU storie vlerke kry…

#2027

GR. 6 VELDSKOOL 2026 | ATKV DRAKENSVILLE Wat ’n warm, avontuurlustige en onvergeetlike week was dit nie! Ons Graad 6-lee...
28/08/2026

GR. 6 VELDSKOOL 2026 | ATKV DRAKENSVILLE

Wat ’n warm, avontuurlustige en onvergeetlike week was dit nie! Ons Graad 6-leerders het die afgelope week by ATKV Drakensville behoorlik geleef, gelag, uitdagings aangepak en sommer net baie pret gehad!

Van zipline, muurklim, boogskiet en probleemoplossing tot swem, glybaan, put-put en die touhindernisbaan – daar was elke dag iets nuuts om aan te pak!

Ons aande was net so vol opwinding met ’n nagmars, laternbekruip, sokkie en swembadpartytjie. Die week is afgesluit met ’n heerlike kampkonsert waar ons Wieries hul talente en gees kon wys!

Een van die hoogtepunte was ons staproete in die Royal Natal National Park, waar ons die pragtige Drakensberge kon ervaar en sommer heerlik in die bergpoele gaan afkoel het.

Dit was ’n warm week vol pret, plesier, avontuur en baie opwinding, maar ook ’n week waarin vriendskappe versterk is, grense verskuif is en kosbare herinneringe gemaak is.

Ons is ongelooflik trots op elke Graad 6-leerder wat met soveel entoesiasme aan elke uitdaging deelgeneem het!

Gr. 6 2026 – ’n week om nooit te vergeet nie!

27/08/2026

WAARSKUWING!!! 🚨

Geagte Wierie-ouers, ons voel ons moet julle sommer vooraf waarsku…

Indien jou Wierie skielik by die huis opdaag met lekker dansbewegings, weet net: DJ MAEZTRO het by ons kom kuier en ons Wieries het behoorlik die dak gelig!

En raai wat? DJ MAEZTRO gaan die vermaak by ons KASKARDAG wees! 🎧

Kom ervaar self die energie, die musiek en natuurlik die GEES van ons Wieries! Maeztro

KASKARDAG 2026 – waar die wiele rol en die GEES hoog loop!

27/08/2026

LANDLOOP AGN KAMPIOENSKAPPE

Ons is ongelooflik trots op die volgende atlete wat by AGN Kampioenskappe podium plekke behaal het, dit is ‘n fantastiese prestasie.

Kenzi Vosloo- 3e plek (oorhandig medalje)
Ben Roos- 2e plek (oorhandig medalje)

Ons baie baie trots op al ons Wieries wat AGN span gemaak het en wat Saterdag 5 September aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem:

Franje Luus 0/8
Andielle Dique 0/9
Jenelle Evans 0/10
Abigail Tulleken 0/10
Leane Agenbach 0/10
Antoné Viljoen 0/10
Kenzi Vosloo 0/11
Anoeschka van den Berg 0/12
Elmi van Zyl 0/12
Xanthé Strauss 0/13
Ben Roos 0/10
Arrian Venter 0/10
Aiden de Beer 0/10
Kaylem Cromhout 0/11
Logan Westgate 0/12
Ewan Roos 0/13

Mag die Here julle krag en asem gee vir elke tree. Mag Hy julle dra wanneer dit moeilik raak. Gee net julle beste en geniet elke oomblik. Dit is werklik ‘n mooi prestasie.

Address

Hv Willem Botha Rylaan En Ruimteweg
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:50
Tuesday 07:30 - 13:50
Wednesday 07:30 - 13:50
Thursday 07:30 - 13:50
Friday 07:30 - 13:50

Telephone

+27126543350

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Wierdapark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Laerskool Wierdapark:

Shortcuts

Share

Category