24/10/2026
𝐀𝐠𝐫𝐢𝐒𝐀 𝐬𝐞 𝐒𝐞𝐧𝐭𝐫𝐮𝐦𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝐔𝐢𝐭𝐧𝐞𝐦𝐞𝐧𝐝𝐡𝐞𝐢𝐝 – 𝐋𝐞𝐢𝐞𝐫𝐬𝐤𝐚𝐩 𝐰𝐚𝐭 𝐫𝐢𝐠𝐭𝐢𝐧𝐠 𝐠𝐞𝐞
AgriSA se president, Willem de Chavonnes Vrugt, saam met die voorsitters en verteenwoordigers van die vyf Sentrums van Uitnemendheid wat tydens AgriSA se Kongres 2026 terugvoer oor hul onderskeie fokusareas gegee en die beleidsmandate vir 2026–2030 toegelig het.
Hierdie leiers speel ’n sleutelrol in die bevordering van AgriSA se beleidsprioriteite en die verteenwoordiging van georganiseerde landbou se belange.
Die pad is duidelik, van beleidsrigting na daadwerklike uitvoering.