Leipoldt-Nortier Library - Clanwilliam

Leipoldt-Nortier Library - Clanwilliam Public Library
We are focused on service delivery and promote reading. We are running a week program with different activities. Free Internet use.

03/06/2026
13/05/2026

Yeboneer # Petronicia # Virtual reading

14/04/2026

Vandag, 71 jaar gelede, is dr. Pieter Lefras Nortier, op Saterdag 09 April 1955 op die ouderdom van 70 op sy plaas East Side oorlede. Hy sou op Woensdag 13 April sy 71ste verjaarsdag gevier het.

In 1916 word hy die geneeskundige van Clanwilliam sowel tot in Vanrhynsdorp. Nes sy boesemvriend, Christian Louis Leipoldt, was dr. Nortier 'n veelsydige man met talente wat vandag skaars gesaai is. Hy was tot en met sy sterfjaar as geneeskundige aktief.

Vandag herdenk ons sy lewensjare en eer hom vir sy harde en onbaatsugtige diens as plaaslike geneeskundige. Indien u meer van hom wil leer, kom besoek ons museum en neem 'n staptog terug na toentertyd se dinge.

Pieter Lefras Nortier
13 April 1884 - 09 April 1955

14/04/2026

Vandag, 79 jaar gelede: Leipoldt, die Renaissance-held

Die dokters het hom regdeur sy leeftyd gewaarsku dat hy sy hart nie moes oorwerk nie, maar vir Leipoldt was dit pure bog. Daar was maar altyd fout met sy hartkleppe, nie dat hy hom veel daaraan gesteur het nie. Vir hom was die dokters se vermanings bloot manewales wat hom nie onder sou kry nie. Hy wou die wêreld verken, die natuurskoonheid van die Cederberge ontdek en almal met sy prosawerk betower.

Maar vroeg in 1947 het Leipoldt ’n voorgevoel gekry dat sy sterfuur nie meer ver was nie. Voor hy op Woensdag 26 Februarie 1947 Clanwilliam vir oulaas verlaat het, sê hy vir sy boesemvriend, dr. P. Lefras Nortier: "Ek kom nie weer terug nie. Jy weet wat om te doen, Pieter." Dit was Leipoldt se gewoonte: hy kon met soveel gemak oor die dood praat, asof dit ’n ou bekende was.

Op Saterdag 12 April 1947 het Nortier die tyding ontvang: Christian Louis Leipoldt het sy laaste asem uitgeblaas. Aangesien daar in daardie jare nog nie koerante op Sondae beskikbaar was nie, het die land eers op Maandag 14 April 1947 van sy heengaan verneem.

Op Dinsdag 15 April 1947 is Leipoldt in ’n eensame grot in die Cederberge begrawe. Dit was dieselfde grot waar hy en Nortier dikwels gaan sit het. Nortier het onthou hoe hulle ure lank daar sou vertoef terwyl Leipoldt oor die blou Cederberge tuur – sy eensaamheid diep in sy oë verskuil.

Kom besoek gerus die museum. U sal die Leipoldt-kamer beslis geniet. Asook kan u 'n historiese toer deur die museum saam met ons gids, Herschil Pieterse, doen.

Besigheidsure is soos volg:
Maandae tot Vrydae
08:30 tot 16:30
Saterdae
09:00 tot 13:00

Toegangsgeld
R50.00 per volwasse
R10.00 per tiener
R10.00 per kind

14/04/2026

Next week, Barbara Townsend will be in the Clanwilliam Museum. She's the author of Out of Mind, The colour of flying and Ida's line.

Please come and join us at this fantastic event.

08/04/2026

Address

Clanwilliam
8135

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 15:00

Telephone

+27274828000

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Leipoldt-Nortier Library - Clanwilliam posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Leipoldt-Nortier Library - Clanwilliam:

Share

Category