31/08/2026
Ons staan nou op 26%!🙏🏻
Ons het reeds R5 285 van ons R20 000-teiken ingesamel.
Vandag wil ons spesiaal dankie sê aan ons anonieme skenker van R500.❤️
Jou vrygewigheid beteken vir ons meer as wat woorde kan sê.
Suzi is nie net 'n motor nie. Sy help ons om mense in nood te bereik, skenkings te gaan haal en hoop te vervoer.🌱
Ons het nog R14 715 nodig om haar weer op die pad te kry.
Kan jy help? 'n Klein bydrae van R50, R100 of R200 mag dalk vir jou klein voel, maar wanneer baie hande saam gee, gebeur groot dinge.
🙏🏻Help ons om Suzi weer te laat ry, sodat ons kan aanhou om hoop te bring waar dit die nodigste is.
Dankie Here vir elke hand wat gee. Ons vertrou U vir die res.❤️
🌱Saam plant ons die saad van hoop.
Help ons om Suzi weer op die pad te kry By Seed of Life Huis Cullinan is ons voertuig, Suzi , soveel meer as net 'n motor. Sy is die voertuig wa...