24/09/2020
Eienaar van Kareekloof Game Farm was ernstig beseer deur n veld brand naby Derby op Saterdag die 12de September 2020.
Leon Prinsloo, wat jare se ervaring het met veld brande, het gaan help met n veld brand op n naburige plaas wat uit gebreek het.
Die winde was baie sterk, en voor hy kon sien was hy deur die vuur oorweldig om hom. Toe hy uit die vuur uit gekom het, het hy meer as 60% van sy lyf tweede graad se brande opgedoen.
Annalize, Leon se vrou, het laat weet dat hy in die hoësorg eenheid is.
Leon is n steun pilaar in die klein gemeente van Derby en bid en d**k aan hom, sy familie en vriende.
Mag hy heeltemal herstel van die traumaties ondervinding.