Fochville Community Forum

Fochville Community Forum STAAN OP STAAN SAAM EN STAAN STERK!! GROEN GAAN DIT DOEN!!

12/05/2026

Phala Phala: Pres. Ramaphosa se rug is teen die muur – betwis na jare die bevindinge van onafhanklike ondersoekpaneel



Mediaverklaring uitgereik deur:

Dr. Corné Mulder

VF Plus-leier

11 Mei 2026



Pres. Cyril Ramaphosa is met sy rug teen die muur. Sy besluit om nou, ná byna vier jaar, die bevindinge van die onafhanklike artikel 89-paneel te betwis, is duidelik ’n desperate poging om homself te red.



Sy terugvegpoging kom nadat die Grondwethof verlede week sy vroeëre beskerming deur die ANC-meerderheid in die parlement weggeneem het.



Dit is duidelik dat die president besef die skild waarmee die ANC hom in Desember 2022 met 214 stemme teen 148 beskerm het, het ineengestort. Sy enigste opsie nou is om terug te veg.



Die president se aansoek om hersiening van die onafhanklike paneel se verslag sal die parlementêre proses vir eers stuit, maar dit verander nie die fundamentele werklikheid dat die Grondwethof beslis het die verslag moet ondersoek word nie.



Hierdie saak gaan duidelik al hoe minder oor die behoud van pres. Ramaphosa persoonlik en al hoe meer oor die behoud van die ANC self.



Wat agter die skerms afspeel, is ’n bittere oorlewingstryd om die siel en die mag van die ANC – ’n stryd waarin selfs magte buite die ANC ’n direkte belang het.



Dit ly geen twyfel nie dat oud-pres. Jacob Zuma homself en sy MK-party as die ware vaandeldraers van die ANC se oorspronklike ideale sien, met die EFF in die rol van ’n radikale jeugliga.



Pres. Ramaphosa moes binne 180 dae ná die onafhanklike paneel se bevindinge op 30 November 2022 besluit het of hy dit wou hersien. Hy het dit nie gedoen nie. Sedert die parlementêre stemming op 13 Desember 2022 het hy eerder probeer om die hele aangeleentheid onder ’n kleed van stilte te begrawe.



Nou, nadat die Grondwethof ’n nuwe wending aan die saak gegee het, kom pres. Ramaphosa na vore en beweer skielik dat die paneelverslag “verskeie foute” bevat.



Hy ontken dat hy enigsins verkeerd of ongrondwetlik opgetree het en beweer die saak word gedryf deur mense wat nie vooruitgang in die land wil sien nie. Hy hou vol dat hy volle samewerking aan die ondersoek gegee het en dat die bewerings bloot hoorsê is.



Die VF Plus glo die waarheid moet uiteindelik uitkom. Die Grondwethof het die weg oopgemaak vir ’n behoorlike ondersoek. Laat daardie proses nou sy gang gaan, sonder verdere vertragingstaktieke.

https://www.facebook.com/share/18gEQzmLNU/
04/05/2026

https://www.facebook.com/share/18gEQzmLNU/

⁉️Bek-en-klouseer: Aksie is nodig; minister gaan dit nie reg praat nie

Mediaverklaring uitgereik deur:

🟢Dr. Wynand Boshoff
VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Landbou

4 Mei 2026

Die VF Plus is versigtig optimisties daaroor dat die minister van landbou, mnr. John Steenhuisen, môre 'n samehangende Artikel 10-plan vir inenting teen bek-en-klouseer sal bekendmaak, soos die hof hom gelas het om te doen.

Dit is in werklikheid reeds ondenkbaar dat dit hierdie roete moes neem.

Private veeartse in Suid-Afrika het 'n magdom van kennis en ervaring rakende aansteeklike siektes. Hulle moes die minister se eerste bron van raad en samewerking met die departement van landbou se staatsveeartse gewees het. Ongelukkig het hy nie die hand wat private veeartsnetwerke uitgesteek het, geneem nie.

Dit is ironies dat Steenhuisen herhaaldelik aanvoer dat hy 'n problematiese departement geërf het en nie dertig jaar se probleme in twee jaar kan oplos nie.

Pleks dat hy die aanbevelings vanuit daardie departement met kundiges in die private sektor kontroleer, het hy oor die afgelope maande 'n leedvermakerige houding ingeneem deur die regsproses te probeer uitrek. Dit is waarom hy op 28 April vanjaar 'n bestraffende kostebevel gekry het om die inentingsplan teen môre bekend te maak.

Intussen het Steenhuisen ook bekendgemaak dat hy kundiges in Brasilië oor die siekte geraadpleeg het. Dit is sekerlik in orde om by ander lande wat die siekte reeds suksesvol bestry het, te leer, maar hoekom is hy nie bereid om by kundiges in sy eie land te leer nie? Hulle ken immers die plaaslike omstandighede veel beter en het bygedra tot die bek-en-klouseervrye status wat Suid-Afrika vir dekades geniet het.

Die indruk wat 'n mens kry, is dat die huidige minister 'n voorkeur het vir probleme wat hy kan reg praat. Daarom besoek hy graag oorsese markte om toegang vir Suid-Afrikaanse produkte te onderhandel. Dit is ongetwyfeld positief, solank produksie in Suid-Afrika self aan internasionale vereistes voldoen.

'n Siekte soos bek-en-klouseer laat dit nie reg praat nie. Dit vereis doelgerigte, kundige aanbevelings en die implementering daarvan.

Hierdie siekte was reeds 'n probleem toe Steenhuisen minister geword het. Met die regte optrede kon hy vandag die held van landbou gewees het, pleks daarvan om deur talle rolspelers geminag te word.

Navrae: 074 166 5540

13/03/2026

More More!!
Ons gaan more Oggend om 07H30 n fazebo opslaan by die parkeer terrein van SAVF (Ouetehuis in Amirilla)
Ons wil mense help om te registreer vir die verkiesing en ook aansoekvorms invul.Kom ons maak n groot Groen golf en kry almal betrokke asb.30min van jou tyd is nie baie.Sien ons julle daar?👍👎
Good day All!
We will be at the entrance of the Old Age Home on Saturday 14 March at the parking area,Come and join us to see if you're registered to vote or change address
See you there at 08H00

03/03/2026

Good evening All!!
We will start Thursday morning at 07H00 to re - erect the Stopsigns in Steyn street starting at cnr Steyn/Bosman moving up in Steyn street
Please feel free to join us to fix Fochville again.This is only one of the planned projects!!
All donations/ contributions are welcome!!

20/02/2026

Goeie middag almal
Net n reminder dat ons more oggend gou so Groen Golf wil gaan hou by die ingang van Kokosi,sal veilig wees en sekuriteit teenwoordig.Sal waardeer as julle net n draai sal maak met of sonder jou T h**p aan,Ons wil Sigbaar wees !!
Al draai jy net daar vir 30 minute dit sal help
Dui aan met👍👎of ons julle sien,dit gaan van 07H30 -12H00 wees
Dankie

20/02/2026
18/02/2026

Good evening All
We will be at the entrance of Kokosi on Saturday 21st from 08H00-12H00
Are you registered at IEC for Voting day 4th November 2026?
Do you know your ward?
Did you move and want to change your address?
We will help you with all of this
Come and join us and get your free TShirt!!

17/02/2026
03/02/2026

DIE BLOU LEUEN EN DIE DOOD IN DIE KRAAL

Die stank van brandende karkasse hang oor die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Dit is nie die reuk van 'n braaivleisvuur nie, my volk. Dit is die reuk van knegskap. Dit is die reuk van 'n erfenis wat uitgewis word omdat ons ons lot in vreemde hande gelos het.

Terwyl jy hier lees, staan 'n boer êrens in Humansdorp of Vryheid met 'n geweer in sy hand. Hy kyk nie na 'n plaasaanvaller nie. Hy kyk in die oë van sy prysos, sy melkkoeie, sy trots, die resultaat van generasies se teelwerk. En hy trek die sneller. Nie omdat hy wil nie, maar omdat die Eenheidstaat hom geen keuse gelaat het nie.

Bek-en-Klouseer trek soos 'n veldbrand deur ons land. Maar die ware siekte sit nie in die dier se bek nie. Die ware siekte sit in die gemengde regering in Pretoria wat d**k dat politieke kompromieë 'n virus kan stop.

DIE ONDERSTEPOORT SKANDE
Daar was 'n tyd toe Onderstepoort die wêreld se afguns was. Hoekom? Want dit was ONS wetenskap, gedryf deur ONS standaarde, vir ONS landbou. Ons voorouers het geweet dat om 'n boer te wees, beteken jy moet soewereiniteit oor jou eie kennis hê.

Vandag? Onderstepoort Biologiese Produkte is 'n leë dop, gestroop van sy kundigheid in die naam van transformasie. Die masjiene staan, en die yskaste is leeg. Daar is geen entstof vir Bloutong nie. Daar is geen entstof vir Perdesiekte nie. En nou, terwyl BKS ons kuddes afmaai, is die staatskas leeg en die laboratoriums stil.

Hulle het 'n monopolie op ons diere se gesondheid geneem, maar hulle het nie die vermoë, of die wil, om dit te bestuur nie. Hulle dwing ons om bedelaars te wees vir medisyne wat ons eie mense eens self vervaardig het.

DIE "BLASÉ" MINISTER EN SY BLOU DAS
Ons is vertel dinge sou verander. "Stem reg," het die liberale gesê. "Die Eenheidsregering sal die skip draai." En daar sit John Steenhuisen nou, Minister van Landbou. Die wit gesig wat legitimiteit moet gee aan 'n stelsel wat reeds geval het.

En wat het werklik verander? Terwyl ons beeste vrek, sit hy in vergaderings met mense wat nie 'n verskil ken tussen 'n bees en 'n bok nie. Hy stig "taakspanne". Hy reik persverklarings uit oor "biosekuriteit" en "samewerking".

John, luister mooi: 'n Taakspan stop nie 'n virus nie. 'n Persverklaring betaal nie die bank as die kraal leeg is nie.

Die waarheid wat die DA nie vir jou wil sê nie, is dat hulle magteloos is. Steenhuisen is 'n gyselaar in 'n pak klere. Hy kan nie die onbevoegde kadres afdank wat die entstof-fabriek laat verval het nie, want die stelsel beskerm hulle. Hy kan nie die grense beheer nie, want die polisie dien 'n ander meester.

Hy bestuur nie die oplossing nie, hy bestuur bloot ons ondergang sodat dit "ordelik" lyk. Hy is die buffer wat ons kalm moet hou terwyl ons sektor sterf. Sy stilswye is nie diplomasie nie, dit is medepligtigheid.

DIE BOER SE ANTWOORD
My volk, hou op kyk na die regering vir hulp. Die mite dat ons "saam" hierdie land kan bou, lê dood in die kraal. Of die Minister geel, groen of blou dra, die resultaat bly dieselfde: Jou plaas is jou eie koninkryk, of dit is niks.

Die staat het sy kontrak met ons verbreek. As hulle nie entstof kan voorsien nie, moet ons ons eie laboratoria bou. As hulle nie die "Rooilyn" kan polisieer nie, moet ons ons eie grense trek en bewaak.

Hulle wil ons afhanklik hou. Hulle wil hê ons moet smeek vir permitte terwyl die siekte ons ekonomiese mag vernietig. Want 'n arm boer is 'n mak boer.

Genoeg is genoeg. Ons soek nie meer vergaderings nie. Ons soek nie meer die vals gerusstelling van "nasionale eenheid" terwyl ons as 'n minderheid stelselmatig uitgewis word nie.

Die les uit die karkas-hope is duidelik: Net 'n Boer kan 'n Boer red.

Deel hierdie berig as jy weier om toe te kyk hoe ons voedselsekerheid en ons toekoms vernietig word deur politieke onbevoegdheid. Die tyd vir mooi broodjies bak is verby. Ons bou self, of ons vrek saam.

Address

Fochville

Telephone

+27837787951

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Fochville Community Forum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share