Hoërskool Garsfontein

Call Directions Website Contact the organization

Hoërskool Garsfontein Hoërskool Garsfontein - Pretoria East, South Africa

GARSIE-KRIEKETGarsfontein O/14A behaal ’n oortuigende oorwinning teen Cornwall Hill College O/14A met 159 lopies en ’n b...
23/10/2026

GARSIE-KRIEKET

Garsfontein O/14A behaal ’n oortuigende oorwinning teen Cornwall Hill College O/14A met 159 lopies en ’n bonuspunt!

Garsies: 237/7 (45 beurte)
Cornwall: 79/10 (18 beurte)

23/10/2026
23/10/2026

Ons koor was bevoorreg om deel te wees van die opname van “Pa vir Kersfees”, gesing deur Ruhan du Toit.

’n Lied oor heldedade, opoffering en die mense wat agterbly. ’n Huldeblyk wat herinner aan die ware betekenis van moed, liefde en verlies.

🎬 Gaan kyk nou na die musiekvideo en beleef hierdie besonderse lied self.

Die jaarlikse Koordinee by Loft at Nine was ’n spoggeleentheid en ’n besondere hoogtepunt op die koorkalender.✨Tydens di...
22/10/2026

Die jaarlikse Koordinee by Loft at Nine was ’n spoggeleentheid en ’n besondere hoogtepunt op die koorkalender.✨

Tydens die aand is daar afskeid geneem van die uittredende Koorraad, terwyl die nuwe Koorraad vir 2027 amptelik bekendgestel is.

Baie geluk aan Lyla Jordaan (Hoofdogter) en Baraka Zando (Hoofseun). Mag die jaar wat voorlê gevul wees met mooi musiek, groei en besondere hoogtepunte!

Wat 'n ongelooflike aand!

GARSIE-SWEM SKITTER BY DIE MENLO-UITNODIGINGSGALA! 🏊‍♂️Garsie-swem het besonder goed presteer tydens die Menlo-uitnodigi...
22/10/2026

GARSIE-SWEM SKITTER BY DIE MENLO-UITNODIGINGSGALA! 🏊‍♂️

Garsie-swem het besonder goed presteer tydens die Menlo-uitnodigingsgala en verskeie medaljes ingepalm. Baie geluk aan ons swemmers met hul uitstekende prestasies!

🥇 GOUD
• Mikaela Lots: 50 m vryslag en 50 m vlinderslag (O/14-meisies)
• Zadok Meyer: 50 m vryslag (O/15-seuns)
• Frans Coetzee: 50 m vlinderslag (O/15-seuns)
• Zadok Meyer, Benje Kruger, Diaan Roos en Lenco Steyn: 4 × 50 m vryslagaflos (O/15-seuns)

🥈 SILWER
• Zadok Meyer: 50 m vlinderslag (O/15-seuns)
• Zadok Meyer, Benje Kruger, Diaan Roos en Lenco Steyn: 4 × 50 m wisselslagaflos (O/15-seuns)

🥉 BRONS
• Frans Coetzee: 100 m vryslag (O/16-seuns)
• Benje Kruger: 50 m vlinderslag (O/15-seuns)
• Michaela Lots, Tischke Rischmuller, Aimee McClaughlin en Lia Basson: 4 × 50 m vryslagaflos (O/14-meisies)
• Frans Coetzee, Morné Beukes, Stephan Prinsloo en Franco Mayhew: 4 × 50 m vryslagaflos (O/16-seuns)

Baie geluk aan elke swemmer met hierdie puik prestasies. Julle maak ons trots!

📢GRAAD 8 2027 OUERINLIGTINGSAAND Datum: 18 November 2026Tyd: 18:00 vir 18:30Plek: NG ValleisigOns sien uit om U by die G...
21/10/2026

📢GRAAD 8 2027 OUERINLIGTINGSAAND

Datum: 18 November 2026
Tyd: 18:00 vir 18:30
Plek: NG Valleisig

Ons sien uit om U by die Garsie-familie te verwelkom.🩵

WILDEKLAWER NWU TOP 30 | 🏆Ons atlete het tydens die Wildeklawer NWU Top 30-byeenkoms uitstekende prestasies behaal en ge...
21/10/2026

WILDEKLAWER NWU TOP 30 | 🏆

Ons atlete het tydens die Wildeklawer NWU Top 30-byeenkoms uitstekende prestasies behaal en gewys hoeveel harde werk, toewyding en groei daar agter elke prestasie lê.

Die vordering vanaf 2025 na 2026 is besonders! In 2025 het ons dogters en seuns albei 25ste geëindig, terwyl die span algeheel 21ste geëindig het. Vanjaar het Garsies in al drie kategorieë tot die 9de plek opgeskuif! Dit is ’n merkwaardige verbetering en ’n bewys van die groei en ontwikkeling van ons atletiekprogram.

𝐎𝐧𝐬 𝐦𝐞𝐝𝐚𝐥𝐣𝐞 𝐰𝐞𝐧𝐧𝐞𝐫𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝟐𝟎𝟐𝟔:

🥇 GOUD
• Lohan de Lange – Spiesgooi (rekord)
• Annebelle vd Mecht – Spiesgooi
• Allené Theunissen – Spiesgooi
• Niela Gerson – Spiesgooi
• Fortune Cletus-Okolo – Diskus
• Megan Maree – 100 m-hekkies (o.19)
• Lisa du Plessis – Hoogspring
• Seuns o.17 – 4 × 400 m-aflos

🥈 SILWER
• Megan Maree – 100 m (o.19)
• Gené de B**r – Verspring

🥉 BRONS
• Heinrich Weiss – Spiesgooi
• Fortune Cletus-Okolo – Gewigstoot
• Allené Theunissen – Verspring
• Ajanda Nel – Verspring

𝑀𝑒𝑡 ’𝑛 𝑡𝑜𝑡𝑎𝑎𝑙 𝑣𝑎𝑛 14 𝑚𝑒𝑑𝑎𝑙𝑗𝑒𝑠: 8 𝑔𝑜𝑢𝑑, 2 𝑠𝑖𝑙𝑤𝑒𝑟 𝑒𝑛 4 𝑏𝑟𝑜𝑛𝑠, 𝑖𝑛𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡𝑒𝑛𝑑 ’𝑛 𝑟𝑒𝑘𝑜𝑟𝑑 𝑖𝑛 𝑠𝑝𝑖𝑒𝑠𝑔𝑜𝑜𝑖 𝑑𝑒𝑢𝑟 𝐿𝑜ℎ𝑎𝑛 𝑑𝑒 𝐿𝑎𝑛𝑔𝑒, ℎ𝑒𝑡 𝑜𝑛𝑠 𝑎𝑡𝑙𝑒𝑡𝑒 𝑏𝑎𝑖𝑒 𝑜𝑚 𝑜𝑝 𝑡𝑟𝑜𝑡𝑠 𝑡𝑒 𝑤𝑒𝑒𝑠!

Baie geluk aan elke atleet en afrigter met hierdie besondere prestasies.
Die groei wat ons hierdie jaar sien, maak ons opgewonde oor wat die 2027-atletiekseisoen gaan inhou!

📸’n Spesiale dankie aan fotograaf, Gerrit van der Linde.

GARSIE-KRIEKET |Die Garsfontein 1A-Ysbere behaal ’n puik oorwinning teen Menlopark 1A en wen met 73 lopies, asook ’n bon...
19/10/2026

GARSIE-KRIEKET |

Die Garsfontein 1A-Ysbere behaal ’n puik oorwinning teen Menlopark 1A en wen met 73 lopies, asook ’n bonuspunt!

Garsies - 303 vir 8 in 50.
Menlo - 230 vir 10 in 41.

Baie geluk aan ons Ysbere!

GARSIE-KRIEKET | Die Garsfontein 1B-Ysbere behaal ’n puik oorwinning teen Midstream 1B en wen met 8 paaltjies, asook ’n ...
19/10/2026

GARSIE-KRIEKET |

Die Garsfontein 1B-Ysbere behaal ’n puik oorwinning teen Midstream 1B en wen met 8 paaltjies, asook ’n bonuspunt!

Midstream 1B: 89/10
Garsfontein 1B: 90/2

Baie geluk aan ons Ysbere!

GARSIE-SAGTEBAL | LIGAPRESTASIESBaie geluk aan ons sagtebalspanne met hul puik prestasies in die liga!Ons O/16-dogters h...
19/10/2026

GARSIE-SAGTEBAL | LIGAPRESTASIES

Baie geluk aan ons sagtebalspanne met hul puik prestasies in die liga!

Ons O/16-dogters het Saterdag algeheel tweede in hul liga geëindig, terwyl ons O/15-dogters ’n algehele vierde plek behaal het.

Ons is trots op al ons spelers se harde werk, toewyding en spanwerk. Baie geluk aan albei spanne!

Address

Rolina Str
Garsfontein

Opening Hours

Monday 07:00 - 02:00
Tuesday 07:00 - 02:00
Wednesday 07:00 - 02:00
Thursday 07:00 - 02:00
Friday 07:00 - 02:00

Telephone

+27129986096

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Garsfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Garsfontein:

Shortcuts

Share

Category