31/08/2026
Môreson se nuwe bus is hier!
Wat ’n ongelooflike voorreg! Ons is baie dankbaar vir ons nuwe bus – iets wat dringend nodig was om ons kinders elke dag veilig skool toe en terug te vervoer.
’n Groot, opregte DANKIE aan Commercial Auto & Bus – Michael, Lizzy en Sizwe vir julle hulp en ondersteuning om hierdie groot behoefte ’n werklikheid te maak.
Dankie ook aan Sign Wonder en Loock Designs vir julle aandeel om ons nuwe bus so mooi en eg Môreson te laat lyk.
Vir baie mense is dit net ’n bus. Vir ons beteken dit veilige vervoer, toegang tot skool en nog ’n manier waarop ons ons kinders kan ondersteun op pad na ’n beter toekoms.
Ons waardeer elke persoon en besigheid wat ’n hand uitsteek om ’n verskil in ons kinders se lewens te maak.