Hoërskool Outeniqua (Kwaggas)

Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) Nuutste nuus en gebeure in Kwaggaland.

Hoërskool Outeniqua is ‘n openbare skool wat daarna streef om:
waardegedrewe, gebalanseerde en kwaliteit opvoeding aan leerders te bied en
hulle as verantwoordelike en trotse landsburgers voor te berei.

Ons Graad 11 Ontwerp- en Visuele Kunste-leerders het op 19, 20 en 21 Augustus die geleentheid gehad om ’n inspirerende m...
03/09/2026

Ons Graad 11 Ontwerp- en Visuele Kunste-leerders het op 19, 20 en 21 Augustus die geleentheid gehad om ’n inspirerende mosaïekwerkswinkel by Rosenhof by te woon.

Tydens die werkswinkel kon die leerders ’n nuwe kreatiewe vaardigheid aanleer, praktiese ervaring opdoen en natuurlik hul eie unieke kreatiwiteit laat blom.

Die beste deel? Die mosaïekwerke wat tydens die werkswinkel geskep is, kom terug Kwaggaland toe waar dit gebruik gaan word om ons skoolterrein te verfraai. 💜💛🖤

Só word kuns meer as net ’n projek, dit word deel van ons skool en iets wat nog lank geniet kan word.

Ons sien uit daarna om die finale kunswerke op die terrein te sien!

Baie geluk aan drie van ons talentvolle Graad 10 Visuele Kunste-leerders wat as wenners in die M&G Stationers Kunskompet...
03/09/2026

Baie geluk aan drie van ons talentvolle Graad 10 Visuele Kunste-leerders wat as wenners in die M&G Stationers Kunskompetisie aangewys is!

🟠 Rori Goliath – 1ste plek (Foto 1) 🥇
🔵 Luka Groenewald – 2de plek (Foto 3)
🔴 Megan van der Heyde – 3de plek (Foto 2)

Elke leerder het ’n propvol geskenkpakkie van M&G Stationers ontvang, gevul met skryfbehoeftes en kunsmateriale waarmee hulle hul kreatiwiteit verder kan uitleef.

Mooi so, Kwaggas!

SWEMVeneske Steenkamp, Alice Esterhuyse en Isabeau Coetsee het van 28-30 Augustus 2026 aan die 2 de Grand Prix Gala in S...
02/09/2026

SWEM

Veneske Steenkamp, Alice Esterhuyse en Isabeau Coetsee het van 28-30 Augustus 2026 aan die 2 de Grand Prix Gala in Somerset-Wes deelgeneem. Dié swemgala is in ‘n oop ouderdomskategorie aangebied en is daar op hoë vlak meegeding.

Ons Kwaggas het baie goed gevaar en hul uitslae is as volg:

🔹Veneske Steenkamp:
7 Items
1 PB💥
• 4 de plek (400 Vryslag)
• 5 de plek (100 Vlinderslag)
• 6 de plek (200 Vlinderslag)
• 9 de plekke (50 Vlinderslag & 100 Vryslag)
• 10 de plek (200 Vryslag)
• 12 de plek (50 Vryslag)

🔹Alice Esterhuyse:
7 Items
5 PB's💥
• 8 ste plek (100 Rugslag)
• ⁠9 de plek (200 Rugslag)
• ⁠11 de plek (200 Vryslag)
• ⁠15 de plek (50 Rugslag)
• ⁠17 de plek (50 Vryslag)
• ⁠20 ste plek (50 Vlinderslag)
• ⁠28 ste plek (100 Vryslag)

🔹Isabeau Coetsee:
7 Items
5 PB’s💥
• 1 ste plekke (50, 100 & 200 Rugslag)
• ⁠2 de plek (200 Vryslag)
• 3 de plekke (50 & 100 Vlinderslag)
• ⁠4 de plek (100 Vryslag)
⚡️Rekords:
• 3 x Wes-Kaap Rekords (SCM - Short Course Meters):
50, 100 & 200 Rugslag
• 4 x Eden Rekords (SCM):
200 Vryslag, 100 Rugslag, 200 Rugslag & 100 Vlinderslag

Baie geluk Kwaggas julle het uitstekend gevaar! Julle maak ons trots.💦

Op die foto v.l.n.r.: Alice, Veneske en Isabeau

𝗘𝗱𝗲𝗻 𝗺𝗮𝗻𝘀 𝗵𝗼𝗸𝗸𝗶𝗲𝗹𝗶𝗴𝗮 𝟮𝟬𝟮𝟲Twee van ons eerstespan seuns, Johnny Behrens en Danny Busse het saam met Outeniqua onderwyser,...
02/09/2026

𝗘𝗱𝗲𝗻 𝗺𝗮𝗻𝘀 𝗵𝗼𝗸𝗸𝗶𝗲𝗹𝗶𝗴𝗮 𝟮𝟬𝟮𝟲

Twee van ons eerstespan seuns, Johnny Behrens en Danny Busse het saam met Outeniqua onderwyser, mnr. Niel Smit, die afgelope naweek saam met hulle Crusaders klubspan die Eden Mens Hockey League kampioenskap vir 2026 gewen.

Baie geluk, ons is baie trots op julle.

BUITESPORT: Elephants Franchise - Indoor-hokkietoernooi.Dié binnehuise toernooi het vanaf 28-30 Augustus in Oudtshoorn p...
02/09/2026

BUITESPORT: Elephants Franchise - Indoor-hokkietoernooi.

Dié binnehuise toernooi het vanaf 28-30 Augustus in Oudtshoorn plaasgevind.

Outeniqua bied nie tans binnehuise hokkie as 'n skoolsport aan nie, maar baie van ons leerders speel vir die onderskeie PSI spanne in die Eden distrik. Die seuns is op ouers se inisiatief ingeskryf vir die toernooi en het puik gevaar. Die seuns het teen skole soos Paarl Boys High, Langenhoven Gimnasium, Volkskool, Struisies en Knysna gespeel.

Die Sailants-span het bestaan uit Kwagga o.16A spelers. Hulle het in die finaal met een doel verloor en het die silwer medalje gekry.

Die Hornets-span het hoofsaaklik bestaan uit Kwagga
o.16B spelers plus twee spelers van York. Hulle het derde geëindig en het die brons medalje gewen.

Die Hornets is ook as die algehele derde beste span van die toernooi aangewys uit al die ouderdomsgroepe, (beide seuns en dogters), as gevolg van hul goeie gedrag en stiptelikheid, terwyl Xander van Wyk aangewys was as die doelwagter van die toernooi.

KWAGGA-TENNIS SKITTER BY SUN CITY! Wat ’n toer en wat ’n prestasie! Hoërskool Outeniqua se seuns- én meisiespanne het hu...
02/09/2026

KWAGGA-TENNIS SKITTER BY SUN CITY!

Wat ’n toer en wat ’n prestasie! Hoërskool Outeniqua se seuns- én meisiespanne het hul onderskeie afdelings by die Sun City-toernooi gewen! 🏆

Hierdie onvergeetlike geleentheid sou egter nie moontlik gewees het sonder ’n besondere gemeenskap van borge, families en ondersteuners nie.

Ons opregte dank aan:

💜 𝗗𝗶𝗲 𝗩𝗮𝗻 𝗱𝗲𝗿 𝗦𝗰𝗵𝘆𝗳𝗳-𝗳𝗮𝗺𝗶𝗹𝗶𝗲 vir die reël van die jagnaweek-borgskap, moontlik gemaak deur Dagbreek Eiers en Ouklip Karoo Hunting.

💛 𝗗𝗶𝗲 𝗠𝗶𝗷𝗮𝘁𝗼𝘃𝗶𝗰-𝗳𝗮𝗺𝗶𝗹𝗶𝗲 vir die borgskap deur AUMA South Africa, wat die seuns se klere, ’n finansiële bydrae, vervoer in Sun City én spesiale geskenksakke vir elke speler en onderwyser geborg het. Dankie ook vir die reël van die tweede lootjieprys deur Skin Logic.

💜 𝗗𝗶𝗲 𝗟𝘂𝘁𝘀𝗰𝗵-𝗳𝗮𝗺𝗶𝗹𝗶𝗲 vir die reël van Andy Shearman se ruim kontantdonasie.

💛 𝗗𝗶𝗲 𝗞𝗶𝗿𝘀𝘁𝗲𝗶𝗻-𝗳𝗮𝗺𝗶𝗹𝗶𝗲 vir die skenking van ’n bees en die omskakeling daarvan in ’n geldelike bydrae tot die toer.

💜 𝗛𝗼𝗲̈𝗿𝘀𝗸𝗼𝗼𝗹 𝗢𝘂𝘁𝗲𝗻𝗶𝗾𝘂𝗮 𝘀𝗲 𝗕𝗲𝗺𝗮𝗿𝗸𝗶𝗻𝗴𝘀𝗸𝗮𝗻𝘁𝗼𝗼𝗿 vir die reël van ’n anonieme borg vir die meisies se sportklere.

Aan 𝗗𝗮𝗴𝗯𝗿𝗲𝗲𝗸 𝗘𝗶𝗲𝗿𝘀, 𝗢𝘂𝗸𝗹𝗶𝗽 𝗞𝗮𝗿𝗼𝗼 𝗛𝘂𝗻𝘁𝗶𝗻𝗴, 𝗔𝗨𝗠𝗔 𝗦𝗼𝘂𝘁𝗵 𝗔𝗳𝗿𝗶𝗰𝗮, 𝗦𝗸𝗶𝗻 𝗟𝗼𝗴𝗶𝗰, 𝗔𝗻𝗱𝘆 𝗦𝗵𝗲𝗮𝗿𝗺𝗮𝗻, ons anonieme borg en elke familie en ondersteuner wat ’n rol gespeel het: 𝗕𝗔𝗜𝗘 𝗗𝗔𝗡𝗞𝗜𝗘!

Julle ondersteuning het veel meer as net ’n tennistoer moontlik gemaak, julle het vir ons Kwaggas ’n ervaring gegee wat hulle nog lank sal onthou.

En aan ons spelers en afrigters: geluk met ’n uitstekende toernooi! 💛💜🖤

Na ‘n lang 2026 🏑hokkie seisoen wat op ‘n hoogtepunt afgesluit is, is dit altyd lekker om erkenning te gee aan ‘n paar 1...
02/09/2026

Na ‘n lang 2026 🏑hokkie seisoen wat op ‘n hoogtepunt afgesluit is, is dit altyd lekker om erkenning te gee aan ‘n paar 1ste span spelers wat bestendig hulle kant dubbel en dwars gebring het vir die span. Ons wil graag hierdie spelers die erkenning gee vir kondisionering werk wat ingesit is agter die skerms vêr van die astro af.

Ons drie kondisionering hoekpilare vir die jaar se voorlopers was as volg:

𝟭𝘀𝘁𝗲 𝗦𝗽𝗮𝗻 🏑𝗦𝗲𝘂𝗻𝘀:

Beste kondisionering bywoning oor die afgelope seisoen: Ruben Barnard & Len Liddell

Beste STRAVA uitdaging gedurende Desember & Januarie km’s: Johnny Behrens

Beste Fiksheid uitslag: Quintus Lutsch

𝟭𝘀𝘁𝗲 𝗦𝗽𝗮𝗻 🏑𝗗𝗼𝗴𝘁𝗲𝗿𝘀:

Beste kondisionering bywoning oor die afgelope seisoen: Izelle Conradie

Beste STRAVA uitdaging gedurende Desember & Januarie km’s: Emma Raubenheimer

Beste Fiksheid uitslag: Suané Koegelenberg

Uitstekende werk Kwaggas! En dankie vir die standaarde wat julle gestel het vir 2027!

Ons O.17 sewes rugbyspan het die afgelope naweek uitstekende rugby by die First Choice Invitational op Humansdorp gelewe...
01/09/2026

Ons O.17 sewes rugbyspan het die afgelope naweek uitstekende rugby by die First Choice Invitational op Humansdorp gelewer en met vyf oorwinnings uit ses wedstryde tot in die finaal gevorder! 🔥

Die Kwaggas se uitslae:
• Outeniqua 26–7 Bergsig
• Outeniqua 29–5 Framesby
• Outeniqua 48–0 St Stithians
• Outeniqua 31–10 Marlow — Kwarteindstryd
• Outeniqua 19–10 Paarl Gimnasium — Halfeindstryd
• Outeniqua 5–41 HJS Paarl — Finaal

🥈 Kwaggas stap weg met die silwer medalje!

Baie geluk aan ons spelers en afrigters met ’n puik toernooi. Ons is baie trots op julle!

Ons O.14 Sewesspan het die naweek die Kwagga-kleure met trots verteenwoordig by die Jayden Nell 7’s-toernooi in Durbanvi...
01/09/2026

Ons O.14 Sewesspan het die naweek die Kwagga-kleure met trots verteenwoordig by die Jayden Nell 7’s-toernooi in Durbanville en die dag sterk afgesluit as Plaatwenners! 🏆

Die uitslae:

HJS Paarl — verloor 5–19
Tygerberg — wen 24–5
Brackenfell — wen 40–12
Kwartfinaal: Paarl Gim — verloor 5–26
Plaat-semifinaal: HTS Bellville — wen 43–0
🏆 Plaatfinaal: Hoërskool Bellville — wen 55–0

Ons sluit die toernooi af met 98 punte aangeteken en geen punte afgestaan in die twee Plaatwedstryde nie! Baie geluk aan elke speler en afrigter, julle maak ons trots!

Ons digters het pragtig presteer in die nasionale Netwerk24-poësiekompetisie.Stefan Venter is vierde. Chrisna Strydom en...
01/09/2026

Ons digters het pragtig presteer in die nasionale Netwerk24-poësiekompetisie.

Stefan Venter is vierde. Chrisna Strydom en Theandri Pieterse het in die 80 tot 89%-kategorie uitgeblink.

Ons onderwysers het ook nie op hulle laat wag nie. Juf. van Santen is as die nasionale wenner aangewys, juf. Celesti du Plessis beklee ’n allemintige tweede plek en mnr. Naas Gibson is vierde.

Baie geluk, Kwaggas! 💛💜🖤

Address

Courtenay Street
George
6530

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30

Telephone

+27448744156

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Outeniqua (Kwaggas):

Shortcuts

Share