Narsingstraat Primêre Skool

Narsingstraat Primêre Skool A public primary school based in Asheville, Graaff-Reinet, Eastern Cape, South Africa. Afrikaans medium school from Grade R to 7.

We have a hostel that accommodates both boys and girls. The school was established on 1988

Insekte🐝🐞🐜🦋Die Graad 3’s het hierdie kwartaal van Insekte en herwinning geleer en het groot pret gehad om hul Insek of d...
02/06/2026

Insekte🐝🐞🐜🦋

Die Graad 3’s het hierdie kwartaal van Insekte en herwinning geleer en het groot pret gehad om hul Insek of dier te maak met herwinbare materiaal".

Dit was absoluut wonderlik om te sien hoe leerders met soveel entoesiasme en selftroue hulle insek of dier aan klas wys. Hierdie aktiwiteit het leerders die geleentheid gebied om hul kreatiwiteit uit te leef.

Dit is sulke oomblikke wat leer sommer baie lekker maak.

🏐Netbalnuus🏐Ons netbalspanne het op 14 Mei 2026 teen Kroonvale Primêre Skool deelgeneem in ‘n middag vol energieke en me...
02/06/2026

🏐Netbalnuus🏐

Ons netbalspanne het op 14 Mei 2026 teen Kroonvale Primêre Skool deelgeneem in ‘n middag vol energieke en mededingende wedstryde.

Beide skole het goeie karakter, goeie spel, sterk verdediging, goeie balbeweging en netjiese afronding in die doelkring getoon tot die eindfluitjie geblaas was.

Uitslae was as volg: ( NPS eerste)
O/9: 1-4
O/10: 3-1
O/11: 4-3
O/12: 6-1
O/13: 4-7

02/06/2026

Baie geluk aan ons Netbalspanne!

Narsingstraat se o/12- en o/13-netbalspanne het op 30 Mei 2026 die Beyers Naudé-spanne met trots verteenwoordig tydens die Sarah Baartman-uitkloprondes.

Albei spanne het hul beste gelewer en hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Ons is besonder trots op die o/12-span wat suksesvol deurgedring het na die Oos-Kaap-rondte, wat op 12 Junie 2026 in die stad Oos- London plaasvind.

Baie geluk aan al die spelers en afrigters met hierdie besondere prestasie. Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë werp beslis vrugte af.

'n Hartlike woord van dank ook aan al die ouers vir hul voortdurende ondersteuning, aanmoediging en opofferings. Julle ondersteuning speel 'n belangrike rol in die ontwikkeling van ons jong sportsterre.

Ons wens die o/12-span alle sterkte toe vir die Oos-Kaap-rondte. Mag julle voortgaan om Beyers Naudé met trots te verteenwoordig!

Baie geluk en sterkte vir die pad vorentoe! 🏐🏆

Thank You for Your SponsorshipWe would like to express our sincere gratitude to Mr. Warren Onverwaght, who sponsored our...
02/06/2026

Thank You for Your Sponsorship

We would like to express our sincere gratitude to Mr. Warren Onverwaght, who sponsored our netball teams. Your generosity has helped our players played with pride and confidence this weekend.

A special thank you for the donation of socks; your kindness has made a real difference to our team and is greatly appreciated by the players, coaches, and parents.

Thank you for believing in our team and investing in our future. 💙💛🏐

From the Narsingstraat Primary School Netball U/12 and U/13 Teams

🏐🏐Netbalnuus🏐🏐Op 21 Mei 2026 het ons dogters netbal wedstryde gespeel teen Isibane Primary School. Die uitslae is asvolg...
02/06/2026

🏐🏐Netbalnuus🏐🏐

Op 21 Mei 2026 het ons dogters netbal wedstryde gespeel teen Isibane Primary School.

Die uitslae is asvolg:
O/11 wen 3-0
O/12 wen 6-4
O/13 web 7/4

Sportwedstryde teen LVSOp Dinsdag, 26 Mei 2026, het ons skool aan netbal- en rugbywedstryde teen LVS deelgeneem. Die spe...
02/06/2026

Sportwedstryde teen LVS

Op Dinsdag, 26 Mei 2026, het ons skool aan netbal- en rugbywedstryde teen LVS deelgeneem. Die spelers het die geleentheid geniet om hul talente ten toon te stel en hul vaardighede op die sportveld te ontwikkel.

Al die deelnemers het goeie sportmangees, deursettingsvermoë en spanwerk getoon. Ons is trots op elke speler wat hul skool met trots verteenwoordig het en hul beste gelewer het.

Baie dankie aan die afrigters, personeel en ouers vir hul ondersteuning en aanmoediging. Julle bydrae maak hierdie geleenthede moontlik en help om ons leerders se sportervaring te verryk.

Baie geluk aan al die spelers met hul deelname en entoesiasme. Ons sien uit na nog baie suksesvolle sportgeleenthede gedurende die seisoen. 🏉🏐👏

Netbal uitslae is as volg:
O/8A verloor 4-6
O/9A wen 5-2
O/10A verloor 3-5
O/11A verloor 4-5
O12A wen 8-3 O/13B
O/13A wen 13-11

GrowSmart refleksieOp Maandag, 25.05.2026 het 9 van ons leerders aan die GrowSmart kompetisie wat in Kirkwood plaasgevin...
27/05/2026

GrowSmart refleksie

Op Maandag, 25.05.2026 het 9 van ons leerders aan die GrowSmart kompetisie wat in Kirkwood plaasgevind het, deelgeneem.

Ons leerders het aand drie afdelings deelgeneem naamlik: Wiskunde, English Literacy & Writing.

Alhoewel die kompetisie slegs in Engels aangebied word, het die leerders hulle goed van hul taak gekweit.

In die Wiskunde en English Literacy afdeling het die leerders derde plek behaal en die English Writing se uitslae is nog nie bekend gemaak nie.

Die skool is trots op die volgende leerders wat deelgeneem het:

Wiskunde Afdeling:
Juadre Martins
Yolani September
Ruwandi Van de Berg

English Literacy :
Octavia Bantom
Asherene Smith
Anisha Stuurman

English Writing:
Feruschca Jacobs
Chardane Jantjies
Petronique Adams

💙💛

Belangrike Akademiese aankondiging📢Geagte Ouers/VoogdeNeem asseblief kennis van die eksamen datums en reëlings vir verda...
25/05/2026

Belangrike Akademiese aankondiging📢

Geagte Ouers/Voogde

Neem asseblief kennis van die eksamen datums en reëlings vir verdaag tye.
Die eksamen begin oor n week, Maandag, 01.06.2026.

Ons versoek dat die leerders asseblief elkedag in die skool moet wees tensy die skool in kennis gestel word. Leerders het elkedag werk om te leer. Ons doen dus versoek op ons ouers om toe te sien dat die leerders elkedag hulle werk nasien.

Byvoorbaat dankie vir u samewerking in die verband.

Kennis is MAG. 💛💙

Op 12-05-26 het 4 van ons Skool Se Netbal spanne meegeding teen Graaff-Reinet Primer in Liga wedstryde.Die speelsters he...
15/05/2026

Op 12-05-26 het 4 van ons Skool Se Netbal spanne meegeding teen Graaff-Reinet Primer in Liga wedstryde.
Die speelsters het puik netbal in die baie sterk wind gespeel. Baie doele is aangeteken.

Welgedaan! Die uitslae is as volg:

14/05/2026

Address

Narsingstraat
Graaff-Reinet
6281

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Narsingstraat Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Narsingstraat Primêre Skool:

Share

Category