Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad

Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad PJ Olivier is die enigste Afrikaansmedium skool in Makhanda (Grahamstad).

Dit is 'n akademiese skool wat Graad 0 tot 12 leerders in klein klasgroepe akkommodeer.

02/09/2026
02/09/2026
02/09/2026

Send a message to learn more

The Grade 10 Life Sciences class visited the Devonian Ecosystem Project to learn more about fossils, as fossils form an ...
02/09/2026

The Grade 10 Life Sciences class visited the Devonian Ecosystem Project to learn more about fossils, as fossils form an important part of their curriculum.

Die Graad 10 Lewenswetenskappe-klas het die Devoniese Ekosisteemprojek besoek om meer oor fossiele te leer, aangesien fossiele ’n belangrike deel van hul kurrikulum vorm.

Ons Grondslagfase-leerders het gister Lentedag gevier met helder kleure, vrolike blommetjies en hope lentegees! 🌸 Die pe...
02/09/2026

Ons Grondslagfase-leerders het gister Lentedag gevier met helder kleure, vrolike blommetjies en hope lentegees! 🌸

Die perfekte manier om die nuwe seisoen te verwelkom.

Vanaf 28 - 29 Augustus 2026 het drie van die dames op die Leierspan die Vroueleierseminaar in Gqeberha bygewoon met die ...
30/08/2026

Vanaf 28 - 29 Augustus 2026 het drie van die dames op die Leierspan die Vroueleierseminaar in Gqeberha bygewoon met die tema "Waar Moed en Leierskap Ontmoet". Juf. L van Wyk, Juf. C van Vuuren en Juf. L Butler kan elkeen getuig dat die seminaar uitstekend aangebied is, met uiters leersame en opbouende sprekers op beide dae. Baie dankie aan die SAOU met die reel van 'n uitstekende seminaar. Onderwerpe soos "KI wat werk in die klaskamer", "Vind jou stem met selfvertroue - Marciel Hopkins", "Ontsluit jou potensiaal" is op Dag 1 gedek, en die dag is is afgesluit deur 'n wonderlike eendagvertoning deur Je-Ani Swiegelaar genaamd "Swipe regs".

Op dag 2 is temas soos "Speelveld van Verandering", "Lei met Moed en Geloofwaardigheid" en "Verandering begin by jou - Left Sleeve" is gedek en die seminaar is afgesluit met 'n praatjie van Leandi du Randt genaamd No one can beat you at being you.

Op die foto verskyn die drie dames saam Marciel Hopkins-Lourens.

Hoërskool P.J. Olivier – Born Free UitstappieHoërskool P.J. Olivier het die voorreg gehad om ons top vyf-leerders uit Gr...
30/08/2026

Hoërskool P.J. Olivier – Born Free Uitstappie

Hoërskool P.J. Olivier het die voorreg gehad om ons top vyf-leerders uit Graad 9–11 met ’n opvoedkundige uitstappie na die Born Free-inisiatief te beloon.

Die leerders het die geleentheid gekry om meer oor wildbewaring te leer en programme te sien wat daarop fokus om die gesondheid en welsyn van wilde diere te bevorder. Hulle het ook ’n opwindende wildrit geniet, waartydens hulle verskeie wilde diere van naby kon sien.

Ons bedank Born Free opreg vir hul gasvryheid en vir hierdie waardevolle en onvergeetlike opvoedkundige ervaring.

27/08/2026

Pertinax ut Olea

 -Toespraakkompetisie 🎤Op 27 Augustus het die Afrikaans- en Engelse departemente hul  -toespraakkompetisie aangebied. Di...
27/08/2026

-Toespraakkompetisie 🎤

Op 27 Augustus het die Afrikaans- en Engelse departemente hul -toespraakkompetisie aangebied. Dit was ’n geleentheid waartydens ons leerders die kans gekry het om hul redenaars- en kommunikasievaardighede ten toon te stel.
In die Afrikaanse kategorie het Veruschka Burger, Jayden Brand, Avuya Matiwane en Chad Bothma deelgeneem.

In die Engelse kategorie het Lulonwabo Sandi, Wandiyolisa (Nana) Magadaza, Ukhanye Mduka en Lisa Mtipa deelgeneem.

Baie geluk aan ons wenners:
Wandiyolisa (Nana) Magadaza het ’n uitstekende 90% vir haar toespraak behaal en as wenner van die Engelse kategorie weggestap.

Jayden Brand het ’n indrukwekkende 94% behaal en is as wenner van die Afrikaanse kategorie aangewys.

Ons is ongelooflik trots op al ons deelnemers vir hul harde werk, selfvertroue en bereidwilligheid.

’n Hartlike dankie aan me. La Marque, me. Davids en me. McDonald vir hul tyd as beoordelaars van die kompetisie.

Baie dankie ook aan mnr. Sampson en me. Nyakale vir die afrigting van ons leerders en vir die reël en koördinering van hierdie kompetisie.

Ons vier elke leerder wat sy of haar stem laat hoor het! 🌟

Address

Bo-Robinsonstraat
Grahamstown
6139

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool P.J. Olivier - Grahamstad:

Shortcuts

Share