14/08/2026
🌸💛 GELUKKIGE VERJAARDAG AAN ONS SKOOLHOOF, MRS T.! 💛🌸
Vandag vier ons nie sommer net ’n verjaarsdag nie… vandag vier ons, ons Juffrou Skoolhoof, Grobbies se YSTERVROU! 💪🏼❤️
Juffrou is sterk wanneer jy sterk móét wees, maar sag wanneer dit nodig is. Jufftou staan vir wat reg is, is regverdig en dra dikwels méér op jou skouers as wat enigiemand besef. Tog bly Juffrou daar om te luister, leiding te gee, raad te gee en vir jou mense om te gee. 🌷
Juffrou is ’n uitstekende luisteraar, ’n vrou wat ander se harte hoor, selfs wanneer hulle nie altyd die woorde het om te sê wat hulle voel nie. ❤️
En dan… is jy natuurlik ’n BOK VIR SPORTS! 😂🏉
Maar veral die GROOTSTE SPRINGBOK-SUPPORTER wat Grobbies ken! 🇿🇦💚💛
Ons weet sommer: as die Bokke speel, is Juffrou Skoolhoof se hart 100/% op die veld! 😂🏉 GO BOKKE, ‼️‼️‼️‼️
Mrs T., mag die Here in hierdie nuwe lewensjaar Sy vrede en vreugde diep oor jou uitstort. 🙏🏼✨
Mag Hy jou dra wanneer jou skouers moeg raak, jou versterk wanneer die verantwoordelikhede swaar voel en jou herinner dat jy nooit alleen hoef te staan nie.
Mag daar vir jou baie lag, liefde, geluk, rus, mooi oomblikke en natuurlik baie Springbok-oorwinnings wees! 😂🏉💚💛
Ons is dankbaar vir jou. Ons waardeer jou. Ons respekteer jou. En ons is trots om jou ons Juffrou Skoolhoof te noem. ❤️
🎂🌷 Gelukkige verjaarsdag, Mrs T.! 🌷🎂
Ons bid die vrede, vreugde en seën van die Here oor jou lewe.
💛 Van jou Grobbies-familie — met baie liefde! 💛
💪🏼🌸 ONS Juffrou SKOOLHOOF. ONS YSTERVROU. 🌸💪🏼