18/08/2026
πβ¨ Die GORDYN HET GESAK β¨π*
En soos die gordyne stadig sak oor nΓ³g βn onvergeetlike Kalfiefees Boekekuiers, wil ons by Hermanus Biblioteek net een, HARTLIKE DANKIE! sΓͺ. β€οΈπ
βn Fees soos hierdie gebeur nie net voor die verhoog nie β dit word moontlik gemaak deur βn hele span wonderlike mense wat agter die skerms inspring, hande uit die moue steek en op die nippertjie wonderwerke verrig. π¬β¨
π½οΈ Dieter van Hermanus Function Hire β dankie vir jou hulp met die breekware en tafeldoeke. Jy het seker gemaak alles lyk netjies en feestelik!
π· Carolyn van Creation Wines β dankie vir julle fantastiese wyne wat soveel glase Γ©n glimlagte gevul het!
β Michael van The Beanery β dankie vir jou ongelooflike koffie wat ons aan die gang gehou het wanneer die feesenergie begin sak het β en natuurlik vir al die feesgangers wat met βn glimlag en βn koppie koffie weggestap het. ππ’β
π½οΈ Martina van The Auberge & Frances β βn reuse dankie dat julle tot die redding gespring het met ons laaste-minuut-bordepaniek! ππ Julle het op presies die regte oomblik opgedaag!
π©βπ³ Niki Greek β dankie dat jy ons gehelp het met al die heerlike kos en spyseniering. Ons monde water nog!
π₯ Daans Bakery β dankie vir, soos altyd, die allerbeste croissants! Geen fees is heeltemal dieselfde sonder hulle nie. β€οΈ
Aan elkeen wat gehelp het, ondersteun het, saamgedink het, ingespring het en βn klein stukkie van hulself gegee het om hierdie Kalfiefees Boekekuiers βn sukses te maakβ¦
DANKIE. DANKIE. DANKIE! β€οΈ
Ons is opreg, en ongelooflik dankbaar vir julle. π₯Ή
Nou trek ons die gordyne toe, blaas die laaste kerse uit, sit die koppies neerβ¦ en haal asem. π
Tot volgende keer ππβ¨