Hoërskool Diamantveld

Hoërskool Diamantveld Amptelike blad van Hoërskool Diamantveld Die nuwe hoërskool het geopen met 51 leerlinge in st. 7 en st. 8 en vier personeellede.

Op 28 Januarie 1935 kom daar in Kimberley 'n skool tot stand om vir Afrikaanssprekende leerders 'n tuiste te bied waar hul onbeskaamd hul kultuur kan uitleef en akademiese onderrig, geskoei aan 'n Christelike karakter en etos, in hul moedertaal kan ontvang. Gedurende die eerste jaar van sy bestaan was die skool bekend as die Afrikaansmedium Hoërskool van Kimberley. Die volgende jaar is die naam ve

rander na Diamantveld-Hoërskool, 'n streeknaam, en nie die verheerliking van een of ander persoon nie. Die skool het vir baie jare as Diamantveld-Hoërskool (DHS) bekend gestaan, maar die naam is later na die taalkundig korrekte skryfvorm, Hoërskool Diamantveld, verander. Die Afrikaansmedium Hoërskool het op die boonste verdieping van die ou koshuis van die oorspronklike Kimberleyse Onderwysers Opleidingskollege (Kimberley Teachers' Training College) begin en is geleidelik vergroot. Teen 1970 groei die leerdertal tot nagenoeg 600 leerlinge en in 2010, 75 jaar na die stigting, spog Diamantveld met 720 leerders en 34 onderwysers. Van 'n eenvoudige begin het Hoërskool Diamantveld in een van die belangrikste Hoërskole in die ou Kaapprovinsie en huidige Noord-Kaap ontwikkel wat op elke gebied, hetsy sport, akademies of kultureel, 'n belangrike bydrae lewer. Die talle oud-skoliere wat betekenisvolle bydraes in samelewings regoor die wêreld lewer, is lewende getuies van die skool se leuse: A POSSE AD ESSE. Van 'n Moontlikheid tot 'n Werklikheid. Sedert die ontstaan van die skool word alle leerlinge wat hul tuis voel in die kultuur en taal, hier by Diamantveld verwelkom - sonder aansiens des persoons. Ons voeder-areas lewer nog altyd leerlinge oor die hele sosiale spektrum - almal is ewe welkom. Só leer ons leerlinge ook om mense wat van hul verskil te respekteer vir die mense wat hul is. Die volgende waardes is by Diamantveld ononderhandelbaar:

* Dissipline
* Gehalte akademiese onderrig
* Gesonde klem op sportdeelname
* Liefde vir eie kultuur
* Diamantveld - een groot huisgesin

Social Media
Instagram: https://www.instagram.com/hoerskooldiamantveld/

🔥 DIE DESEMBER-LYFIE WORD NOU GEBOU! 🌊Daai strandlyfie gaan homself nie regkry nie… 👀Die Diamond Grind 2026 gee jou die ...
08/09/2026

🔥 DIE DESEMBER-LYFIE WORD NOU GEBOU! 🌊

Daai strandlyfie gaan homself nie regkry nie… 👀

Die Diamond Grind 2026 gee jou die perfekte teiken om voor Desember fiks, sterk en reg vir die vakansie te wees! 💪💎

Hardloop. Stoot. Dra. Sweet. GRIND. 🔥
Elke oefensessie van nou af tel.

📅 Diamond Grind 2026
📍 Hoërskool Diamantveld
⏳ Registrasie is oop!

Klik hier om te registreer: https://entries.chiptimer.co.za/dia/

Jou Desember-lyfie het ’n deadline. 😉

🏆💎 WESGROW RUGBYKAMPIOENE! 💎🏆Wat ’n ongelooflike rugbyseisoen vir Diamantveld! 🔥🏉Ons o/15B, o/16A, o/16B, 3de, 2de én 1s...
08/09/2026

🏆💎 WESGROW RUGBYKAMPIOENE! 💎🏆

Wat ’n ongelooflike rugbyseisoen vir Diamantveld! 🔥🏉

Ons o/15B, o/16A, o/16B, 3de, 2de én 1ste span het vanjaar almal met die louere weggestap deur hul onderskeie ligas in die Wesgrow Reeks te wen! 🥇

Hierdie puik prestasies beteken dat Hoërskool Diamantveld as die ALGEHELE RUGBYKAMPIOENE van die Wesgrow Reeks gekroon is vir die derde agtereenvolgende jaar! 🏆💎

Baie geluk aan elke speler, afrigter en ondersteuner wat deel was van hierdie besonderse seisoen. Julle harde werk, trots en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp.



Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks
SuperSport Schools Rugby

💎 OUD-DIAMANT SKITTER! 🏉🇿🇦Baie geluk aan oud-leerling Ethan Manus (Matriek 2024) wat opgeneem is in die SA USSAS 7’s-spa...
07/09/2026

💎 OUD-DIAMANT SKITTER! 🏉🇿🇦

Baie geluk aan oud-leerling Ethan Manus (Matriek 2024) wat opgeneem is in die SA USSAS 7’s-span! 🇿🇦

Ethan wys sy veelsydigheid op die rugbyveld en het ook die afgelope naweek vir die Griekwas o/21-span uitgedraf, waar hulle die Pumas met 38–28 geklop het. 🦚🏉

Baie geluk, Ethan! ’n Uitstekende prestasie waarop ons as Diamantveld-familie baie trots is. 💎

A Posse Ad Esse – van ’n moontlikheid tot ’n werklikheid.


LANDLOOP | ASA KAMPIOENSKAPPE
03/09/2026

LANDLOOP | ASA KAMPIOENSKAPPE

💎 Gelukkige Sekretaressedag! 💙Vandag vier ons die dames wat elke dag agter die skerms sorg dat alles vlot verloop. Van d...
02/09/2026

💎 Gelukkige Sekretaressedag! 💙

Vandag vier ons die dames wat elke dag agter die skerms sorg dat alles vlot verloop. Van die eerste oproep in die oggend tot die laaste reëling van die dag – julle doen dit alles met ’n glimlag, geduld en ongelooflike toewyding.

Julle is waarlik die hartklop van Diamantveld en ’n onmisbare deel van ons skoolfamilie. 💎

Baie dankie vir alles wat julle elke dag vir ons personeel, leerders, ouers en skool doen. Ons waardeer julle méér as wat woorde kan sê!

Gelukkige Sekretaressedag! 💐
💙💛 A Posse Ad Esse

VAKATURE
01/09/2026

VAKATURE

🏏💎 DIAMANTVELD KRIEKET PRESTEER IN BLOEMFONTEIN!Ons krieketspan het die afgelope naweek aan die GreyT Bash by Grey Kolle...
01/09/2026

🏏💎 DIAMANTVELD KRIEKET PRESTEER IN BLOEMFONTEIN!

Ons krieketspan het die afgelope naweek aan die GreyT Bash by Grey Kollege in Bloemfontein deelgeneem en uitstekend gevaar deur ’n algehele 3de plek te behaal! 👏

Baie geluk ook aan Hanru Rademeyer, Cobus Fourie en Neil Steynberg, wat elkeen in onderskeie wedstryde as Man van die Wedstryd aangewys is. 🏆

Ons is trots op ons spelers se harde werk, goeie sportmanskap en die wyse waarop hulle Diamantveld verteenwoordig het.

A Posse Ad Esse 💎


31/08/2026
VERJAARSDAEBaie geluk aan Me. van der Westhuizen en Mnr. Carney met julle verjaarsdae. Ons wens julle 'n voorspoedige en...
30/08/2026

VERJAARSDAE

Baie geluk aan Me. van der Westhuizen en Mnr. Carney met julle verjaarsdae. Ons wens julle 'n voorspoedige en geseënde jaar toe!

Address

Voortrekkerstraat 2
Kimberley
8301

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27538331528

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Diamantveld posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Diamantveld:

Shortcuts

Share