Concordia Primary

Concordia Primary Die bekendstelling van ons skool aan die gemeenskap.

Graad 1 Uitstappie na die wolwepark 28 Augustus 2026.
03/09/2026

Graad 1 Uitstappie na die wolwepark 28 Augustus 2026.

03/09/2026

Finding the Right Place to Learn 💚

Sometimes, supporting a child is about recognising that they need something different, and then taking the time to find the right path.

When a child joined Concordia Primary in Grade 1, the school quickly recognised that a different learning environment and additional support might help them feel more comfortable and able to participate in school life.

The school worked closely with the child’s family, psychologists and education professionals, putting the necessary assessments and applications in place and continuing to follow up as the process unfolded.

In the meantime, Concordia Primary made thoughtful adjustments within the school environment, finding spaces where the child felt more settled and could take part in activities in a way that worked for them.

After a series of assessments and consultations, the child was ultimately placed in a specialised support class at Knysna Primary School, where they could access an environment better suited to their individual needs.

For KILT, this is a reminder that educational support is not always about a single programme or intervention. Sometimes, it is about the adults around a child listening, adapting, communicating and working together to help find the right fit.

We’re grateful to Concordia Primary for the care and commitment they showed throughout this journey, and for keeping the child’s needs at the centre of their decisions.

Every child deserves the opportunity to learn in an environment where they can feel supported, understood and able to participate.

Gelukkige Sekretaressedag! 🌷Dankie vir julle harde werk, vriendelikheid en die belangrike rol wat julle elke dag in ons ...
02/09/2026

Gelukkige Sekretaressedag! 🌷

Dankie vir julle harde werk, vriendelikheid en die belangrike rol wat julle elke dag in ons skool speel.
Ons waardeer julle ongelooflik baie! 💐❤️

Pragtige lenteblomme! Grondslagfase kunsklasseJuf Z Terblanche
02/09/2026

Pragtige lenteblomme!
Grondslagfase kunsklasse
Juf Z Terblanche

🎭✨ ’N OOMBLIK OM OPREG TROTS TE WEES! ✨🎭Ons wil ons ongelooflike Concordia Drama-groep van harte gelukwens met hul fanta...
01/09/2026

🎭✨ ’N OOMBLIK OM OPREG TROTS TE WEES! ✨🎭

Ons wil ons ongelooflike Concordia Drama-groep van harte gelukwens met hul fantastiese prestasie by die South Cape Arts Festival Eisteddfod in George! 🎭🏆

Ons leerders het met hul produksie “S.O.S” die verhoog betree en dit met soveel talent, selfvertroue, passie en toewyding aangebied. Ons is ongelooflik trots om te kan sê dat hulle ’n 95% – A+++ behaal het!

Wat hierdie prestasie nóg meer besonders maak, is die reis wat dit voorafgegaan het. Ons is uiters dankbaar teenoor Juffrou M Charles, wat aanvanklik na ons skool uitgereik het met die wonderlike inisiatief om drama aan ons leerders bekend te stel. Ons skool het die geleentheid met ope arms verwelkom en vandag sien ons die vrugte van daardie eerste tree!

’n Spesiale dankie aan al die onderwysers (Z.Terblanche, E. Filander) wat hul tyd, energie, ondersteuning, verf van rekwesiete en liefde gegee het om hierdie produksie moontlik te maak. Julle het ’n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van ons leerders se talent en selfvertroue. 👏🏼

Aan ons jong akteurs: JULLE HET DIT GEDOEN!
Julle het gewys dat talent, harde werk en spanwerk ’n mens ver kan neem.

95% – A+++!
Van Concordia se verhoog na die South Cape Arts Festival – ons is ongelooflik trots op julle!

LENTE IS HIER! 😀🌸🌼Ons vier die mooiste seisoen van die jaar!Vandag het ons skool gegons van kleur, vrolikheid en lentege...
01/09/2026

LENTE IS HIER! 😀🌸🌼

Ons vier die mooiste seisoen van die jaar!
Vandag het ons skool gegons van kleur, vrolikheid en lentegemoed. 💐✨

Mag hierdie nuwe seisoen vir elkeen nuwe hoop, groei en mooi oomblikke bring.

NETBAL NUUS! 🌟Ons O/12-dogters het ’n pragtige 4de plek in die KPSSS-netbaluitspele behaal! 🏐👏Ons is ongelooflik trots o...
31/08/2026

NETBAL NUUS! 🌟

Ons O/12-dogters het ’n pragtige 4de plek in die KPSSS-netbaluitspele behaal! 🏐👏

Ons is ongelooflik trots op elke speler vir hulle harde werk, spanwerk, deursettingsvermoë en sportmangees. 💪✨

Baie geluk.
Ons is trots op julle! 👏🥳

Week 7 SaalbyeenkomsOns waarde waarop ons fokus, is selfvertroue. 💪✨’n Kragtige boodskap oor hoe leerders in hulself moe...
31/08/2026

Week 7
Saalbyeenkoms

Ons waarde waarop ons fokus, is selfvertroue. 💪✨
’n Kragtige boodskap oor hoe leerders in hulself moet glo en volle vertroue in hul vermoëns moet hê, is vanoggend deur mnr. Ryan oorgedra.

Ons het weereens ons sonskynoproep maats bedank en vereer vir hul goeie gedrag binne en buite die klas. Die verjaarsdagmaats is ook met lof gevier. 🎉

Vandag wil ons graag vir Dré-Zelle Simmers gelukwens met ’n besonderse prestasie!Dré-Zelle het aan die UWC Science Week ...
26/08/2026

Vandag wil ons graag vir Dré-Zelle Simmers gelukwens met ’n besonderse prestasie!

Dré-Zelle het aan die UWC Science Week Kunskompetisie deelgeneem, waar leerders kunswerke moes skep rondom die tema “Climate Resilient Future” – ’n toekoms wat bestand is teen die uitdagings van klimaatsverandering.

Dré-Zelle se kreatiwiteit en besonderse kunswerk het die beoordelaars beïndruk, en sy het 3de plek in die Grondslagfase behaal!

Dré-Zelle kon ongelukkig nie self die prys in Kaapstad ontvang nie, aangesien sy op daardie dag besig was om ons skool by die WOW Spelfees namens ons distrik te verteenwoordig.

Haar kunsonderwyser, Juffrou Zanette Terblanche, het daarom die prys namens haar in Kaapstad ontvang.

Dré-Zelle, ons is ongelooflik trots op jou! Jou talent, kreatiwiteit en harde werk het nie net vir jou ’n wonderlike prestasie besorg nie, maar ook groot eer aan ons skool gebring.

Baie geluk met jou 3de plek, Dré-Zelle! Ons is baie trots op jou!

Address

Knysna
6570

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Concordia Primary posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Concordia Primary:

Shortcuts

Share

Category