18/01/2026
🎉 Victoria-Wes Skou 2026 🎉
Die Victoria-Wes Skou spog vanjaar met meer as 20 stalletjies – iets vir elkeen se smaak, van oud tot jonk.
In die groot saal kan jy rondblaai tussen geskenke, silwer juwele, kussings, gordyne, tafeldoeke, tumblers, pestos en s***e, heuning, leerhandsakke en veldskoene.
Buite wag daar ’n verskeidenheid stalletjies met onder andere messe, staal droppers, veekrippe , veekrale, organiese kompos, leerprodukte en parkas.
Vir die kinders is daar speelgoed, die gewilde bliktrein, en natuurlik lekker eetgoed – van vars koffie tot roomys, slushies en doughnuts.
💸 Maak seker jou beursie is vol en kom geniet die stalletjies by die Victoria-Wes Skou!