Hoërskool Swartland Offisieel

Hoërskool Swartland Offisieel Spogblad van Hoërskool Swartland. Hoërskool Swartland is ‘n trotse skool met ‘n roemryke verlede.

Ons is ‘n openbare skool wat daarna streef om uitmuntende onderrig en opvoeding aan sy leerders te bied. Ons streef daarna om ons leerders voor te berei vir die volwasse lewe deur te Werk en Wen.

HELP ONS OM ONS EERSTE WYN TE BENOEM! 🍷2026 was ’n besondere jaar vir Hoërskool Swartland: ons eerste parsseisoen uit on...
07/09/2026

HELP ONS OM ONS EERSTE WYN TE BENOEM! 🍷

2026 was ’n besondere jaar vir Hoërskool Swartland: ons eerste parsseisoen uit ons eie wingerd is agter die rug, en binnekort word ons heel eerste wyn gebottel!

Maar daar is nog één belangrike ding wat kort …
’n NAAM!

Ons nooi die Malmesbury-gemeenskap, ouers en leerders om kreatief te raak en vir ons ’n naam vir hierdie besondere eerste wyn voor te stel.

Een naam. Twee kultivars.

Die wennaam sal gebruik word vir beide ons Chenin Blanc én Pinotage.

En natuurlik is daar ’n lekker prys op die spel!

Die wenner ontvang ’n boks van ons eerste wyn. Indien die wenner ’n leerder is, ontvang hy/sy ’n kontantprys*.

Wanneer jy jou naamvoorstel indien:

• Die naam moet geskik wees vir ’n skool.
• Dit mag nie die woord “Swartland” bevat of na die Swartland-streek verwys nie.
• Dit mag nie ’n bestaande wynnaam of -etiket dupliseer nie.

Stuur jou naamvoorstel na: [email protected]

Inskrywings sluit: Maandag, 14 September 2026.

D**k buite die boks, laat jou verbeelding vloei en help ons om ’n naam te kies wat deel van die geskiedenis van Hoërskool Swartland sal word!

*Bepalings en voorwaardes geld.

HOKKIE 🏑 Die Rockie-hokkieleerders (o.15 en o.17) het op Saterdag, 5 September, aan die jaarlikse Marius Schoeman Sportf...
07/09/2026

HOKKIE 🏑

Die Rockie-hokkieleerders (o.15 en o.17) het op Saterdag, 5 September, aan die jaarlikse Marius Schoeman Sportfees (5's Hokkietoernooi) by Paarl Gimnasium meegeding.

o.15-dogters: 6de plek
o.17-dogters: 5de plek
o.15-seuns: 12de plek
o.17-seuns: 7de plek

Baie geluk aan al ons spelers met hul deelname en prestasies! Ons is trots op julle.

Dankie aan me. Conradie vir die neem van foto’s van die onder 17 dogters. Volg gerus hierdi skakel.
https://photos.app.goo.gl/agPVWyHGiBitNAGc8

VAKANTE BETREKKINGS 📝
07/09/2026

VAKANTE BETREKKINGS 📝

06/09/2026

Wat ‘n ongelooflike drie by die naweek se Marius Schoeman se 7’s toernooi! Welgedaan manne! Trots op julle!

ATLETIEK 🏃🏻‍♂️ Baie geluk aan Jace Fester, wat op Dinsdag, 1 September, aan die COSSASA-byeenkoms in Zimbabwe deelgeneem...
05/09/2026

ATLETIEK 🏃🏻‍♂️

Baie geluk aan Jace Fester, wat op Dinsdag, 1 September, aan die COSSASA-byeenkoms in Zimbabwe deelgeneem het!

Jace is gekies om die Suid-Afrikaanse Skolespan te verteenwoordig en het ’n uitstekende 5de plek in hoogspring, seuns o.18, behaal.

Wat hierdie prestasie nóg meer besonders maak, is dat Jace slegs o.15 is en dus teen atlete wat tot drie jaar ouer as hy is, meegeding het!

Baie geluk, Jace! Jy hou Hoërskool Swartland se naam hoog en ons is ongelooflik trots op jou!

BERGFIETSRY 🚲 Die Rockies se MTB-span het op Saterdag, 29 Augustus, aan die Riebeeck Valley MTB deelgeneem en ons ryers ...
05/09/2026

BERGFIETSRY 🚲

Die Rockies se MTB-span het op Saterdag, 29 Augustus, aan die Riebeeck Valley MTB deelgeneem en ons ryers het die roete behoorlik laat gons!

🏆 40 km

Leam Cilliers: 1ste plek
Hendri Bothma: 2de plek
Albert Zandberg: 9de plek
Zoë van der Berg: 1ste vrou

Baie geluk aan al ons ryers met hierdie uitstekende prestasies! Ons is ongelooflik trots op julle, Rockies.

GIMNASTIEK 🤸Baie geluk aan ses van Hoërskool Swartland se gimnaste wat opgeneem is in die Wes-Kaap Gimnastiekspan! Hulle...
03/09/2026

GIMNASTIEK 🤸

Baie geluk aan ses van Hoërskool Swartland se gimnaste wat opgeneem is in die Wes-Kaap Gimnastiekspan! Hulle gaan van 2 tot 4 Oktober aan die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe in Gauteng deelneem.

Ons gimnaste het uitstekend presteer tydens die Wes-Kaap Kampioenskappe:

Antwan Dicks - Level 12 Mixed Pair: Goud

Hadleigh Odendaal - Level 7 Women’s Pair: Silwer

Hadleigh Odendaal - Level 8 Women’s Group: 4de plek

Milisa Nombewu - Level 7 Women’s Group: Brons

Mileah Jonas - Level 7 Women’s Group: Brons

Alexi du Toit - Level 7 Women’s Group: Silwer

Nianè Nortjè - Level 5 Women’s Group: Goud

Baie geluk aan elkeen van ons gimnaste met hierdie besonderse prestasies! Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle baie sterkte toe vir die Nasionale Kampioenskappe in Gauteng.

LANDBOUWETENSKAPPE 🐑Tien van Hoërskool Swartland se Landbouwetenskappe-leerders is uitgenooi om by die Swartlandskou na ...
03/09/2026

LANDBOUWETENSKAPPE 🐑

Tien van Hoërskool Swartland se Landbouwetenskappe-leerders is uitgenooi om by die Swartlandskou na verskeie kundiges en sprekers in die landboubedryf te luister.

Die leerders het waardevolle kennis opgedoen oor verskeie aspekte van skaapboerdery, waaronder voeding, siektes, bemarking en die skeer van skape.

Dit was ’n besondere geleentheid vir ons leerders om meer oor die landboubedryf te leer en blootstelling aan kundiges in die veld te kry.

Baie dankie aan die Swartlandskou en almal wat hierdie waardevolle geleentheid moontlik gemaak het!

JEUGSKOU 🐇Baie geluk aan ons uitmuntende skou-leerders wat onlangs aan die Swartlandskou in Moorreesburg deelgeneem het!...
03/09/2026

JEUGSKOU 🐇

Baie geluk aan ons uitmuntende skou-leerders wat onlangs aan die Swartlandskou in Moorreesburg deelgeneem het! Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en die harde werk en toewyding wat julle aan die dag lê.

📸 Fotografie
Mienja Ras: Goud
Gert-Willem van Zyl: Brons

🐇 Konyne
Henko Boyder: Goud

🕊️ Wedvlugduiwe
Gerald Batt: Goud
Johan Esterhuizen: Silwer
Hennie Pretorius: Brons

Baie geluk aan elke leerder met hierdie besonderse prestasies!

Ons wens Hennie Pretorius en Gert-Willem van Zyl ook alle sterkte toe met die Nasionale Jeugskou-kompetisie, wat in September in Tzaneen plaasvind.

WOW-TELFEES 🏆Vyf van ons gr-8 dogters het op 3 September aan die Universiteit van Stellenbosch se WOW (Wiskunde Open Wêr...
03/09/2026

WOW-TELFEES 🏆

Vyf van ons gr-8 dogters het op 3 September aan die Universiteit van Stellenbosch se WOW (Wiskunde Open Wêrelde) Weskus Distrikskompetisie by Liebenberg Primêr deelgeneem. Dis die eerste jaar wat hierdie hoofreken-kompetisie plaasvind en hierdie dogters het ‘n uitstekende presedent geskep. Baie geluk aan die volgende dogters wat deurgedring het na die provinsiale kompetisie wat op 17 Oktober gehou word:

1ste plek: Juanné du Toit
2de plek: Eldi Rust
3de plek: Hadleigh Odendaal

Baie geluk ook aan Elrina Walters en Milah Thomas wat onderskeidelik die 4de en 5de plek behaal het.

Ons is trots op julle. Sterkte met die volgende rondte.

Address

Dirkie Uysstraat
Malmesbury
7300

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00

Telephone

+27224821469

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Swartland Offisieel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Hoërskool Swartland Offisieel:

Shortcuts

Share