21/02/2024
Ons is trots op Afrikaans π
My geliefde Afrikaans.
Vanaf my geboortedag, is jy neffens my.
Soggens is jy in my mieliepap, teen sonsondergang in my skaaptjoppie.
Jou melodieuse klanke en jou ritmiese vloei skep die mooiste prentjie, 'n pragtige tableau.
Ek hoor jou duidelik, van die Kaap tot Pretoria en oral tussen.
Jy is in die hadeda se klaende
"haaaa-haaaaa" -alarmroep, en in die omroeper se opgewondenheid oor 'n sportkampioenskap.
Jy is in ons trots, in ons treur, in ons eensaamheid en ons samesyn.
Ons kan jou beskryf in eenduisend-en-een woorde, soos genotlik, behaaglik, heerlik en aangenaam...
Vir vandag roep ons jou sommer net, lipleklekker!
Laat ons Afrikaans aanhou met
JUIG!
21 Februarie - Internasionale Moedertaaldag