26/08/2026
Die padvoorbereiding vir die 2026 Stadsboufonds Projek het begin!
Die teer van die Oewerpad (Diamantlaan) is ’n belangrike infrastruktuurprojek wat nuwe moontlikhede vir Orania se toerismebedryf en verdere ontwikkeling gaan ontsluit. As ’n selfstandige Afrikanergemeenskap ontvang Orania geen staatsubsidies vir infrastruktuurontwikkeling nie. Ons bou daarom self die infrastruktuur wat ons gemeenskap nodig het: m² vir m². Hier is hoe ons dit doen:
1. Die Orania Dorpsraad het R 600 000 oor nadat die serwituutpad onder begroting gebou is. Dit getuig van goeie bestuur.
2. Die Orania Ontwikkelingsmaatskappy skenk 'n verdere R 400 000 om die aanvangsbegroting vir die projek tot R 1miljoen te stoot en die projek te loods.
3. Orania maak die Pad Projek aanlyn bekend, waar ons ondersteuners aanlyn kan bydrae tot 'n verdere R 2miljoen om hierdie projek 'n werklikheid te maak.
Die projek is Maandagaand geloods, ons is sterk op pad na die halfmiljoen merk wat deur ondersteuners bygedra is!
Afrikaners bou saam aan 'n pad, maar dis méér as 'n pad. Dis nie net ’n donasie nie, dis ’n belegging in ’n Afrikanertoekoms.
Maak seker jou naam staan op 'n blokkie pad in die stad:
1. Besoek bou.orania.co.za.
2. Kies jou blokkie pad.
3. Borg jou blokkie.
4. Laai jou Stadsbouer-sertifikaat af.
5. Volg die vordering van die stukkie pad wat jy geborg het regstreeks.