02/09/2026
๐ญ๐ฌ๐ด ๐๐ฃ๐ช๐ฃ-๐ฎ๐ฎ๐ป๐๐๐ฒ๐น๐น๐ถ๐ป๐ด๐, ๐บ๐ฎ๐ฎ๐ฟ ๐ด๐ฒ๐ฒ๐ป ๐ต๐ฒ๐น๐ฝ๐ฒ๐ป๐ฑ๐ฒ ๐ต๐ฎ๐ป๐ฑ ๐๐ถ๐ฟ ๐ข๐๐ฑ๐๐๐ต๐ผ๐ผ๐ฟ๐ป ๐๐ฒ ๐ฑ๐ถ๐ฒ๐ฟ๐ฒ๐๐ธ๐๐ ๐ป๐ถ๐ฒ?
Die ontplooiing van werkers wat onlangs deur die Uitgebreide Openbare Werke-program (EPWP) aangestel is, laat ernstige vrae ontstaan terwyl die Oudtshoorn Munisipale Diereskut volgens beskikbare inligting met โn groot werkslas en beperkte personeel moet klaarkom.
Hetta Pretorius, VF Plus-kandidaat vir Wyk 3 in Oudtshoorn, sรช volgens inligting wat aan die party verskaf is, is 108 persone onlangs deur die EPWP aangestel.
Volgens haar word daar egter tans geen EPWP-personeel by die munisipale diereskut ontplooi nie, waar na bewering slegs twee persone die daaglikse werksaamhede รฉn take in die gemeenskap moet hanteer. โAs 108 EPWP-werksgeleenthede geskep kon word, waarom kan โn paar geskikte persone nie ontplooi word om broodnodige ondersteuning by die diereskut te bied nie?โ vra Pretorius.
Sy sรช die diereskut is nie โn luukse nie, maar โn noodsaaklike munisipale diens wat onder meer met verlore, verlate en rondloperdiere werk. Die Oudtshoorn Munisipaliteit se aannemingsproses vereis ook dat personeel huis- en erfinspeksies doen voordat sekere aannemings goedgekeur word. Volgens Pretorius plaas diรฉ verantwoordelikhede โn aansienlike werkslas op โn reeds beperkte personeelkorps.
Sy beklemtoon dat EPWP-deelnemers nie gekwalifiseerde skutpersoneel kan vervang of take behoort te verrig waarvoor spesialisvaardighede of bepaalde wetlike bevoegdhede nodig is nie. โBehoorlik gekeurde en opgeleide EPWP-deelnemers kan egter, waar die program se reรซls dit toelaat, met ondersteuningswerk soos skoonmaak, algemene instandhouding, voorbereiding van voer en ander nie-gespesialiseerde take help.โ
Pretorius wys daarop dat die nasionale EPWP-werwingsriglyne bepaal dat werwing billik, deursigtig en verantwoordbaar moet geskied en gelyke geleenthede aan die teikengemeenskap moet bied. Volgens haar het die VF Plus ook klagtes ontvang dat sommige persone herhaaldelik EPWP-geleenthede kry, terwyl ander geregistreerde werklose inwoners nie โn geleentheid kry nie.
Pretorius sรช sy sal daarom daarop aandring dat die Oudtshoorn Munisipaliteit bekend maak hoe die 108 EPWP-deelnemers gekies is, waar hulle ontplooi is en hoeveel van hulle reeds voorheen EPWP-geleenthede ontvang het. Sy wil ook hรช die munisipaliteit moet dringend ondersoek instel na die moontlike ontplooiing van geskikte EPWP-ondersteuningspersoneel by die diereskut. โDit gaan oor twee dinge: billike werksgeleenthede รฉn beter dienslewering.
โOns diere verdien behoorlike sorg, die personeel by die diereskut verdien ondersteuning en werklose inwoners verdien โn EPWP-stelsel waarin almal โn billike kans kry. EPWP moet geleenthede skep waar daar โn werklike behoefte bestaan โ en nie โn geslote deur vir dieselfde name word nie,โ sรช Pretorius.