ACVV Noorder-Paarl

ACVV Noorder-Paarl ACVV NOORDER-PAARL is a registered designated Child Protection Organisation rendering awareness, earl

02/09/2026
Mev. Du Plessis het op 25 Augustus 'n Oudervaardighede opleidingsprogram aangebied wat ouer/kind verhoudings versterk.
27/08/2026

Mev. Du Plessis het op 25 Augustus 'n Oudervaardighede opleidingsprogram aangebied wat ouer/kind verhoudings versterk.

Mev. Du Plessis het op 20 Augustus 'n bewusmakingsprogram oor Kuber boelie gedrag aangebied vir hoërskool leerders.
27/08/2026

Mev. Du Plessis het op 20 Augustus 'n bewusmakingsprogram oor Kuber boelie gedrag aangebied vir hoërskool leerders.

As deel van die New Orleans, Graad 9 leerders se Lewensvaardigheidsprogram, kon leerders vrywillig deelneem aan 'n aktiw...
27/08/2026

As deel van die New Orleans, Graad 9 leerders se Lewensvaardigheidsprogram, kon leerders vrywillig deelneem aan 'n aktiwiteit by 'n organisasie. Dié span het ACVV Noorder-Paarl gekies vir 'n vrywillige deelname om te help Ubuntu bottels pak. Mev. Praylene du Plessis het aan die leerders vertel hoekom die bottels gepak en uitgedeel word en die leerders het dit baie geniet en as een span saamgewerk.

Die 3 ACVV takke van die Paarl het 'n pragtige Pleegouer oggend agter die rug.  Met die saal by ACVV Paarl Vallei wat pr...
23/08/2026

Die 3 ACVV takke van die Paarl het 'n pragtige Pleegouer oggend agter die rug. Met die saal by ACVV Paarl Vallei wat pragtige opgemaak was, was dit sommer 'n spog geleentheid en die pleegouers het dit baie geniet en is lekker bederf. 'n Groot dankie aan al die maatskaplike werkers van die 3 ACVV takke wat saamgestaan het om van hierdie dag so 'n mooi herinnering te maak vir almal!

Dit is met GROOT OPGEWONDENHEID dat ons bekend maak dat ons pragtige maatskaplike werker Aneen Louw hierdie naweek wat v...
18/08/2026

Dit is met GROOT OPGEWONDENHEID dat ons bekend maak dat ons pragtige maatskaplike werker Aneen Louw hierdie naweek wat verby is, VERLOOF geraak het! Ons wens hierdie pragtige 2 jongmense net al die geluk toe wat hulle verdien en mag hierdie nuwe avontuur en fase van hulle lewens eenvoudig AWESOME wees en mag julle net nog meer na mekaar toe groei en mekaar opbou! BAIE BAIE GELUK!

Baie geluk Praylene du Plessis met jou 50ste verjaarsdag vandag!  Dit is sommer 'n groot mylpaal en ons vier vandag jou ...
02/08/2026

Baie geluk Praylene du Plessis met jou 50ste verjaarsdag vandag! Dit is sommer 'n groot mylpaal en ons vier vandag jou lewe saam met jou!
Baie Dankie vir die kosbare kollega en mens wat jy vir ons is en al jou liefde wat jy met almal om jou deel. Jy is voorwaar vir ons 'n pragtige voorbeeld van Jesus-liefde!
Mag God jou ryklik seën!

'n GROOT DANKIE aan Anél la Grange en haar oulike span by Fairview Cheesery wat 70 "Bottles of Ubuntu" aan ons geskenk h...
20/07/2026

'n GROOT DANKIE aan Anél la Grange en haar oulike span by Fairview Cheesery wat 70 "Bottles of Ubuntu" aan ons geskenk het. Ons sien julle liefde, omgee en pragtige samesyn om hierdie bottels met soveel sorg bymekaar te sit, raak! Baie dankie dat julle ons met hierdie reuse projek ondersteun wat soveel mense help en meer menswaardig laat voel in hierdie koue winterdae! Ons waardeer julle positiewe uitreik na ons meer as wat woorde ooit sal kan beskryf!

Op Mandela-dag het 'n paar oulike plaastannies heerlike potte warm sop aanmekaar geslaan en vir ons plaaskinders in ons ...
20/07/2026

Op Mandela-dag het 'n paar oulike plaastannies heerlike potte warm sop aanmekaar geslaan en vir ons plaaskinders in ons area bedien. Dit was só lekker! 'n Groot dankie aan hierdie dierbare tannies vir al hulle moeite! Almal se magies was lekker versadig en hulle harte het warm geklop!

Address

Gimnasiumstraat 5
Paarl
7646

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

021 872 3487

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ACVV Noorder-Paarl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share