Limpopo Lente-karnaval

Limpopo Lente-karnaval Jaarlikse viering van die aanbreek van lente in Limpopo met buitemuurse vermaak en aktiwiteite.

24/07/2014

DIE LIMPOPO LENTEKARVAL VIR 2014 IS ONGELUKKIG GEKANSELEER. DAAR SAL GEEN VERRIGTINGE PLAASVIND NIE EN DIT SLUIT DIE PLAASPAD MTB RESIES IN.

03/10/2013
Sien resultate vir die Plaaspad bergfietswedren (22km en 42km) by skakel onder: https://www.dropbox.com/s/738glmriy9ejfz...
30/09/2013

Sien resultate vir die Plaaspad bergfietswedren (22km en 42km) by skakel onder:

https://www.dropbox.com/s/738glmriy9ejfzn/2013%20LIMPOPO%20LENTEKARNAVAL%20MTB%20RESULTATE.pdf

Shared with Dropbox

2013 LIMPOPO LENTEKARNAVAL‘n Meer volledige beskrywing van wat die lentekarnaval inhou. Lees gerus en deel met vriende e...
19/09/2013

2013 LIMPOPO LENTEKARNAVAL

‘n Meer volledige beskrywing van wat die lentekarnaval inhou. Lees gerus en deel met vriende en familie.

Die seisoen het verander, die weer is lieflik en na die winter is almal uitgehonger vir die buitelug en buitelug aktiwiteite.

Hier word nou ‘n fees aangebied in Polokwane waar feesgangers nie slegs toeskouers hoef te wees nie maar ook deelnemers. Die fokus is op buitelug aktiwiteite, gesond leef, vriende & familie en alles plaaslik. Ondersteun asseblief die 2013 Limpopo Lentekarnaval op Saterdag 28 September 2013 op die sportvelde van HTS Tom Naudé. Toegang beloop slegs R30 per volwasse persoon en laerskool- en voorskoolse kinders kom gratis in.

Die terrein open reeds om 05:00 die oggend. Mense wat graag wil deelneem aan die bergfiets-, perderit of Pret-Stap/Fun-Run kan tussen 05:00 en 06:30 op die terrein kom inskryf. Hierdie aktiwiteite het geen afsnytyd nie en elkeen wat die gekose roete in enige van die sportsoorte voltooi ontvang ‘n medalje. Daar sal ‘n koffietafel wees waar deelnemers ‘n bietjie boeretroos kan geniet terwyl inskrywings onderweg is. Roetes is as volg:

Bergfiets 42km, R70-00 per inskrywing (hektoegang ingesluit), wegtrektyd - 07:00, medalje

Bergfiets 22km, R50-00 per inskrywing (hektoegang ingesluit), wegtrektyd – 07:15, medalje

Perde 42km, R50-00 per inskrywing (hektoegang ingesluit), wegtrektyd – 07:30, medalje

Perde 22km, R50-00 per inskrywing (hektoegang ingesluit), wegtrektyd – 07:45, medalje

Pret-Stap / Fun-Run 5km, R30-00 per inskrywing (hektoegang ingesluit), wegtrektyd – 08:00, medalje

1.1km Kleinspan fietsry (9 jaar en jonger), Gratis, wegtrektyd – 10:00, medalje


Vanaf vroegoggend tot in die aand is daar uistallers en ‘n vlooimark. As jy kunstig is of iets kan vervaardig - d**k aan klere, stewels, juwele, skilderye, kleipotte, handsakke, kerse, houtwerk, speelgoed of dalk bak jy graag koekies of ander soetighede…..te veel om op te noem - kom slaan gerus jou vlooimarkstalletjie op. Of dalk verkoop jy graag goed soos ou boeke, knope, lap, lampies of koperware? Alles is welkom by die vlooimark.
Die nuwe voetuie uistalling moet ook nie misgeloop word nie. BB Auto Groep wat onder meer Ford, Nissan, Renult en Suzuki verkoop stal hul nuwe karre, swaarvoertuie en konstruksie masjiene uit. McCarthy Polokwane bring hul nuwe Mahindra, Foton, Chery en Ssang Yang modelle met Volkswagen en Toyota wat ook hul nuwe karre ten toon stel. Jan Pret Trekkers stal trekkers uit en JCB se nuwe grondverskuiwingmasjiene sal ook te sien wees.

Vir die kinders is daar heeldag pret en speletjies soos pringkastele, waterballe, paintball teikenskiettonnels en vele meer. Daar is ook mak perde waarop kinders gelei kan word om die ondervinding van perdry te ervaar en daar is ‘n perdekar wat die jongspan op ‘n kort roetes op die terrein rondry.
As jy die trotse eienaar van ‘n veteran motor is, kom stal dit gerus uit. Daar is spasie uitgesit spesiaal vir al hierdie pragtige ou karre. En as jy nie uitstal nie, kom aanskou gerus hierdie ou modelle.

Vanaf 07:30 tot 10:30 is daar ontbyt te koop wat spek, eiers, wors, roosterbrood en so aan insluit. Feesgangers kan deurdag ‘n verskeidenheid van etes geniet wat hamburgers, worsbroodjies en selfs pap & kaiings insluit. Daar is koeldrankstalletjies en die kuiertent. By die kuiertent is ‘n kontantkroeg en tafels waar vriende saam kan kuier. Die rugbywedstryd tussen Suid-Afrika en Australië word om 17:00 op die skerms in die kuiertent vertoon.

Tussen 09:00 en 11:00 die oggend kan feesgangers na ons plaaslike kunstenaars kom luister wanneer jong kunstenaars van die Hard Rock Music School & Productions in Polokwane die verhoog betree. Die sal gaaf wees as soveel mense moontlik hierdie jong talent kan kom ondersteun.

Om 10:45 begin die potjiekos-kompetisie. As jy fluitig is met die ou swart pot en warm kole, kom skryf in. Behalwe daarvoor dat jy as 2013 Limpopo Lentekarnaval se potjiekoskompetisie wenner bekroon kan word, is die goedhartigheid wat hieruit spruit dat daar aan vyf behoeftige mense uit elke pot wat inskryf ‘n maaltyd voorsien word.

Teen 11:00 die oggend gaan toeskouers en deelnemers groot pret hê wanneer die bondelsport begin. Plaaslike besighede kan spanne van ses persone (drie mans en drie dames) inskryf om teen mekaar mee te ding. Inskrywings is beperk tot slegs agt spanne. Die klem lê op SPAN, want sonder spanwerk sal jou span nie die eerste plek behaal nie. Items sluit in aflos-houtpaal dra, kruiwastoot (dames stoot die manne), groot buiteband rol en “flip”, Skaapdra (elke man gooi ‘n vrou-spanmaat oor die skouer en hardloop), sokkerbal-dribbel en sakresies. Behalwe vir “spogregte” kry die wenspan ook ‘n prys.

Om 13:30 begin die sterkman vertoning aangebied deur Chaos Hardcore Barbell. Dit sluit ‘n verskeidenheid van spierkrag demonstrasies in en feesgangers word genooi om deel te neem.

Vanaf 16:00 tot om 19:00 kan feesgangers hul regskuif vir fantastiese vertonings deur gaskunstenaars Jaco Taylor, Mia Louw en Jean-Pierre Zeelie met sy band Sweet November.

Om 19:00 betree die TAKE 5 Comedy se Doringdraad – No 1 in Afrikaanse Stand-up – met vriende Gavin Esterhuizen en Hannes van Tonder die verhoog. Hierdie is ‘n moet-sien vertoning wat groot vermaak beloof.

Vir meer inligting of om by enige aktiwiteit in te skryf:

Facebook skakels:

2013 Limpopo Lentekarnaval: https://www.facebook.com/limpopolentekarnaval

Lente-Stap / Spring Fun-Run: https://www.facebook.com/lentestap

Bergfiets / MTB “Die Plaaspad”: https://www.facebook.com/mtbdieplaaspad

Lenterit - langafstand perde: https://www.facebook.com/lenterit

e-pos: [email protected]

Cell (Jurie Olivier): 082 468 0444

Mountain bikes and horses follow the same routes. 42km or 22kmhttps://www.facebook.com/mtbdieplaaspad (mtb)https://www.f...
18/08/2013

Mountain bikes and horses follow the same routes.
42km or 22km
https://www.facebook.com/mtbdieplaaspad (mtb)
https://www.facebook.com/lenterit (horses)
https://www.facebook.com/limpopolentekarnaval (carnival)
28 September '13
[email protected] or 0824680444

Bergfietse en perde volg dieselfde roetes.
42km or 22km
https://www.facebook.com/mtbdieplaaspad (bergfietse)
https://www.facebook.com/lenterit (perde)
https://www.facebook.com/limpopolentekarnaval (karnaval)
28 September '13
[email protected] of 0824680444

Address

HTS Tom Naudé Sportvelde
Polokwane

Telephone

+27824680444

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Limpopo Lente-karnaval posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share