VF Plus - Oos-Kaap / Eastern Cape

VF Plus - Oos-Kaap / Eastern Cape Meer as ’n politieke party. Met ’n nuwe visie vir ’n suksesvolle SA, verbind tot beter dienslewering en verantwoordbaarheid. | More than a political party.

With a bold new vision for a successful SA, committed to service delivery and accountability.

01/10/2026
Gelukkige Erfenisdag!🙌 | Happy Heritage Day!
24/09/2026

Gelukkige Erfenisdag!🙌 | Happy Heritage Day!

Vandag se politieke stryd in Suid-Afrika is onlosmaaklik gekoppel aan die erfenis van komende geslagteDr Corne Mulder24-...
24/09/2026

Vandag se politieke stryd in Suid-Afrika is onlosmaaklik gekoppel aan die erfenis van komende geslagte

Dr Corne Mulder
24-09-2026

Vandag se politieke stryd in Suid-Afrika is onlosmaaklik gekoppel aan die erfenis van komende geslagte.

Net soos ’n ouer deur woord en daad moet toesien dat ’n gesin en ’n volk se kulturele erfenis lewend gehou en geëer word, so het elke persoon ’n plig en verantwoordelikheid om die toekoms van sy land deur politieke deelname te bou en te beskerm.

Daar word soms goedig na Erfenisdag as Braaidag verwys, en dit sê baie van die Afrikanervolk in die besonder: Mense wat lief is vir samesyn. ’n Braaivleisvuur is inderdaad ’n tasbare deel van die Afrikaner se kultuur.

Maar erfenis strek veel dieper as dit.

Dit gaan oor die verantwoordelikheid om jou kinders te leer van hul geskiedenis, hul agtergrond en kultuur – alles waarop hulle met reg trots kan en moet wees. Dit is iets wat hulle hoofsaaklik in die ouerhuis leer.

Net só verdien elke Suid-Afrikaner met ’n gedeelde erfenis om trots te wees op die pragtige land waarin hulle woon.

Die ANC het hierdie trots oor dertig jaar tot in die grond afgetakel. Miljoene Suid-Afrikaners is werkloos en sonder hoop, munisipaliteite stort in duie en in die buiteland is die land se aansien vertrap.

Selfs die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika, mnr. Leo Bozell, waarsku dat die regering met sy optrede en die behandeling van minderhede besig is om die land opnuut muishondstatus in die oë van die wêreld te besorg.

Dit is tragies, want gewone Suid-Afrikaners is nie die verloorders wat die ANC aan die wêreld voorhou nie.

Suid-Afrikaners wys op vele terreine, soos op die sportveld, dat hulle wenners is wat met die heel beste ter wêreld kan meeding. Daarbenewens is die land geseën met natuurlike rykdom en groot potensiaal.

Hierdie moontlikhede moet nou in ’n nuwe realiteit omskep word deur op 4 November in die plaaslike regeringsverkiesing te gaan stem.

Dis nou ons tyd om beheer oor die toekoms te neem. Dis ons tyd om ’n einde te bring aan die ANC-nagmerrie. Dis ons tyd om ’n erfenis vir ons nageslagte te skep.

Vandag se politieke stryd in Suid-Afrika is onlosmaaklik gekoppel aan die erfenis van komende geslagte. Net soos ’n ouer deur woord en daad moet toesien

23/09/2026

👏🗳️ The VF Plus appears at the very top of every ballot - the first choice voters will see.
A clear, principled alternative for a better future.
It is OUR time!
👏🗳️ Die VF Plus verskyn bo-aan al die stembriewe - die eerste keuse wat kiesers sien. ‘n Duidelike, beginselvaste alternatief vir ‘n beter toekoms.
Dit is ONS tyd!

❗️Sal jy weens jou ouderdom of gesondheidsprobleme nie kan stem nie?❗️Doen aansoek vir 'n tuisstem! 📲 Kontak ons op 0861...
23/09/2026

❗️Sal jy weens jou ouderdom of gesondheidsprobleme nie kan stem nie?❗️Doen aansoek vir 'n tuisstem! 📲 Kontak ons op 0861 700 700 of besoek elections.org.za

Address

Port Elizabeth

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VF Plus - Oos-Kaap / Eastern Cape posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share