Laerskool Baillie Park - amptelik

Laerskool Baillie Park - amptelik Welkom by Baillies se amptelike nuwe Facebook blad!

BAILLIES BY DIE DR. KENNETH KAUNDA GLENLY-SKAAKTOERNOOI โ™Ÿ๏ธBaie geluk aan ons Baillies-skaakspelers wat Saterdag 5 Septem...
06/09/2026

BAILLIES BY DIE DR. KENNETH KAUNDA GLENLY-SKAAKTOERNOOI โ™Ÿ๏ธ

Baie geluk aan ons Baillies-skaakspelers wat Saterdag 5 September aan die Dr. Kenneth Kaunda Glenly-skaaktoernooi deelgeneem het! Ons is trots op elkeen van julle.

๐Ÿ† U/8: Jayden Oosthuizen โ€“ 2de plek
๐Ÿ† U/10: Nickes Combrink โ€“ 1ste plek
๐Ÿ† U/12: Janco Combrink โ€“ 1ste plek
โ™Ÿ๏ธ U/12: Nandus Conradie โ€“ 19de plek
โ™Ÿ๏ธ U/14: Zenica Stoltz โ€“ 10de plek

Baie geluk aan elke speler met hierdie uitstekende prestasies! โ™Ÿ๏ธ๐Ÿ’™โค๏ธ

06/09/2026

๐Ÿ‘ฉโ€โš•๏ธ๐Ÿ‘ฎโ€โ™‚๏ธ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿซ๐Ÿ‘จโ€๐Ÿš’ Mense wat ons in die gemeenskap help! ๐Ÿš‘๐Ÿš’๐Ÿซ

Ons Graad 2-maats het hul kreatiwiteit behoorlik laat blom! ๐ŸŽจโœจ Elke maat het sy of haar eie gemeenskapshelper-poppie gemaak โ€“ en kyk net hoe oulik het hulle uitgekom!

Van dokters en verpleegsters tot onderwysers, polisiemanne en brandweermanne - ons het sommer weer besef dat elke helper โ€™n belangrike plekkie in ons gemeenskap het.

Klein handjies, groot kreatiwiteit en nรณg groter waardering vir ons gemeenskapshelde! ๐Ÿซถโœจ

Send a message to learn more

๐Ÿ Baillie Park se O/13A-dogterskrieketspan behaal โ€™n oortuigende oorwinningBaillie Park se O/13A-dogterskrieketspan het ...
05/09/2026

๐Ÿ Baillie Park se O/13A-dogterskrieketspan behaal โ€™n oortuigende oorwinning

Baillie Park se O/13A-dogterskrieketspan het Woensdag teen Potch Central gespeel. Hulle het eerste gekolf en โ€™n uitstekende totaal van 213 lopies aangeteken.

Selmay Taylor (57) het haar eerste 50-tal behaal en saam met Ansu Fourie (49) โ€™n indrukwekkende vennootskap van meer as 100 lopies opgebou. Albei spelers het sewe viere aangeteken.

Potch Central is daarna vir slegs 43 lopies uitgeboul. Adelay Botha en Grizelda Janse van Rensburg het elk twee paaltjies geneem. Ofentse Maruping, Ansu Fourie, Joanรฉ Fourie en Dinekรฉ Janse van Rensburg het elk een paaltjie geneem.

๐Ÿ† Baillie Park wen met 170 lopies!

๐ŸŒŸ Speler van die wedstryd: Ansu Fourie

Baie geluk aan die hele span met hierdie uitstekende spanprestasie! ๐Ÿ‘๐Ÿ

๐Ÿ‘ONS O/10 HOKKIEDOGTERS IS GEREED! Die koue gaan beslis nie vandag ons Baillies-dogters keer nie!  Ons Onder 10 hokkiedo...
05/09/2026

๐Ÿ‘ONS O/10 HOKKIEDOGTERS IS GEREED!

Die koue gaan beslis nie vandag ons Baillies-dogters keer nie! Ons Onder 10 hokkiedogters is gereed om die koue aan te durf en lekker hokkie te speel by Laerskool Fonteine se Hokkiedag.

Dogters, geniet elke oomblik, speel met julle hele hart en maak mooi herinneringe saam met julle spanmaats.

Ons is sommer baie trots op julle!

Go Baillies! ๐Ÿ”ด๐Ÿ”ต

๐Ÿƒโ€โ™€๏ธ๐Ÿƒโ€โ™‚๏ธ BAILLIES-LANDLOOP Baie sterkte aan ons Baillies-atlete wat vandag aan die SA-landloopkampioenskappe by Curro Ha...
05/09/2026

๐Ÿƒโ€โ™€๏ธ๐Ÿƒโ€โ™‚๏ธ BAILLIES-LANDLOOP

Baie sterkte aan ons Baillies-atlete wat vandag aan die SA-landloopkampioenskappe by Curro Hazeldean deelneem:

โญ Caylen Vermaak
โญ Carolรฉ Kruger
โญ Antionette van Heerden
โญ Duhan-Roux Nel
โญ Lienke Erasmus
โญ Wilmรฉ Kruger
โญ Hanru van Heerden
โญ Henko Groenewald
โญ Tรฉia Els
โญ Pieter Bouwer
โญ Anja du Plessis
โญ Marnu Koekemoer
โญ Hlogi Ngoepe
โญ Ava Heenop
โญ Hazel-Grace Nel
โญ Avah Kruger
โญ Janco Kruger
โญ Abby Smith
โญ Merique Botha
โญ Lihann Kemp

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! Gaan geniet dit, gee julle beste en hardloop met trots!

Baillies glo in julle - gaan wys wat julle kan doen! ๐ŸŒŸ๐Ÿ’™โค๏ธ

Ons innige meegevoel aan die hele Ferdies-gemeenskap met hierdie groot verlies. ๐ŸคJulle is in ons gedagtes en gebede gedu...
04/09/2026

Ons innige meegevoel aan die hele Ferdies-gemeenskap met hierdie groot verlies. ๐Ÿค

Julle is in ons gedagtes en gebede gedurende hierdie hartseer en moeilike tyd. Mag God elkeen van julle dra, vertroos en versterk in die dae wat voorlรช.

04/09/2026

๐ŸŽ‰๐Ÿง WAT โ€™N HEERLIKE KOEKVERKOPING! ๐Ÿฟ๐ŸŽ‚

Ons Graad 3-Kinderpartytjie Koekverkoping was vandag โ€™n reuse sukses! ๐Ÿฅณ

Van die kleurvolle tafels en heerlike lekkernye tot die vrolike partytjie-atmosfeer - daar was beslis iets vir elkeen om te geniet.

โ€™n Baie groot dankie aan elke Graad 3-ouer, grootouer en onderwyser wat gebak, gepak, gehelp, versier en ondersteun het. Julle moeite en betrokkenheid het hierdie dag besonders gemaak! ๐ŸŒŸ

Dankie ook aan al ons leerders wat kom koop en saam met ons partytjie gehou het. Julle ondersteuning word opreg waardeer.

Baie geluk Graad 3โ€™s - dit was โ€™n fantastiese dag! ๐ŸŽˆ๐Ÿง๐Ÿญ

Send a message to learn more

๐ŸŽ‰๐ŸŽถ KUNS, MUSIEK EN VERJAARSDAGPRET! ๐ŸŽถ๐ŸŽ‰Op Vrydag, 28 Augustus, het ons ons jaarlikse KUM-konsert (Kuns en Musiek) aangebi...
04/09/2026

๐ŸŽ‰๐ŸŽถ KUNS, MUSIEK EN VERJAARSDAGPRET! ๐ŸŽถ๐ŸŽ‰

Op Vrydag, 28 Augustus, het ons ons jaarlikse KUM-konsert (Kuns en Musiek) aangebied โ€“ vanjaar ekstra spesiaal met โ€™n vrolike verjaardagtema ter viering van ons skool se 60ste bestaansjaar! ๐ŸŽ‚๐ŸŽˆ

Ons leerders, van wie baie nog beginnerinstrumentaliste is, het met trots hul talent, harde werk en vordering op die verhoog gedeel. Ons is ongelooflik trots op elkeen wat die moed gehad het om op te tree! ๐ŸŒŸ๐ŸŽน๐ŸŽธ๐ŸŽป

Ons personeel het ook vir groot pret gesorg met โ€™n marimba-keurspel van bekende Afrikaanse liedjies wat die gehoor behoorlik laat saamsing het. ๐ŸŽต

Baie dankie aan elke leerder, ouer en personeellid wat bygedra het tot โ€™n besondere viering van 60 jaar se musiek, talent en Baillie-gees! โค๏ธ๐Ÿ’™

03/09/2026

๐Ÿงฉ WISKUNDE WAS VANDAG GROOT PRET! ๐Ÿ“

Ons Graad 4โ€™s het vandag se Wiskundeklas behoorlik geniet! Daar was geen moeilike somme nie - net kreatiewe denke, ontdekking en hope pret.

Die leerders het kennis gemaak met die tangram, โ€™n oeroue Chinese meetkundige raaisel. Elkeen het sy of haar eie tangram ontvang en moes die verskillende vorms gebruik om interessante figure te bou.

Wie het gesรช Wiskunde kan nie pret wees nie? Ons Graad 4โ€™s het vandag gewys dat โ€™n mens sommer lekker kan leer รฉn speel! ๐Ÿ’™โค๏ธ

03/09/2026

๐ŸŽจ Grondslagfase Kunsklasse ๐ŸŽจ

Hierdie week was ons kreatief met waterverf! ๐Ÿ’ฆ๐Ÿ–Œ๏ธ
Ons het vrolike verkleermannetjies gemaak en ontdek hoe kleure met water kan vloei, meng en saamsmelt.

โ€™n Week vol kleur, kreatiwiteit en waterverfpret! ๐ŸŒˆโœจ

Address

Cnr. Neethling And Pavey Street
Potchefstroom Town
2531

Opening Hours

Monday 07:15 - 14:00
Tuesday 07:15 - 14:00
Wednesday 07:15 - 14:00
Thursday 07:15 - 14:00
Friday 07:15 - 13:30

Telephone

+27182905377

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Baillie Park - amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Laerskool Baillie Park - amptelik:

Shortcuts

Share

Category