09/06/2026
BIRDLIFE WESVAAL
CLUB MEETING
4 JUNE 2026.
Traditionally, during the winter months in Potchefstroom, BirdLife Wesvaal hosts its popular "Soup and Sherry Evening", and Thursday evening was no exception. A total of 42 club members braved the winter cold to enjoy a pleasant and educational evening together.
After club matters and general administration had been attended to, our guest speakers, Corrie Venter and Alet Steyn, took over with their interesting theme: "Guess, Learn and Bird Identification."
Club members' birding knowledge was thoroughly tested! Bird photographs were displayed and the process of species identification was explained step by step by comparing photographs, descriptions and field guides.
It was certainly not an easy task!
* Just think of all the Cisticolas and Larks!
* The colour differences between juvenile and adult birds left many participants scratching their heads.
* When is it a Gabar Goshawk and when is it a Lizard Buzzard?
* Which bee-eater species have yellow feathers on their throats? Who is who?
* And how does one distinguish between the Maccoa Duck and the Southern Pochard? Which one dives deeper underwater and which one floats higher on the surface?
By question number 24, I had already rewritten my answer sheet about four times!
Congratulations to Alet and Corrie on an outstanding presentation. It was a highly educational evening that was thoroughly enjoyed by everyone. We sincerely thank them for the time, effort and preparation that went into making the presentation such a success.
After the programme, delicious hot soup and fresh bread rolls were served in the lounge of the Elgro Hotel. The fellowship was enjoyable, the refreshments were excellent and the evening was filled with warm camaraderie.
A sincere thank you to every member who attended the meeting, as well as to everyone who contributed towards the preparation of the soup and the success of the evening.
Your support and involvement make BirdLife Wesvaal a truly special club.
Our next club meeting will take place on 6 August 2026.
BirdLife Wesvaal is looking forward with great excitement to the visit of Dr Hanneline Smit-Robinson, Head of Conservation at BirdLife South Africa, who will be our guest speaker for the evening.
BIRDLIFE WESVAAL.
KLUBBYEENKOMS.
4 JUNIE 2026.
Tradisioneel hou BirdLife Wesvaal gedurende die wintermaande in Potchefstroom sy gewilde "Sop en Sjerrie-aand", en Donderdagaand was geen uitsondering nie. Altesaam 42 klublede het die winterkoue getrotseer om saam 'n gesellige en leersame aand te geniet.
Nadat klub-aangeleenthede en algemene administrasie afgehandel is, het ons gassprekers, Corrie Venter en Alet Steyn, die leisels oorgeneem met hul interessante tema: "Raai, Leer en Voëlidentifikasie".
Klublede se kennis van voëls is behoorlik getoets! Voëlfoto's is vertoon en die proses van spesie-identifikasie is stap vir stap verduidelik deur foto's, beskrywings en veldgidse met mekaar te vergelyk.
Dit was beslis nie 'n maklike taak nie!
* D**k maar net aan al die Klopkloppies en Lewerikke!
* Die kleurverskille tussen jong voëls en volwasse voëls het menige deelnemer laat kopkrap.
* Wanneer is dit 'n Witskruissperwer en wanneer 'n Akkedisvalk?
* Watter byvreterspesies het geel vere op hul kele? Wie is wie?
* En hoe onderskei mens tussen die Bloubekeend en die Bruineend? Wie swem dieper in die water en wie swem hoër op die oppervlak?
Teen vraag nommer 24 was my antwoordstel al omtrent vier keer oorgeskryf!
Baie geluk aan Alet en Corrie met 'n uitstekende aanbieding. Dit was 'n besonder leersame aand wat deur almal geniet is. Ons sê opreg dankie vir die tyd, moeite en voorbereiding wat daarin ingegaan het.
Na afloop van die program is heerlike warm sop en vars broodjies in die sitkamer van die Elgro Hotel bedien. Die kuier was gesellig, die verversings smaaklik en die samesyn besonder aangenaam.
Baie dankie aan elke lid wat die aand bygewoon het, asook aan almal wat bygedra het tot die voorbereiding van die sop en die sukses van die byeenkoms.
Julle ondersteuning en betrokkenheid maak BirdLife Wesvaal 'n besonderse klub.
Ons volgende klubbyeenkoms vind plaas op 6 Augustus 2026.
BirdLife Wesvaal sien met groot opgewondenheid uit na die besoek van Dr Hanneline Smit-Robinson, Hoof van Bewaring van BirdLife South Africa, wat die aand se gasspreker gaan wees.