27/08/2026
https://www.facebook.com/share/p/1HNUzVUZKC/
SPESIALE DEURKOLLEKTE: KINDERS MET GESTREMDHEDE (TOIBO)
Hoe lees ’n kind braille wanneer sy of haar vingers seer is van die koue? En hoe praat hulle gebaretaal met hulle hande in die sakke of onder komberse toegevou? Verder, ons weet in koue en nat weer is seer gewrigte nog seerder – wat is die impak daarvan op ’n kind met serebrale gestremdheid? ’n Verwarmer, trui en handskoene kan sekerlik ’n groot verskil maak, maar wat daarvan as die beskikbare geld skaars genoeg is vir kos, wat nog te sê handskoene of elektrisiteit?
Dinge waaraan ons nooit eers d**k nie, is dikwels vir kinders met gestremdhede enorme uitdagings. Dinge wat ons as vanselfsprekend beskou, is dikwels blokkasies vir ’n kind om te kan leer. Ons wil hê dat kinders met gestremdhede gelyke geleenthede het om ná skool tot die arbeidsmark toe te tree en ’n sinvolle bydrae te lewer – ons landswette probeer immers daarvoor voorsiening maak. Maar dit vra dat ons ook vir hierdie kinders van ons onderrig van hoë kwaliteit moontlik moet maak. Dit is waar TOIBO inpas.
TOIBO (die Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys) het oor die jare derduisende kinders met gestremdhede gehelp om onderrig van hoë kwaliteit te ontvang. En na 79 jaar is ons steeds besig met hierdie werk. Ons – nie hulle nie. Want ons, as die tradisionele drie Afrikaanse susterkerke, het reeds in 1947 met hierdie werk begin. En saam is ons steeds daarmee besig. Besig om hoop en geleenthede te gee vir kinders wie se uitdagings ons onsself nie maklik kan ind**k nie.
Op Sondag 6 September (die Sondag net na Loslitdag) is dit die nasionale biddag vir mense met doofheid. In ons kerke brei ons dit uit om alle gestremdhede in te sluit. Daarom gebruik ons hierdie Sondag om te vra vir ’n vrywillige, spesiale deurkollekte vir TOIBO.
Deurkollektes en bydraes kan inbetaal word by:
Rekeninghouer: Raad van Finansies
Rekeningnommer: 020000287
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Verwysing: 16TOIB + Naam (gemeente of individu)
Baie dankie vir volgehoue, dekade lange ondersteuning aan kinders met besondere
uitdagings!
Skakel na OMSENDSKRYWE 29/2026
https://nhka.org/wp-content/uploads/2026/08/2026-08-13-Omsendskrywe-29-van-2026-Spesiale-deurkollekte-kinders-met-gestremdhede-TOIBO.pdf