03/09/2026
JASPER WIESE SE VEILINGDUIF WEN WEDVLUG
Springbok-agsteman, Jasper Wiese, was die gelukkige wenner van die duif-wedvlug wat gedurende Maart, ten bate van die Affie-kriekettoer na Sri Lanka, aangebied is.
Jasper, wat self by die fondsinsameling teenwoordig was, het op die wenduif gebie voor die wedvlug wat in Julie plaasgevind het – en die res is geskiedenis. Hy blink dus nie net op die rugbyveld uit nie, maar ondersteun ook Affie-krieket.
Die wenprys is 'n allemintige R50 000 kontant, asook 'n R50 000-geskenkbewys van RotakeSA.
Baie geluk, Jasper, en dankie dat jy met jou volle gewig agter Affies se krieket
staan.