Kleinfontein

Kleinfontein Ons GOD ons Volk ons EIE Afrikaners is verras met die ongerepte plaas van 500 ha slegs 30km vanaf Pretoria.

ONTSTAAN EN GESKIEDENIS

Kleinfontein se ontstaan kan teruggevoer word na die saamtrek van duisende Afrikaners in 1988 op ‘n plaas oos van Pretoria om die 150ste herdenking van die Groot Trek te vier. Te meer omdat op hierdie plaas die Bittereinders bly voortveg het vir die vryheid van hulle volk gedurende die laaste paar jaar van die 2de Vryheidsoorlog. Dit is op hierdie plaas waar die slag van D

onkerhoek plaasgevind het en die historiese begraafplaas van die gesneuweldes van die Engelse magte geleë is. Latere jare is `n gedenkteken bokant die begraafplaas opgerig vir die Boere wat terwille van hulle volk nie opgegee het nie. Tussen 1988 en 1992 het dit duidelik geword dat die regering uiteidelik die mag aan die swart meerderheid gaan oorhandig sonder dat daar enige voorsiening gemaak word vir die voortbestaan van die Afrikanervolk. Toe die betrokke plaas in 1992 op die mark kom, het twee versiende pioniers die groot waagstuk aangegaan om `n lening op te neem om die plaas te koop vir `n kerngebied vir die Afrikaners in die hartland van die ou Boere Republieke. Dadelik is nog twee volkspatriotte ingetrek en het die viermanskap begin om aandeelhouers te betrek om te help om die lening terug te betaal en die ontwikkeling van die grond af te kry. Die eerste jare , was jare van stryd maar ook die jare waarin die room van ons volk hulle gewig agter Kleinfontein gegooi het. Elke maand moes die paaiement betaal word en is geraap en geskraap om dit by te bring en die plaas in die hande van ons volk te hou. Die eerste jare was ook die jare waarin die beginsels prakties vasgelê is van `n volk wat vry wil word – die basiese beginsels van `n volksgerigte instelling, van `n volkseie regstelsel, van `n volksdemokrasie en bowenal van volkseie arbeid. Die pioniers het in die tyd nie alleen hulle spaar en pensioengeld in hierdie droom belê nie, maar het ook hulle tyd, kragte en energie kosteloos beskikbaar gestel om Kleinfontein te ontwikkel. In 1994 is voldoende aandeelhouers gewerf om die lening te diens en kon begin word om dienste te verskaf. Die eerste twee permanente huise wat volledig vanaf fondament tot dak met volkseie arbeid gebou is, is in 1996 voltooi en twee gesinne het die eerste permanente inwoners van Kleinfontein geword. Daarna het Kleinfontein teen `n ongekende tempo begin groei, verdere erwe en hoewes is uitgepen, huise is oral gebou en jonk en oud het ingetrek. Die eerste baba is op Kleinfontein gebore en die eerste huwelik tussen twee Kleinfonteiners is voltrek. Radio Pretoria het sy uitsaaitoring op Kleinfontein opgerig, sportvelde is aangelê, `n volkseie skool is opgerig, `n spaar en krediet koöperasie het verrys,`n gemeenskapsaal, sorgsentrum en aftreehuise het gevolg asook `n winkelkompleks met `n outobank. Die bevolking het gegroei sodat daar vandag ongeveer 900 Afrikaners bedags op Kleinfontein bedrywig is waarvan ongeveer 650 inwoners is en ongeveer 400 aandeelhouers. Kleinfontein het ook in oppervlakte gegroei vanaf die oorspronklike 500 ha tot die huidige 860 ha. Vandag strek Kleinfontein van net duskant die N4 snelweg tot anderkant die Boschkop teerpad. In hierdie gebied is dit slegs Afrikanerhande wat van die mees nederigste werk tot die mees gekompliseerde werk uitvoer en kan daar met waarheid gesê word dat hierdie grond volksgrond is omdat dit slegs deur hierdie volk beset, beveilig, bewoon en bewerk word .

06/04/2026
20/03/2026

Nog werk vir 'n Afrikaner.
Finkor is op soek na ‘n boekhouer vir ‘n vaste termyn kontrak. Vereistes is ten minste 2 jaar boekhou ondervinding (kasboek, debiteure en krediteure) asook ondervinding in Sage Online OF Quickbooks Online. Stuur CV’s aan [email protected]

Is jy fiks en gesond en nie bang vir werk nie ?Ons gee Afrikaners werk!
19/03/2026

Is jy fiks en gesond en nie bang vir werk nie ?
Ons gee Afrikaners werk!

Nog werk vir 'n Afrikaner !
16/03/2026

Nog werk vir 'n Afrikaner !

Ons Plek Kleinfontein word 1 jaar oud en daar word feesgevier. Baie geluk aan die Helpende Hand wênspan. Die Helpende Ha...
12/03/2026

Ons Plek Kleinfontein word 1 jaar oud en daar word feesgevier. Baie geluk aan die Helpende Hand wênspan. Die Helpende Hand motorfietsklub het vir die kleinspan motorfietse geskenk. Vir Tannie Lynette se ongelooflike onbaatsugtige bydrae dra die Biblioteek van vandag haar naam. Hannes Noeth

12/03/2026

Nog werk vir 'n Afrikaner

Finkor is op soek na ‘n betaalstaat administrateur (“payroll administrator”). Begindatum is 4 Mei 2026. Vorige ondervinding in die hantering van betaalstate, EMP201-, EMP501- en VK-indienings is ‘n vereiste. Aansoekers wat nie hieraan voldoen sal nie oorweeg word nie. Stuur volledige CV en salarisverwagting na [email protected].

Nog werk vir 'n Afrikaner
10/03/2026

Nog werk vir 'n Afrikaner

Werk vir 'n Afrikaner
10/03/2026

Werk vir 'n Afrikaner

'n Aflospos bestaan by Ons Plek Kleinfontein kleuterskool vir 4 maande vanaf Middel April tot Middel Augustus. Die pos i...
18/02/2026

'n Aflospos bestaan by Ons Plek Kleinfontein kleuterskool vir 4 maande vanaf Middel April tot Middel Augustus. Die pos is vir' n kok maar sluit ook skoonmaak dienste in. Indien u belangstel kontak Carlene du Toit op 0832734685 of stuur jou cv aan [email protected].

Address

Kleinfontein Afrikaner Kultuurdorp
Pretoria
1001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kleinfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Kleinfontein:

Share