02/09/2026
ONS VIER SEKRETARESSEDAG!
Vandag is die dames in die kantoor lekker bederf met 'n heerlike ontbyt en kuiersessie by Clay Café. Dankie vir julle harde werk en liefde vir ons skool. Osieland is baie bevoorreg om julle as deel van ons span te hê.
Ons het ook sommer van die geleentheid gebruik gemaak om Osieland se heel eerste Bemarker, Ilana Visser, by ons te verwelkom. Sy sê sy het sommer GROOT planne en kan nie wag om aan die werk te spring nie.