Tuine Gemeente

Call Directions Website Contact the organization

Tuine Gemeente Religious Organization

Dinsdag Gedagte | Ware tevredenheid begin wanneer ons ophou leef uit dit wat ons kort, en leer leef vanuit die Bron wat ...
27/10/2026

Dinsdag Gedagte | Ware tevredenheid begin wanneer ons ophou leef uit dit wat ons kort, en leer leef vanuit die Bron wat ons reeds voed.

Terugkyk Maandag Wat gebeur wanneer ons leer om vanuit die Bron te leef, eerder as om voortdurend na méér te soek?Sondag...
26/10/2026

Terugkyk Maandag

Wat gebeur wanneer ons leer om vanuit die Bron te leef, eerder as om voortdurend na méér te soek?

Sondag is ons geïnspireer deur dr. Johan Geyser, wat Paulus se woorde oor vergenoegdheid oopgebreek het en ons uitgenooi het om die geheim van tevredenheid te ontdek – nie in dit wat ons besit nie, maar in die Bron waaruit ons leef.

By ons Wigwam preekpunt het ons saam aanbid, geloof gedeel en in lekker kuier gemeenskap beleef.

Tydens ons aandbyeenkoms het ons verder gedelf in Jesus se gelykenisse en nagedink oor muntstukke, vermeerdering en die vraag hoe ons dit wat aan ons toevertrou is, gebruik.

✨ Mag hierdie week ons herinner om nader aan die Bron te leef, met dankbaarheid te ontvang en met wysheid te gebruik wat aan ons toevertrou is.

Saam vir bewusmaking, saam vir hoop!Tuine Gemeente was dankbaar om op Vrydag 23 Oktober gasheer te wees vir die 2026 Hol...
26/10/2026

Saam vir bewusmaking, saam vir hoop!

Tuine Gemeente was dankbaar om op Vrydag 23 Oktober gasheer te wees vir die 2026 Hollard CANSA Run, wat by ons gemeente begin én geëindig het. 🏃‍♂️💙

Ons is dankbaar dat ons deel kon wees van hierdie besondere inisiatief om bewustheid oor prostaatkanker te bevorder. Saam maak ons ’n verskil!

Vriende, hier is die skakel na vanoggend se diens:
25/10/2026

Vriende, hier is die skakel na vanoggend se diens:

Bloei #4 - Wind (Vergenoegdheid) Johan Geyser

Sondag, 25 Okt by Tuine GemeenteOggend | 09:00 | Johan Geyser | WindKinderkerk | 09:00Aand | 17:30 | Ds Johnny Young | D...
23/10/2026

Sondag, 25 Okt by Tuine Gemeente

Oggend | 09:00 | Johan Geyser | Wind
Kinderkerk | 09:00

Aand | 17:30 | Ds Johnny Young | Die talente
Juventus | 17:30

23/10/2026

Jy is genooi! Komende Sondag by Tuine en aanlyn.

Terugkyk Maandag Kom kyk saam met ons terug op ’n Sondag vol kosbare oomblikke, geloofsinspirasie en herinneringe aan Go...
19/10/2026

Terugkyk Maandag

Kom kyk saam met ons terug op ’n Sondag vol kosbare oomblikke, geloofsinspirasie en herinneringe aan God se lewegewende krag! Anet Dreyer-Krüger het ons die oggend herinner aan hoe belangrik dit is om ons wortels diep in God te vestig, want ware groei en bloei begin by sterk wortels – gevoed deur die lewegewende krag van God.

Tydens die aandbyeenkoms en Juventus het Erika Ferreira die gelykenis van die twee broers – die een wat ja sê en die ander wat nee sê – vir ons oopgebreek. Ons is uitgedaag om nie net met ons woorde ja te sê nie, maar ook ons ja deur ons dade uit te leef.

Mag ons hierdie week diep gewortel bly in God se liefde en blom waar Hy ons geplant het. Kom wees deel van ’n geloofsgemeenskap waar ons mekaar bemoedig, saam in geloof wandel en elke dag met ons woorde én dade vir Hom ja sê!

Vriende, hier is die skakel na vanaand se byeenkoms:
18/10/2026

Vriende, hier is die skakel na vanaand se byeenkoms:

Sy Woorde #5 - Die twee seuns Ds. Erika Ferreira

Vriende, hier is die skakel na vanoggend se diens:
18/10/2026

Vriende, hier is die skakel na vanoggend se diens:

Bloei #3 - Wortels: Groei begin ondergronds Ds. Anet Dreyer-Krüger

Sondag, 18 Okt by Tuine Gemeente:Oggend | 09:00 | Dr Anet Dreyer-Krüger | WortelsKinderkerk | 09:00Aandbyeenkoms | 17:30...
16/10/2026

Sondag, 18 Okt by Tuine Gemeente:

Oggend | 09:00 | Dr Anet Dreyer-Krüger | Wortels
Kinderkerk | 09:00

Aandbyeenkoms | 17:30 | Ds Erika Ferreira | Die twee seuns
Aandbyeenkoms | 17:30

Address

8 Cuckoo Avenue, Safari Gardens
Rustenburg
0299

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 07:30 - 10:30

Telephone

+27145330297

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tuine Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Organization

Send a message to Tuine Gemeente:

Shortcuts

Share