01/06/2026
| Terugkyk Maandag |
Gisteroggend by Tuine Gemeente het ds Janine Bevolo-Manders (’n ou en geliefde bekende hier by ons) die Nagmaal-erediens gelei. Dit was ’n besondere erediens – baie dankie, ds Janine!
Ons Tuine-maats het die geleentheid gehad om eers saam met die gemeente die erediens by te woon, waarna hulle na die gebedskamer beweeg het vir ’n spesiale aktiwiteit.
Die aanddiens het voortgegaan met die Toorwoorde-reeks, waar ons hierdie week by die woord “Dankie” stilgestaan het. Deur die verhaal van die tien melaatses het ds Johnny ons gewys dat dankbaarheid meer is as waardering vir God se gawes; dit is 'n reaksie op God self. Vir die melaatse wat teruggedraai het, was dit nie net die wonderwerk wat saak gemaak het nie, maar die Wonderwerker – Jesus.