Hoërskool Rustenburg

Call Directions Website

Hoërskool Rustenburg Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hoërskool Rustenburg, Public School, Kockstraat 60, Rustenburg.

| GELUKKIGE VERJAARSDAG |Veels geluk met jou verjaarsdag, Mnr. Elardu Raath. Mag mooi wense jou deur die jaar vergesel.🎂...
25/10/2026

| GELUKKIGE VERJAARSDAG |
Veels geluk met jou verjaarsdag, Mnr. Elardu Raath. Mag mooi wense jou deur die jaar vergesel.
🎂🥳

BAIE DANKIE, VASTRAP! 💚🧡🤍Dankie dat julle ons Matrieks kom bemoedig en sterkte toewens het!Ons waardeer julle ongeloofli...
23/10/2026

BAIE DANKIE, VASTRAP! 💚🧡🤍

Dankie dat julle ons Matrieks kom bemoedig en sterkte toewens het!

Ons waardeer julle ongelooflik baie! 🌳
Laerskool Vastrap

RUSTIE-KRIEKETSPELERS VERTEENWOORDIG NOORDWES! 🏏Hoërskool Rustenburg is ongelooflik trots op ons kranige krieketseuns wa...
22/10/2026

RUSTIE-KRIEKETSPELERS VERTEENWOORDIG NOORDWES! 🏏

Hoërskool Rustenburg is ongelooflik trots op ons kranige krieketseuns wat gekies is om Noordwes by die onderskeie Nasionale Weke en Streekweke te verteenwoordig!

Hiérdie manne het gewys uit watter hout hulle gesny is:

🇿🇦 Nasionale Weke

• Callie Fryer – Gekies vir die Noordwes o.19-span wat aan die gesogte Khaya Majola Nasionale o.19-week gaan deelneem.
• Rejean v/d Venter – Gekies vir die Noordwes o.16-span wat aan die o.16 Seuns Nasionale Week gaan deelneem.

🏆 Streekweke & Reserwes

• Andre Fryer – Gekies om Noordwes o.15 by die Streekweek te verteenwoordig.
• Xander Wenhold – Aangewys as reserwe vir die Noordwes o.17-span (sal ongelukkig nie saamreis nie).
• Berto Grobler – Aangewys as reserwe vir die Noordwes o.16-span (sal ongelukkig nie saamreis nie).

Julle harde werk, toewyding en absolute deursettingsvermoë op die oefenvelde en in die nette het julle tot hier gebring. Julle verdien hierdie wonderlike geleentheid!
RHS staan breëbors agter julle!

Gaan wys julle talente, geniet elke oomblik van hierdie hoëgehalte-krieketweke en maak Noordwes en Rustenburg Hoërskool se naam hoog!

EEN SKOOL. EEN SPAN. RUSTIE-TROTS!

RHS Krieket word met trots geborg deur ASB Minerals

Minerals

REKORDS EN RUSTIE-TROTS VIR ONS SWEMMERS🏆Van 9–11 Oktober het ons Rustie-swemmers by die Short Course Gala in Hartbeespo...
22/10/2026

REKORDS EN RUSTIE-TROTS VIR ONS SWEMMERS🏆

Van 9–11 Oktober het ons Rustie-swemmers by die Short Course Gala in Hartbeespoort gewys waartoe hulle in staat is!

Met podiumplekke, persoonlike prestasies en selfs Noordwes-rekords was dit ’n naweek om op trots te wees!

'n Spesiale geluk aan Dehan Lötter, wat verskeie eerste plekke behaal het en twee Noordwes Short Course-rekords vir 16-jariges én Noordwes-kampioenskaprekords in die 100 m- en 200 m-vlinderslag opgestel het! Hy het ook tydens die 50 m-vlinderslag-tydtoets ’n Noordwes Short Course-rekord vir 16-jariges aangeteken.

🥇 Ons eersteplek-wenners sluit in:
Dehan Lötter – verskeie items
Riandu Basson – verskeie items
Neil van den Bergh – 100 m-borsslag
Cara Louw – 4 x 50 m-vryslagaflos

Baie geluk aan al ons Rustie-swemmers: Zian Nel, Michael van Niekerk, Annika Schuch, Roelien Snyman, Zac Arlow, Marion Münch, Leroux Byliefeldt, Mienke Byliefeldt en Johan Fick, wat ook met sterk vertonings en uitstekende plekke hul merk gemaak het.

Julle harde werk en deursettingsvermoë laat ons Rustie-trots swel!

Die volledige uitslag lyk as volg:

Dehan Lötter:
1ste 50 Vryslag
1ste 50 Rugslag
1ste 200 Rugslag
1ste 50 Borsslag
1ste 100 Vlinderslag (NW Short Course Rekord 16 jariges en NW Kampioenskap Rekord)
1ste 200 Vlinderslag (NW Short Course Rekord 16 jariges en NW Kampioenskap Rekord)
1ste 200 IM
2de 100 Vryslag
50 Vlinderslag Time Trial (NW Short Course Rekord 16 jariges)
2de 4x50 Seuns 15-16 Wisselslag Aflos

Riandu Basson:
2de 100m Vryslag
1ste 50m Rugslag
2de 200m IM
3de 4x50m IM aflos
1ste 100m Rugslag
1ste 50m Vlinderslag
2de 100m IM
3de 400m Vryslag
1ste 100m Vlinderslag
1ste 50m Vryslag met nuwe rekord tydens prelims gebreek

Zian Nel:
2de 4x50m Vryslag
3de 4x50m IM
3de 200m Rugslag
3de 100m IM
5de 400m Vryslag
5de 200m IM
5de 50m Rugslag
5de 4x50m Gemengde Vryslag
6de 200m Vryslag
6de 100m Rugslag
6de 50m Vlinderslag
7de 100m Vryslag
7de 50m Vryslag
8ste 100m Vlinderslag

Neil van den Bergh:
1ste 100m Borsslag
4de 50m Rugslag
5de 50m Borsslag
5de 4x50m IM aflos
7de 100m Vryslag
7de 50m Vryslag
7de - 4x50m Vry aflos

Cara Louw:
1ste 4x50m Vryslagaflos
2de 100m Borsslag
2de 200m Borsslag
3de 100m Rugslag
3de 200m Rugslag
3de 50m Vryslag
4de 50m Vlinderslag

Michael van Niekerk:
5de 100m IM
8ste 100m Rugslag
8ste 50m Borsslag
8ste 200m Borsslag
8ste 50m Vinderslag
9de 50m Rugslag
9de 100m Borsslag
10de 100m Vryslag
13de 50m Vryslag

Annika Schuch:
4de 200m Borsslag
5de 100m Borsslag
7de 200m IM
10de 50m Rugslag
11de 100m Vryslag
11de 200m Vryslag
12de 50m Vryslag

Roelien Snyman:
9de 50 Rugslag
15de 50 Borsslag
17de 50 Vlinderslag
15de 50 Vryslag
16de 100 Vryslag
15de 100 IM

Zac Arlow:
12de 50m Vryslag
13de 50m Rugslag
13de 100m Rugslag
14de 50m Vlinderslag
17de 100m Vryslag
17de 50m Borsslag

Marion Münch:
3de 4x50m IM aflos
5de 4x50m Gemenge Vryslag aflos
6de 4 x 50m Vryslag
11de 200m IM
11de 100m Borsslag
13de 100m Rugslag
14de 50m Borsslag
14de 100m IM
16de 50m Rugslag
16de 50m Vlinderslag
16de 50m Vryslag
18de 100m Vryslag

Leroux Byliefeldt:
5de 400m Vryslag
6de 100m Borsslag
7de 50m Vlinderslag
11de 50m Vryslag

Mienke Byliefeldt:
4de 400m Vryslag
5de 200m Borsslag
6de 200m Vryslag
6de 100m IM

Johan Fick:
2de 50m Rugslag
2de 100m Vryslag
3de 50m Borsslag
3de 50m Vlinderslag
3de 50m Vryslag
3de 100m IM
5de 4x50m IM aflos
9de 200m IM

Simon Snyman:
5de 50m Rugslag
6de 200m IM
6de 50m Vlinderslag
7de 50m Borsslag
8ste 50m Vryslag

Rustie-swem word met trots geborg deur RHS Old Boys.

GR. 10-EINDEKSAMEN: VERBRUIKERSWETENSKAPPESterkte aan ons gr. 10-leerders wat vandag Verbruikerswetenskappe sessie 1 skr...
22/10/2026

GR. 10-EINDEKSAMEN: VERBRUIKERSWETENSKAPPE

Sterkte aan ons gr. 10-leerders wat vandag Verbruikerswetenskappe sessie 1 skryf.

Ons dink aan julle!

GR. 11-EINDEKSAMEN: LANDBOUWETENSKAPPE V1 | RTT V1Sterkte aan ons gr. 11-leerders wat vandag Landbouwetenskappe V1 sessi...
22/10/2026

GR. 11-EINDEKSAMEN: LANDBOUWETENSKAPPE V1 | RTT V1

Sterkte aan ons gr. 11-leerders wat vandag Landbouwetenskappe V1 sessie 1 skryf, asook RTT V1 sessie 2.

Ons dink aan julle!

GR. 12-EINDEKSAMEN: REK V1 | IGO V1Sterkte aan ons gr. 12-leerders wat vandag REK V1 sessie 1 skryf, en IGO V1 sessie 2....
22/10/2026

GR. 12-EINDEKSAMEN: REK V1 | IGO V1

Sterkte aan ons gr. 12-leerders wat vandag REK V1 sessie 1 skryf, en IGO V1 sessie 2.

Ons dink aan julle!

RUSTIES MAAK GOLWE IN DIE SWEMBADOns Rustie-swemmers het op 13 Oktober tydens die High School Spring Celebration Gala by...
22/10/2026

RUSTIES MAAK GOLWE IN DIE SWEMBAD

Ons Rustie-swemmers het op 13 Oktober tydens die High School Spring Celebration Gala by Fields College uitgeblink en die gala gewen!

Met verskeie eerste plekke in die 50 m-vlinderslag, rugslag, borsslag en vryslag het ons swemmers gewys dat Rustie-talent diep lê!

🥇 Ons individuele wenners:
Cara Louw
Elizma Jacobs
Milan Young
Jeanrie Lennox
Dedré Engelbrecht
Riandu Basson
Zian Nel
Michael van Niekerk
Neil van den Bergh

Baie geluk ook aan Marion Munch, Carlien Coetzee en Annika Schuch met hul podiumplekke!

Die kersie op die koek? Ons gemengde leeraflosspan het ook die 1ste plek behaal!

Baie geluk aan Cara Louw, Jeanrie Lennox, Dedré Engelbrecht, Annika Schuch, Riandu Basson, Zian Nel, Michael van Niekerk en Neil van den Bergh.

Julle het die groen, oranje en wit met trots gedra!

Rustie-swem word met trots geborg deur RHS Old Boys.

TOEKOMSGERIGTE LEIERSKAP! Die VLR-lede van Hoërskool Rustenburg het onlangs die FEDSAS-Noordwes RCL-opleiding bygewoon, ...
21/10/2026

TOEKOMSGERIGTE LEIERSKAP!

Die VLR-lede van Hoërskool Rustenburg het onlangs die FEDSAS-Noordwes RCL-opleiding bygewoon, waar hulle waardevolle kennis opgedoen het oor leierskap, digitale wetgewing, verantwoordelikhede en die rol van die VLR binne die skoolgemeenskap.

Ons is trots op ons jong leiers wat bereid is om te leer, te groei en hulself toe te rus om ’n positiewe verskil te maak!

Address

Kockstraat 60
Rustenburg
0299

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Rustenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category