03/09/2026
From Western Cape Government Health and Wellness
Masels versprei vinnig: Kry aanvullende immunisering by die kliniek of uitreik
Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand bevestig dat daar tans ‘n uitbreking van masels in die Kaapse Wynland-omgewing is. Masels is ‘n ernstige siekte wat kan lei tot gesondheidskomplikasies indien jou kind nie geïmmuniseer is nie. Aanvullende inentings teen masels is gratis by klinieke en spesiale uitreike beskikbaar.
In die Breedevallei sal gesondheidswerkers in gemeenskappe beweeg om die aanvullende inentings te bied aan kinders tussen die ouderdomme van ses maande en jonger as 15 jaar. Kyk ook uit vir spesiale uitreike soos hierdie:
Vrydag, 4 September
Tyd: 16:00 - 18:30
Plek: Boland Hospice se kantoor by die Durban Sentrum, Durbanstraat 85, Worcester
Saterdag 5 September
Tyd: 09:00 - 12:00
Plek: Boland Hospice se kantoor by die Durban Sentrum, Durbanstraat 85, Worcester
Bring asb. jou kind se Road to Health-boekie saam. Jou kind moet gesond wees op die dag van inenting.
“Ons wil dit so maklik as moontlik maak vir almal om hul kinders teen masels te beskerm,” sê me. Astrid April, die Kliniese Program Koördineerder vir Gemeenskapsgebasseerde dienste in die Breedevallei. “Kinders is baie kwesbaar. Gebruik asb. die geleentheid van die spesiale uitreike om gouer eerder as later die immunisering te kry.” Vir navrae oor die uitreike van 4 en 5 September, kontak Astrid by 023 340 1340.
---
Measels spreads quickly: Get booster immunisation at the clinic or an outreach
The Western Cape Department of Health and Wellness confirms that there is currently an outbreak of measles in the Cape Winelands area. Measles is a serious disease that can lead to health complications if your child is not immunised. Booster immunisations against measles is available at clinics and at special outreaches.
In the Breede Valley healthcare workers will move in communities to offer booster immunisation to children between the ages of six months to 15 years. You can also attend outreaches like these:
Friday, 4 September
Time: 16:00 – 18:30
Venue: The office of Boland Hospice at the Durban Centre, 85 Durban Street, Worcester
Saturday 5 September
Time: 09:00 – 12:00
Venue: The office of Boland Hospice at the Durban Centre, 85 Durban Street, Worcester
Please bring your child’s Road to Health booklet with you. Your child must be healthy on the day of immunisation.
“We want to make it as easy as possible for everyone to protect their children against measles,” says Ms Astrid April, the Clinical Programme Coordinator of Community Based Services in the Breede Valley. “Children are very vulnerable. Please use the opportunities of special outreaches to get immunisation sooner rather than later.” For enquiries about 4 and 5 September, contact Astrid at 023 340 1340.