05/09/2026
🎉🥳 Baie geluk Mnr. Botha met Meneer se groot 60ste verjaarsdag! 6️⃣0️⃣
Dankie vir Meneer se passie, leiding en energie waarmee Meneer elke dag ’n verskil in ons skool en in soveel leerders en personeel se lewens maak. Meneer se deursettingsvermoë, sin vir humor en liefde vir ons skool maak Meneer ’n besonderse leier.
60 is ’n ongelooflike mylpaal – en ons hoop hierdie nuwe lewensjaar is gevul met goeie gesondheid, baie geluk, mooi herinneringe en natuurlik nog baie avonture! 🏍️
Dankie dat Meneer altyd die pad help aanwys, maar ook weet hoe om die rit lekker te maak.
Ons waardeer Meneer ongelooflik baie en wens Meneer ’n fantastiese verjaarsdag en ’n baie spesiale nuwe lewensjaar toe! 🎂🥂
Baie geluk met die groot 6️⃣0️⃣, Meneer! 🎉💙