Konsentrasie Kamp - Uitenhage - Concentration Camp

Konsentrasie Kamp - Uitenhage - Concentration Camp Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Konsentrasie Kamp - Uitenhage - Concentration Camp, Landmark & historical place, Old Concentration Camp, Verwoerd Drive, Vanes Estate, Uitenhage.

01/08/2026

๐ŸŒธ ๐—ฉ๐—ฟ๐—ผ๐˜‚๐—ฒ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐—บ๐—ผ๐—ฒ๐—ฑ. ๐—ฉ๐—ฟ๐—ผ๐˜‚๐—ฒ ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐—ฏ๐—ฒ๐—ด๐—ถ๐—ป๐˜€๐—ฒ๐—น. ๐—ฉ๐—ฟ๐—ผ๐˜‚๐—ฒ ๐˜„๐—ฎ๐˜ ๐—ด๐—ฒ๐˜€๐—ธ๐—ถ๐—ฒ๐—ฑ๐—ฒ๐—ป๐—ถ๐˜€ ๐—ต๐—ฒ๐—น๐—ฝ ๐˜ƒ๐—ผ๐—ฟ๐—บ ๐—ต๐—ฒ๐˜.

Met Vrouedag om die draai bring ons hulde aan die merkwaardige vroue wat tydens die Anglo-Boereoorlog, dikwels stil en ongesiens, buitengewone moed aan die dag gelรช het.

๐ŸŒฟ ๐—ก๐—ผ๐—ป๐—ป๐—ถ๐—ฒ ๐—ฑ๐—ฒ ๐—น๐—ฎ ๐—ฅ๐—ฒ๐˜†, eggenote van genl. Koos de la Rey, het saam met haar ses kinders deur die wildernis van Lichtenburg gevlug. Soms was โ€™n ossewa, โ€™n tent en โ€™n paar hoenders al wat hulle gehad het. Sy het later vertel: โ€œAs die kakies nader kom, dan moes ons maar weer die tent optrek en wegvlug ... soms in die stikdonker nag.โ€

๐ŸŒฟ ๐—ก๐—ฒ๐—น๐—ถ๐—ฒ ๐—ฑ๐—ฒ ๐—ช๐—ฒ๐˜, vrou van genl. Christiaan de Wet, het โ€™n aanbod van ยฃ10 000 van die hand gewys toe die Britte haar wou omkoop om haar man uit te lewer. Sy het verkies om saam met haar kinders swaar te kry eerder as om haar volk te verraai.

๐ŸŒฟ ๐—ง๐—ถ๐—ฏ๐—ฏ๐—ถ๐—ฒ ๐—ฆ๐˜๐—ฒ๐˜†๐—ป, eggenote van pres. M.T. Steyn, het haar man deur sy moeilikste jare ondersteun. Selfs nรก haar gevangenskap en ondanks verwerping deur haar eie familie, het sy vas bly staan in haar oortuiging en geweier om hom te oorreed om die stryd prys te gee.

Hierdie vroue was veel meer as die eggenotes van bekende leiers. Hulle was vroue van geloof, moed en onwrikbare beginsels wat hul nalatenskap diep in ons geskiedenis ingegraveer het.

๐ŸŒธ Hierdie Vrouedag erken ons hul opoffering, onthou ons hul stories en eer ons die vroue wat die pad vir toekomstige geslagte help baan het.

28/07/2026
Om die konsentrasiekampe te verstaan, moet โ€™n mens verstaan waarom hulle ontstaan het. Teen 1900 het die oorlog vir die ...
15/06/2026

Om die konsentrasiekampe te verstaan, moet โ€™n mens verstaan waarom hulle ontstaan het. Teen 1900 het die oorlog vir die Britse Ryk moeiliker verloop as wat verwag is. Nรก die val van die Boererepublieke se hoofstede het die Boerekommandoโ€™s voortgeveg deur middel van guerrilla-oorlogvoering. In reaksie hierop het die Britse leรซr die verskroeideaardebeleid ingestel: meer as 30 000 plase en opstalle is afgebrand; oeste is vernietig; en vee weggevoer of doodgemaak. Vroue, kinders en bejaardes is van hul plase verwyder en in konsentrasiekampe gestop. Die doel was eenvoudig โ€“ om die burgers op kommando van enige ondersteuning te ontneem.

Teen 1901 was duisende vroue en kinders agter doringdraad in oorvol konsentrasiekampe. Haglike omstandighede was aan die orde van die dag, insluitend min kos, vuil water en swak mediese sorg. Die een nรก die ander graf het uit die grond gegroei.

Die toestand in die kampe was sรณ grusaam dat Emily Hobhouse dit met haar Fawcett-verslag aan die groot klok gehang het. Dit het nie net internasionale kritiek teen Brittanje laat toeneem nie, maar die reusemorele koste van die oorlog ontbloot.

By Springfontein skets Hobhouse โ€™n aangrypende oomblik van โ€™n ma wat stil, โ€œverby traneโ€, na haar sterwende kind staar. Haar oรซ leeg. In sommige kampe het sรณ baie gesterf, dat vyf mense in een graf begrawe is, met slegs een naam op die grafsteen. Gesigte, drome, name .

Om te onthou, beteken nie om in die verlede vas te steek nie. Inteendeel, dit help ons om die waarde van vrede, menswaardigheid en verantwoordelike geskiedenisbewaring te verstaan. Emily Hobhouse het geglo dat die lot van die Boerekinders nie tevergeefs moes wees nie en dat hul lyding die wรชreld moes waarsku teen die afskuwelikheid van oorlog. Meer as โ€™n eeu later bly daardie woorde relevant.

Konsentrasiekampmaand herinner ons daarom aan meer as verlies. Dit herinner ons aan die verantwoordelikheid om te bewaar, te vertel en te onthou.

Deel jou storie of vind uit of een van jou voorsate in โ€™n konsentrasiekamp was:

Jou familie se verhaal is deel van ons geskiedenis! Elke naam dra โ€™n verhaal. Elke familielyn dra die herinnering van mense wat gely, volhard en oorleef het tydens die Anglo-Boereoorlog en die konsentrasiekampe. Met hierdie genealogiese veldtog nooi die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ...

https://www.facebook.com/share/1GEzJrxTVW/
05/06/2026

https://www.facebook.com/share/1GEzJrxTVW/

๐——๐—ถ๐—ฒ ๐—ฏ๐—ถ๐˜๐˜๐—ฒ๐—ฟ ๐—ฟ๐—ฎ๐—ป๐˜๐˜€๐—ผ๐—ฒ๐—ป๐—ฒ: ๐—ฏ๐—ฒ๐—ฑ๐—ผ๐—ฟ๐˜„๐—ฒ ๐—ฒ๐—ป ๐˜ƒ๐—ฒ๐—ฟ๐—ด๐—ถ๐—ณ๐˜๐—ถ๐—ด๐—ฑ๐—ฒ ๐—ธ๐—ผ๐˜€ ๐—ถ๐—ป ๐—ฑ๐—ถ๐—ฒ ๐—ธ๐—ฎ๐—บ๐—ฝ๐—ฒ

Wanneer ons dink aan die swaarkry in die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog, dink ons dikwels aan siekte en die koue. Maar die stil moordenaar in die kampe was die kos self. Die karige rantsoene wat aan vroue en kinders verskaf is, was nie net heeltemal onvoldoende om van te lewe nie, maar dikwels lewensgevaarlik.

In die historiese uitgawe van die ๐˜๐˜ณ๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ฆ๐˜ฌ๐˜ข๐˜ฎ๐˜ฑ๐˜ซ๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฏ๐˜ข๐˜ข๐˜ญ (Nommer 8, 31 Julie 1901) word die skokkende getuienisse van die kampbewoners self bewaar:

โ€ข Kalanders en muise: Vroue in die Irene-kamp moes ure lank op die grond sit om honderde lewende diertjies, kalanders en muwwerige klonte uit die meel te sif. Mev. Greyling het vertel dat hulle suiker vol muismis en akkedisstertjies was.

โ€ข Bedorwe vleis: Die vleis wat verskaf is, was dikwels so taai en maer dat dit van โ€œgevrekte diereโ€ of skape wat van maerte doodgegaan het, gekom het. In die Balmoral-kamp was die vleis โ€œso sleg as kan komโ€ โ€“ bloot 'n rib met dun vleis oor die beentjies.

โ€ข Beweringe van vergiftiging: Die mees ontstellende klagtes kom uit die Pietersburg-kamp. Verskeie vroue het getuig dat die voedsel doelbewus deur die owerhede bederf of selfs vergiftig is. Mev. Du Preez het verklaar: โ€œDie suiker is vol blousteen en daar is hakies in die blikkiesvleis.โ€ Mev. L. Alberts het saamgestem dat daar stukke vitrioel (koper- of ystersulfaat) in die meel gevind is.

โ€ข Die hongersnood van kinders: Vir kinders onder vyf jaar was die dieet โ€™n doodvonnis. Hulle moes oorleef op net โ€™n halwe kilogram meel en โ€™n bottel waterige melk per week โ€“ sonder sout of vet. Hierdie intense honger het kinders tot die uiterste gedryf. In die Klerksdorp-kamp is kinders by die slagpale opgemerk waar hulle besig was om die derms van geslagte skape uit te ryg om dit te kook, bloot omdat hulle so bitter honger was.

Hierdie feite, opgeteken uit die kampe self en bewaar in dokumente soos die ๐˜๐˜ณ๐˜ฐ๐˜ถ๐˜ฆ๐˜ฌ๐˜ข๐˜ฎ๐˜ฑ๐˜ซ๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฏ๐˜ข๐˜ข๐˜ญ, wys dat die stryd van ons vroue en kinders nie net een teen die elemente was nie, maar โ€™n daaglikse stryd teen hongersnood en die doelbewuste agteruitgang van hul lewensmiddels.

Dit is geskiedenis wat rou bly en wat ons nooit mag vergeet nie.

Hierdie Junie staan ons stil om die nagedagtenis te eer van die duisende vroue en kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gely en gesterf het. Hulle het die hoogste prys vir vryheid en oorlewing betaal. Ons sal hulle nie vergeet nie.

๐˜œ๐˜ช๐˜ต ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ข๐˜ณ๐˜จ๐˜ช๐˜ฆ๐˜ง: ๐˜๐˜ช๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ณ๐˜บ๐˜ด๐˜ณ๐˜ข๐˜ฏ๐˜ต๐˜ด๐˜ฐ๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ด๐˜ข๐˜ฌ๐˜ฌ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ช๐˜ด '๐˜ฏ ๐˜ธ๐˜ฆ๐˜ฆ๐˜ฌ ๐˜ด๐˜ฆ ๐˜ฌ๐˜ฐ๐˜ด ๐˜ท๐˜ช๐˜ณ '๐˜ฏ ๐˜ฎ๐˜ข ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ฉ๐˜ข๐˜ข๐˜ณ ๐˜ฅ๐˜ณ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜ฌ๐˜ช๐˜ฏ๐˜ฅ๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ด ๐˜ฆ๐˜ฏ ๐˜ฌ๐˜ฐ๐˜ฎ ๐˜ถ๐˜ช๐˜ต ๐˜ฅ๐˜ช๐˜ฆ ๐˜—๐˜ช๐˜ฆ๐˜ต๐˜ฆ๐˜ณ๐˜ฎ๐˜ข๐˜ณ๐˜ช๐˜ต๐˜ป๐˜ฃ๐˜ถ๐˜ณ๐˜จ-๐˜ฌ๐˜ฐ๐˜ฏ๐˜ด๐˜ฆ๐˜ฏ๐˜ต๐˜ณ๐˜ข๐˜ด๐˜ช๐˜ฆ๐˜ฌ๐˜ข๐˜ฎ๐˜ฑ ๐˜ท๐˜ข๐˜ฏ 1902.

Konsentrasiekampe gaan nie net oor geskiedkundige feite nie, maar oor my en jou genealogie. Ons historiese geheue.Ons we...
03/06/2026

Konsentrasiekampe gaan nie net oor geskiedkundige feite nie, maar oor my en jou genealogie. Ons historiese geheue.

Ons weet dalk wie De la Rey, De Wet, Hertzog en Malan was, maar ken jy die naam van die vrou wat in โ€™n konsentrasiekamp gesterf het sodat haar kind eendag vry kon leef? Onthou jy die storie van jou oumagrootjie se plaas wat in vlamme opgegaan het terwyl haar man op kommando was?

Daar is vandag honderde grafte sonder besoekers. Familiebybels wat weggeraak het. Verhale van ouma- en oupagrootjies wat oorvertel moet word. Daarom gaan Konsentrasiekampmaand in Junie oor meer as herinnering. Dit gaan oor die ontsluiting van name, bloedlyne en familieverhale voordat dit vir ewig verlore raak.

As ons nie nou die verhale, name en herinneringe van ons families bewaar nie, kan dit vir altyd verlore gaan. Elke van, elke foto en elke storie vorm deel van โ€™n groter erfenis โ€“ een wat deur geslagte oorgedra is. Help ons om die name van jou mense lewendig te hou โ€“ nie net as geskiedenis op papier nie, maar as herinneringe van regte families, regte lyding en regte lewens.

Klik hier en verskaf jou familielid, wat in die Konsentrasiekamp was, se inligting:

Jou familie se verhaal is deel van ons geskiedenis! Elke naam dra โ€™n verhaal. Elke familielyn dra die herinnering van mense wat gely, volhard en oorleef het tydens die Anglo-Boereoorlog en die konsentrasiekampe. Met hierdie genealogiese veldtog nooi die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ...

https://www.facebook.com/share/1FvBg5hrYN/
01/06/2026

https://www.facebook.com/share/1FvBg5hrYN/

๐—๐—ผ๐˜‚ ๐—ณ๐—ฎ๐—บ๐—ถ๐—น๐—ถ๐—ฒ ๐˜€๐—ฒ ๐˜ƒ๐—ฒ๐—ฟ๐—ต๐—ฎ๐—ฎ๐—น ๐—ถ๐˜€ ๐—ฑ๐—ฒ๐—ฒ๐—น ๐˜ƒ๐—ฎ๐—ป ๐—ผ๐—ป๐˜€ ๐—ด๐—ฒ๐˜€๐—ธ๐—ถ๐—ฒ๐—ฑ๐—ฒ๐—ป๐—ถ๐˜€!

Elke naam dra โ€™n verhaal. Elke familielyn dra die herinnering van mense wat gely, volhard en oorleef het tydens die Anglo-Boereoorlog en die konsentrasiekampe. Met hierdie genealogiese veldtog nooi die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) die publiek uit om die name, familiebande en geskiedenis van hul voorouers met ons te deel, sodat hierdie kosbare erfenis nie verlore gaan nie.

Deur jou familie se inligting by te dra, help jy om die herinneringe van duisende vroue, kinders en families vir toekomstige geslagte te bewaar. Geskiedenis leef nie net in handboeke nie; dit leef in name, stories, grafte, Bybels, fotoalbums en die herinneringe wat van geslag tot geslag oorgedra word.

As ons nie nou die verhale, name en herinneringe van ons families bewaar nie, kan dit vir altyd verlore raak. Elke van, elke foto en elke storie is deel van โ€™n groter erfenis wat deur geslagte gedra is. Help ons om die name van jou mense lewendig te hou โ€“ nie net as geskiedenis op papier nie, maar as herinneringe van regte families, regte lyding en regte lewens.

Moenie dat jou familie se verhaal stilweg verdwyn nie.

Ons vra jou ondersteuning. Help ons om hierdie herinneringe lewendig te hou en โ€™n volk se geheue te bewaar.

๐—ž๐—น๐—ถ๐—ธ ๐—ต๐—ถ๐—ฒ๐—ฟ ๐—ผ๐—บ ๐—ท๐—ผ๐˜‚ ๐—ณ๐—ฎ๐—บ๐—ถ๐—น๐—ถ๐—ฒ๐—น๐—ถ๐—ฑ ๐˜€๐—ฒ ๐—ฏ๐—ฒ๐˜€๐—ผ๐—ป๐—ฑ๐—ฒ๐—ฟ๐—ต๐—ฒ๐—ฑ๐—ฒ ๐˜๐—ฒ ๐—ฑ๐—ฒ๐—ฒ๐—น:
https://fak.org.za/konsentrasiekampdag-2/

Address

Old Concentration Camp, Verwoerd Drive, Vanes Estate
Uitenhage
6230

Telephone

0718981982

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Konsentrasie Kamp - Uitenhage - Concentration Camp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share