Intermediêre Skool Vooruitsig

Intermediêre Skool Vooruitsig LEUSE: Mik hoog en steeds hoër.

04/09/2026

Gender Swap day

Gelukkige SekretaressedagBaie dankie juffrou Denise vir die passie en harde werk, ons waardeer jou opreg. 🙏🙏🌺🌷🥀
02/09/2026

Gelukkige Sekretaressedag

Baie dankie juffrou Denise vir die passie en harde werk, ons waardeer jou opreg. 🙏🙏🌺🌷🥀

31/08/2026
🌱💚 Saam kan ons ons skool 'n beter plek maak.🌱Op Saterdag,29 Aug. '26 het ons onderwysers,SBL- lid,ouers en leerders saa...
31/08/2026

🌱💚 Saam kan ons ons skool 'n beter plek maak.🌱

Op Saterdag,29 Aug. '26 het ons onderwysers,SBL- lid,ouers en leerders saam met Toyota hande gevat om ons skoolterrein op te ruim, mooi te maak en nuwe lewe te gee deur plante te plant 🌿🌺

Ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen wat sy/haar tyd en energie gegee het. Dit is wonderlik om te sien wat moontlik is wanneer mense saamstaan en hande neem. 🤝🤝

Ons wil graag nog verder bou aan 'n mooi, veilige en
kindervriendelike ruimte vir ons leerders.

Daarom doen ons 'n spesiale beroep op ons oud-leerders van Vooruitsig of enige persoon wie ons kan help:

🌿 Indien u instaat is om ons te ondersteun met 'n donasie van verf om ou motorbande te versier, plante, struike, sement, wit klippies of enige ander materiaal wat kan help, sal ons dit opreg waardeer.

🌿 Ons droom is om kindersitplekke te skep waar ons leerders tydens pouses rustig kan sit, hul broodjies geniet en saam met maats kan kuier.

🌿 Elke bydrae groot of klein kan help om ons skoolterrein in 'n warmer, mooier en meer verwelkomende ruimte vir ons leerders te verander.

🌿 Aan al ons OUD - LEERDERS, HUIDIGE OUERS :
💚 Kom help ons om terug te ploeg in die skool wat deel was en is van julle eie reis.
💚 Kom ons maak saam 'n verskil vir die volgende geslag.
💚 Kontak ons gerus indien u graag tot hierdie Projek wil bydra of help.

Baie dankie aan almal wat reeds betrokke is - saam groei ons 🌱🌱

Tuin Projek span 🌱🌿🪴🌼🥀🌷🌹🍀

Dankie Upington Toyota.
31/08/2026

Dankie Upington Toyota.

31/08/2026

Wat 'n fantastiese dag vol pret, kreatiwiteit en verbeelding. Leerders en onderwysers het behoorlik uitgebeeld hoe hulle eendag in verskillende beroepe kan lyk.

Van dokters, verpleegsters, polisiebeamptes, sjefs, ingeneurs en nog vele meer - die verskeidenheid was ongelooflik.

Ons hoop dat hierdie dag leerders geïnspireer het om groot te droom en
dat hul besef het ,dat die wêreld vol geleenthede is. 💫💫

Address

Vooruitsigstraat 84/110
Upington
8801

Opening Hours

Monday 06:50 - 14:00
Tuesday 06:50 - 14:00
Wednesday 06:50 - 14:00
Thursday 06:50 - 14:00
Friday 06:50 - 14:00

Telephone

0543390715

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Intermediêre Skool Vooruitsig posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share