Laerskool Panorama Vredenburg

Laerskool Panorama Vredenburg Primary school situated in Louwville, Vredenburg.

πŸŽ‰πŸ­ GRAAD 7 MARKDAG! πŸ­πŸŽ‰πŸ€© Verskillende lekkernye te koop!🍿 Iets vir elke soettand!🎈 Leerders , kom geniet die pret en onde...
31/08/2026

πŸŽ‰πŸ­ GRAAD 7 MARKDAG! πŸ­πŸŽ‰

🀩 Verskillende lekkernye te koop!
🍿 Iets vir elke soettand!
🎈 Leerders , kom geniet die pret en ondersteun ons Graad 7’s!

πŸ“ Panorama PrimΓͺre Skool
πŸ“… 4 September 2026

Moenie dit misloop nie! πŸ˜‹πŸŽ‰

⭐️Veels geluk Juffrou Bredenhand⭐️.Baie geluk met U verjaarsdag, liewe kollega! 🌷 Mag U dag gevul wees met liefde, geluk...
31/08/2026

⭐️Veels geluk Juffrou Bredenhand⭐️.

Baie geluk met U verjaarsdag, liewe kollega! 🌷 Mag U dag gevul wees met liefde, geluk en baie bederf. Dankie vir die wonderlike juffrou en kollega wat jy is. Mag die nuwe lewensjaar net mooi dinge vir jou inhou! β€οΈπŸŽ‚

29/08/2026

πŸš¦πŸ—£οΈ DEBAT VIR PADVEILIGHEID! πŸ—£οΈπŸš¦

Ons leerders het onlangs deelgeneem aan ’n opwindende en betekenisvolle VIA Safe Mobility-debat, met die onderwerp:

β€œWie veroorsaak die meeste padongelukke – motoriste of voetgangers?” πŸš—πŸšΆβ€β™€οΈ

Die debat het ons leerders die geleentheid gegee om hul kennis, selfvertroue, kritiese denke en redenaarsvaardighede te ontwikkel, terwyl hulle meer oor padveiligheid geleer het. πŸ‘

Baie dankie aan ons beoordelaars, VIA Mobility-fasiliteerders en ambassadeurs, kameraspersoon, personeel en leerders vir julle ondersteuning en deelname. πŸ’™

Ons is ongelooflik trots op ons leerders wat hul stemme gebruik het om ’n belangrike boodskap uit te dra:

β€œVeilige paaie begin by ons almal!” 🚦❀️

🌷 Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Samuels ! 🌷Baie geluk met Juffrou se verjaarsdag! πŸ₯³πŸŽ‚ Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul ...
26/08/2026

🌷 Gelukkige verjaarsdag, Juffrou Samuels ! 🌷

Baie geluk met Juffrou se verjaarsdag! πŸ₯³πŸŽ‚ Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met baie geluk, liefde, vreugde en mooi herinneringe. Dankie vir Juffrou se harde werk, liefde en omgee vir elke leerder. Mag Juffrou vandag net so spesiaal en gewaardeerd voel soos wat Juffrou vir ander laat voel. ❀️

Geniet Juffrou se spesiale dag! 🌸✨

Baie geluk aan ons oud-Pannies-leerder, Grethen Ramsdien, met hierdie besondere prestasie! πŸŒŸπŸ†Ons is ongelooflik trots op...
23/08/2026

Baie geluk aan ons oud-Pannies-leerder, Grethen Ramsdien, met hierdie besondere prestasie! πŸŒŸπŸ†

Ons is ongelooflik trots op jou met die ontvangs van die KykNET Silwerskermtoekenning vir Beste Byspeler in die sepie Skemergrond. πŸŽ­πŸ‘

Jy maak ons Pannies-harte trots! Mag hierdie toekenning die begin wees van nog vele groter sukses en hoogtepunte in jou loopbaan. Eenmaal ’n Pannie, altyd ’n Pannie! β€οΈπŸ’™

Baie geluk, Grethen – ons vier hierdie wonderlike prestasie saam met jou! πŸŽ‰πŸŒŸ

21/08/2026

Bokke vs All Blacks πŸ‰πŸ”₯

MΓ΄re is die groot dag! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ‡³πŸ‡Ώ
Maar voor die regte spelers die veld betree, het ons Panorama Primary se onderwysers besluit om hul sΓͺ te sΓͺ! πŸ˜‚πŸ‰

Springbokke vs All Blacks β€” wie voel selfversekerd, wie is senuweeagtig, en wie maak sommer klaar verskonings? πŸ‘€πŸ€£

Kyk hoe klim ons onderwysers in die skoene van die spelers en deel hoe hulle regtig voel oor mΓ΄re se groot kragmeting! πŸ†πŸ”₯

Bring die stryd! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ’šπŸ’› vs πŸ‡³πŸ‡ΏπŸ–€

🌟 GRONDSLAGFASE WES-BOLAND EISTEDDFOD 🌟Ons Grondslagfase-leerders het ons harte behoorlik laat klop van trots! β€οΈπŸ’›πŸ’™Baie ...
19/08/2026

🌟 GRONDSLAGFASE WES-BOLAND EISTEDDFOD 🌟

Ons Grondslagfase-leerders het ons harte behoorlik laat klop van trots! β€οΈπŸ’›πŸ’™

Baie geluk aan elke leerder wat aan die Wes-Boland Eisteddfod deelgeneem het. Julle harde werk, talent en toewyding het beslis vrugte afgewerp! πŸ‘βœ¨

πŸ† 4 Γ— Cum Laude – 90%
πŸ₯‡ 10 Γ— Goud – 80%
πŸ₯ˆ 4 Γ— Silwer – 70%

Julle het gewys dat klein stemme groot dinge kan bereik! 🌟

Baie geluk aan elke deelnemer – Panorama is ongelooflik trots op julle! πŸ†β€οΈπŸ’›πŸ’™

πŸπŸ‰ NUWE TRUIE, NUWE DROME! πŸ’™πŸ’›β€οΈβ€™n Reuse DANKIE aan ons ongelooflike borge wat dit moontlik gemaak het vir ons O/13 Netba...
19/08/2026

πŸπŸ‰ NUWE TRUIE, NUWE DROME! πŸ’™πŸ’›β€οΈ

’n Reuse DANKIE aan ons ongelooflike borge wat dit moontlik gemaak het vir ons O/13 Netbal- en Rugbyspanne om met trots nuwe truie te dra tydens ons Lambertsbaai-toer in September! πŸ†πŸ”₯

❀️ Vredenburg Rugbyklub
πŸ’™ Lewack Civils & Supply
πŸ’› Lizaad Williams
❀️ Louwville Supermarket HANANJA

Julle ondersteuning beteken ongelooflik baie vir ons leerders en skoolgemeenskap. Dankie dat julle in ons kinders glo en saam met ons belΓͺ in hul sport, groei en toekoms! πŸ™βœ¨

Een span. Een skool. Een droom. πŸ‰πŸ
Panorama is trots! πŸ’™πŸ’›β€οΈ

Address

Vredenburg
7380

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 15:00

Telephone

+27227131360

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Panorama Vredenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category