05/09/2026
♟️💚💛 WES-KAAP TOPSKOLE – SKAAK 💛💚♟️
Ons is ongelooflik trots op ons LSV Onder 9-skaakspan! 👏🏻
Na ’n 2de plek in die distrik het hierdie jong skaaksterre deurgedring na die Wes-Kaap Topskole, waar hulle die 5de en 6de September in Wellington teen die beste skole in die Wes-Kaap gaan kragte meet. 🏆♟️
Wat ’n besonderse prestasie! Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë het julle tot hier gebring. ⭐
Speel met trots. Bly gefokus. Speel vir LSV! 💚💛
Ons staan agter julle en wens julle alle sterkte toe!
Julle is reeds wenners! 🏆♟️
💚💛