20/06/2026
🚨 𝐃𝐑𝐈𝐍𝐆𝐄𝐍𝐃𝐄 𝐖𝐀𝐓𝐄𝐑𝐕𝐎𝐎𝐑𝐒𝐈𝐄𝐍𝐈𝐍𝐆𝐒𝐊𝐄𝐍𝐍𝐈𝐒𝐆𝐄𝐖𝐈𝐍𝐆 – 𝐕𝐑𝐄𝐃𝐄𝐍𝐃𝐀𝐋 𝐄𝐍 𝐕𝐀𝐍𝐑𝐇𝐘𝐍𝐒𝐃𝐎𝐑𝐏 🚨
Matzikama Munisipaliteit wil inwoners van Vredendal en Vanrhynsdorp dringend in kennis stel dat ons rouwater-opgaarputte tans leeg is as gevolg van die voortgesette onderbreking van watertoevoer vanaf die LORWUA-kanaalstelsel.
Daarbenewens is die behandelde waterreservoirs wat beide dorpe bedien reeds op kritiek lae vlakke. Die enigste water wat tans beskikbaar is, is die water wat in hierdie reservoirs gestoor is. Hierdie voorraad moet inwoners van water voorsien totdat die toevoer vanaf die LORWUA-kanaalstelsel herstel word, wat na verwagting laat Saterdagaand of vroeg Sondagoggend sal plaasvind.
💧 Inwoners word dringend versoek om water slegs
• 𝐃𝐫𝐢𝐧𝐤𝐰𝐚𝐭𝐞𝐫
• 𝐊𝐨𝐬𝐦𝐚𝐚𝐤
• 𝐏𝐞𝐫𝐬𝐨𝐨𝐧𝐥𝐢𝐤𝐞 𝐡𝐢𝐠𝐢ë𝐧𝐞
• 𝐒𝐚𝐧𝐢𝐭𝐚𝐬𝐢𝐞
🚫 Vermy asseblief alle nie-noodsaaklike watergebruik, insluitend:
• 𝐁𝐞𝐬𝐩𝐫𝐨𝐞𝐢𝐢𝐧𝐠 𝐯𝐚𝐧 𝐭𝐮𝐢𝐧𝐞 𝐞𝐧 𝐠𝐫𝐚𝐬𝐩𝐞𝐫𝐤𝐞
• 𝐖𝐚𝐬 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐨𝐞𝐫𝐭𝐮𝐢𝐞
• 𝐕𝐮𝐥 𝐯𝐚𝐧 𝐬𝐰𝐞𝐦𝐛𝐚𝐝𝐝𝐞𝐧𝐬
• 𝐒𝐤𝐨𝐨𝐧𝐦𝐚𝐚𝐤 𝐯𝐚𝐧 𝐬𝐲𝐩𝐚𝐚𝐝𝐣𝐢𝐞𝐬 𝐞𝐧 𝐨𝐩𝐫𝐢𝐭𝐭𝐞
• 𝐄𝐧𝐢𝐠𝐞 𝐚𝐧𝐝𝐞𝐫 𝐨𝐧𝐧𝐨𝐝𝐢𝐠𝐞 𝐰𝐚𝐭𝐞𝐫𝐯𝐞𝐫𝐛𝐫𝐮𝐢𝐤
Indien waterverbruik nie onmiddellik verminder word nie, kan die reservoirvlakke daal tot 'n punt waar wateronderbrekings in dele van Vredendal en Vanrhynsdorp kan voorkom voordat die kanaalwatertoevoer herstel is.
Matzikama Munisipaliteit doen 'n ernstige beroep op alle inwoners, besighede en instellings om hul waterverbruik tot die absolute minimum te beperk totdat die situasie genormaliseer het.
Ons vra opreg om verskoning vir die ongerief en bedank alle inwoners vir hul samewerking gedurende hierdie kritieke tydperk.