08/08/2025
DIE BELANGRIKHEID VAN ESTETIESE KOMITEES
Estetiese Komitees vervul op verskeie terreine verskillende rolle. Die afwesigheid van so ‘n organisasie kan lei tot onoordeelkundige besluite met lewenslange gevolge.
Gedurende 1955 het die destydse Kaapse Provinsiale Paaie Departement subsidies aan munisipaiteite aangebied om die provinsiale paaie wat deur die dorp loop te verbreed. Hoofstraat en Kerkstraat in Wellington is albei provinsiale paaie en die munisipaliteit het die subsidie benut en gebruik om tydelike werk te skep. In hierdie tyd was daar geen Estetiese Komitee om raad te gee nie, en ons pragtige boomryke Hoof- en Kerkstraat, met ‘n ryke geskiedenis, is vir ewig geskend deur die verwydering van die bome. Paarl en Stellenbosch het beide die subsidies geweier en spog vandag nog met hul pragtig historiese strate.
Foto 1 : Voor die verbreding van Kerkstraat met die pragtige Akkerbome wat in 1895 geplant is.
Foto 2: Kerkstraat na die verbreding in 1955-65, met meeste van die pragtige Akkerbome verwyder.